Page 1 of 1
9mm COL TPL
Posted: Sat Nov 08, 2025 8:48 pm
by LouisR
Deur alles wat ek lees lyk dit asof TPL baie variasie het, sommige herlaaiers laai op 27mm, ander 28.2/4/5 tot en met 29mm. Hoe korter Tpl hoe hoër behoort druk en spoed te wees? Hoe bepaal mens die optimale Tpl, skoonmaakstok/dowel van voor in loop vasgedruk teen koeël soos met geweer? En dan hoeveel trek mens af vir variasie in koeëls 0.5mm /1mm? Of sit ek pot heeltemal mis, en solank 'plonk toets' slaag en patrone siklus is dit goed genoeg?
Groete
Louis
Re: 9mm COL TPL
Posted: Sat Nov 08, 2025 10:26 pm
by Ds J
Kombinasie van sake:
- Koeëlvorm (RN, FP, TC, CN ens) speel n baie groot rol in die TPL omdat verskillende vorms met dieselfde gewig van lengte verskil.
- Gewig: 105gr, 117gr, 124gr, 132gr, 147gr, 167gr het ook elkeen n eie lengte, en dit maak n groot verskil.
- Werkverrigting in n spesifieke pistool (net moontlik met toetse) - Glock en CZ se standaard kamerlengtes verskil n bietjie; ek neem aan die ander make het ook variasies.
My drarondtes is 115gr Hornady XTP; die TPL is ongeveer 28mm, en die koeël is skaars 4mm in die dop. Nogtans werk hulle goed!
Kyk asb na hierdie gesprekslyn:
http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... compendium
Daar was altyd baie inligting beskikbaar.
Re: 9mm COL TPL
Posted: Sun Nov 09, 2025 4:16 am
by JF123
Ek het my eie bepaal deur hoe diep die Frontier CMJ 124gr RN in die dop gaan met ʼn 28mm TPL. Ek probeer om al die ander koeels teen dieselfde diepte te laai.
Ek sê "probeer" want afhangend van ogief tipe, gewig ens, mag dit te lank wees vir die magesyn of kamer. In daardie geval druk ek dan dieper todat dit 1/2 mm korter is as die langste wat kan kamer.
Re: 9mm COL TPL
Posted: Sun Nov 09, 2025 11:27 am
by Hein M.
Mornings almal
As julle praat oor presiese TPL en konstante druk, ens. dan neem ek aan dat julle die doppe almal tot dieselfde lengte sny?
Re: 9mm COL TPL
Posted: Sun Nov 09, 2025 4:44 pm
by JF123
Ag nee wat. Dit is 9mm wat "headspace" van die nek. ʼn Dop wat te kort of te lank is sal in elkgeval nie werk nie. En ʼn 1/2mm TPL verskil maak nie veel van ʼn praktiese verskil nie. Solank die patroon kamer, en die lading nie te hoog of te laag is nie behoort dit te werk.
Anders as geweer ladings, is ES/SD net van belang om die pistool se aksie te laat werk en nie op te blaas nie. Daar is nie veel verskil in akuraatheid nie. Nie op die afstande wat mens ʼn pistool.gebruik nie.
Re: 9mm COL TPL
Posted: Sun Nov 09, 2025 5:05 pm
by Ds J
Hein M. wrote: Sun Nov 09, 2025 11:27 am
Mornings almal
As julle praat oor presiese TPL en konstante druk, ens. dan neem ek aan dat julle die doppe almal tot dieselfde lengte sny?
Handwapenammunisie met reguit doppe werk effe anders as gewere s'n met nekke. Die koeël se diepte bepaal die beskikbare volume. As dié patrone ewe lank is, is die dopvolume dieselfde, ongeag die doplengte.
Re: 9mm COL TPL
Posted: Mon Nov 10, 2025 6:15 am
by LouisR
Goeiedag, dankie Ds vir verwysing, lang stuk maar baie inligting
Re: 9mm COL TPL
Posted: Mon Nov 10, 2025 7:07 am
by Ds J
LouisR wrote: Mon Nov 10, 2025 6:15 am
Goeiedag, dankie Ds vir verwysing, lang stuk maar baie inligting
Groot plesier, hy is daardie tyd spesifiek begin sodat daar 'n sentrale bron van inligting beskikbaar kan wees om vrae soos joune te beantwoord.
As ek kon het ek die inligting na ander forums toe oorgedra.