Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post Reply
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Jean Marais »

Ek benodig bietjie hulp van die kundiges op die forum.

Ek het 'n bestaande handwapen wat ek as selfverdediging lisensieer het. Ek is egter nou in die proses om my pa se bestaande handwapens by hom oor te neem, en wil een van die wapens nou as selfverdediging lisensieer, en my bestaande een laat herlisensieer as 'n jagwapen. Die wapen kwalifiseer wel om as sulks herlisensieer te kan word. Hoe werk die proses?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Toxxyc »

Jy doen van voor af aansoek, nuwe aansoek. Motivering en alles daarmee saam.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Ds J »

Soos Toxxyc sê - herlisensieer die huidige S.13-wapen onder S.15 of S.16, en doen aansoek vir die nuwe een onder S.13.

Dit gebeur soms dat jou plaaslike VWO (vuurwapenoffisier) steeks is om n vuurwapenlisensie lank voor vervaldatum ter herlisensieer. Die maklikste is om vooraf met die betrokke VWO te gaan praat en raad te vra want hy/sy is die een wat die proses moet hanteer by SAP.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Ratel »

By ons wou ek my S13 handwapen na S16 verander met hernuwing en DFO wou nie. Lyk my elke DFO maak hulle eie reels.
Maak 'n verskil
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1184
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by heywillie »

Ratel wrote: Mon Oct 27, 2025 11:38 am By ons wou ek my S13 handwapen na S16 verander met hernuwing en DFO wou nie. Lyk my elke DFO maak hulle eie reels.
Ek het al 'n paar S15 na S16 toe verander met hernuwing, maar S13 na S16 blyk na 'n ander prosedure.
Nuwe aansoek soos hier bo genoem deur Toxxyc.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Ratel »

Ds J wrote: Mon Oct 27, 2025 11:19 am Soos Toxxyc sê - herlisensieer die huidige S.13-wapen onder S.15 of S.16, en doen aansoek vir die nuwe een onder S.13.

Dit gebeur soms dat jou plaaslike VWO (vuurwapenoffisier) steeks is om n vuurwapenlisensie lank voor vervaldatum ter herlisensieer. Die maklikste is om vooraf met die betrokke VWO te gaan praat en raad te vra want hy/sy is die een wat die proses moet hanteer by SAP.
Met dit wat ek nou weet sal ek nie weer 'n handwapen onder S13 aansoek doen nie. Reguit S16
Maak 'n verskil
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Viking »

Toe my S13 opkom vir herlisensiëring het ek dit met die DFO bespreek en sy aanbeveling gevolg om dit om te skakel na S15.

Die gewone 518 vorm voltooi en die aansoek is binne 6 dae aanvaar!

Nou het ek nie meer S13 nie wat beteken ek kan nog 'n wapen vir "selfbevrediging" aanskaf....of is dit selfverdediging?
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Jean Marais »

Baie dankie vir die goeie advies, wat baie sin maak. Ek sal met my DFO gaan gesels en vra wat presies om te doen. Alternatief is om die wapens wat ek by my pa oorneem, direk onder S16 te lisensieer, ten spyte dat dit alles ook handwapens is. Sal dit kan werk?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Ratel »

Jean Marais wrote: Wed Oct 29, 2025 12:18 am Baie dankie vir die goeie advies, wat baie sin maak. Ek sal met my DFO gaan gesels en vra wat presies om te doen. Alternatief is om die wapens wat ek by my pa oorneem, direk onder S16 te lisensieer, ten spyte dat dit alles ook handwapens is. Sal dit kan werk?
Solank jy toegewyde sport skiet of jag status het sal dit werk.
Maak 'n verskil
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Jean Marais »

Dankie Ratel.

Ek is toegewyde jagter by SA Jagters. Ek hoef nie toegewyde sport skiet ook te hê nie nè?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Ratel »

Jean Marais wrote: Wed Oct 29, 2025 10:01 am Dankie Ratel.

Ek is toegewyde jagter by SA Jagters. Ek hoef nie toegewyde sport skiet ook te hê nie nè?
Nee jou toegewyde jag sertifikaat laat jou toe om te motiveer vir S16. Jy kan dit motiveer vir iets soos om tydens 'n jagtog 'n gewonde bok 'n doodskoot te gee. Ek noem net 'n voorbeeld.
Praat met Jagtersreg op die forum ek glo hy sal jou baie goeie raad kan gee.
Maak 'n verskil
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by Alwin »

Daar is 'n paar goed om in ag te neem voor jy so 'n proses wil begin:

1. Jy mag enige wapen vir enige wettige doel gebruik. Sien bv. Art 15(4) en Art 16(3) van die wet (60 van 2000).
2. Net die een wapen wat onder Art 13 gelisensieer is, mag jy gelaai in jou kluis stoor. By al die ander moet jy die ammunisie uit die wapen verwyder.
3. Vir dra geld presies dieselfde reëls vir alle wapens gelisensieer onder Artikels 12-17. (Dit sluit Art 13, 15 en 16 in!)
4. Dis moeiliker om 'n Art 13 lisensie te motiveer as Art 16.
5. Die nadeel van 'n Art 13 lisensie is dat dit elke 5 jaar verval. Art 15 en 16 verval elke 10 jaar.
6. Die beperking van 200 rondtes en 2400 slagdoppies val weg as JY (die persoon) toegewyde status kry. Dit het niks met die wapen of die lisensie se kategorie te doen nie. (Heelwat mense kan nie hierdie deel van die wet mooi gelees kry nie.)

Besluit dus mooi waarvoor jy gaan aansoek doen. Ek persoonlik sou nie die moeite doen om weer vir 'n bestaande, geldige lisensie aansoek te doen, en die risiko te loop dat hy dalk afgekeur kan word nie.
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1184
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Bestaande selfverdediging handwapen herklassifiseer na jagwapen

Post by heywillie »

Alwin wrote: Wed Oct 29, 2025 9:59 pm
6. Die beperking van 200 rondtes en 2400 slagdoppies val weg as JY (die persoon) toegewyde status kry. Dit het niks met die wapen of die lisensie se kategorie te doen nie. (Heelwat mense kan nie hierdie deel van die wet mooi gelees kry nie.)
Dankie vir die, dit is al oor en oor herhaal onder andere deur Martin Hood.
Die geweer winkels het blykbaar nog nie sy videos gesien nie...
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
Post Reply