Page 1 of 1

2 ladings selfde geweer

Posted: Fri Oct 10, 2025 8:06 pm
by BenJacobs
Dag sê almal.
Ekt 'n bietjie raad nodig. Ek het die lekker van cyote skiet ontdek en sien dat ek dit meer sal doen in die winter. Nou my vraag is, is daar van julle wat verskeie ladings in die selfde geweer skiet? Ek het 'n tikka 7mm-08 gekoop.

Ek probeer besluit of dit beter sal wees om 'n ligte, vinnige lading vir die doeleinde te kry of 'n 223. Die 223 en herlaai toerusting gaan min of meer dieselfde uitwerk.

Groete Ben

Re: 2 ladings selfde geweer

Posted: Fri Oct 10, 2025 8:23 pm
by Eduard Venter
Ek het altyd in my 243 2 ladings geskiet. 100gr pmp en 50gr krieke. Swaar punte op 100m zero en ligte punte op 200m sonder om aan teleskoop te karring. Ek dink ek was dalk net gelukkig, het dit toevallig ontdek. Dit het soos 'n bom gewerk!

Sent from my SM-G780F using Tapatalk


Re: 2 ladings selfde geweer

Posted: Fri Oct 10, 2025 8:33 pm
by Mellies
Ben,

Probeer eers n 100gr of 120gr in jou klein 7mm. Miskien is jy gelukkig.

Ek kon dit regkry in twee 7-08s.

Skiet ook n 70, 80, 87 en 88gr sonder aanpassings in my 243 AI. Maar dit is n custom geweer.

Hou ons ophoogte.

Met n vleisie...

Re: 2 ladings selfde geweer

Posted: Sat Oct 11, 2025 6:27 am
by Glocked
Ek sal nog 'n roer koop, want meer is mos beter !

Ek hou nie van verskillende ladings in dieselde geweer nie, vir die rede dat dit makliker en beter vir my werk om 1 resep te leer ken en te onthou in terme van bullet drop, wind toelaat ens. Jy hoef nie te wonder oor wat jy laaste geskiet het, waar en met wat hy gezero is ens nie.

En almal het mos eintlik maar 'n 223 ook nodig, sommer net !

Re: 2 ladings selfde geweer

Posted: Sat Oct 11, 2025 6:44 am
by Lategan1
Hoop dit gaan goed Ben.

Ek het gewere met meervoudige ladings, nie net dubbelladings nie! Dit is nou werk. Ek beperk dit deesdae.

‘n 2de lading in dieselfde pas jou lekker geweer met dieselfde teleskoop op, is baie gerieflik. Soos die manne hier noem, baie keer verskil die POI niks of net met enkele klieks op jou tele. Dit skryf jy neer sowel as jou trajek, bv. op jou cheat sheet en Bob is your uncle.

Wanneer ons gaan Springbok en Koedoe jag op dieselfde jagtog, werk 2 ladings baie lekker vir vlak en bos onderskeidelik. Pakplek is gewoonlik beperk en dus is daar slegs plek vir 1 geweer per jagter.

Dus sonder om te twyfel, sou ek die 2de lading ontwikkel. Veral in die 7.08mm

Beste.

Re: 2 ladings selfde geweer

Posted: Sat Oct 11, 2025 6:28 pm
by Capt. Yoda
Soos dit lyk hoe dinge da in Canda gaan sou ek maar nog n geweer gekoop het terwyl ek kon en soos van die manne se een geweer met vesrkillinde ladings is n gesukkel

Re: 2 ladings selfde geweer

Posted: Sat Oct 11, 2025 9:10 pm
by Ds J
Ben, hoe werk dit daar - gaan jy een lading in die somer op bokke skiet en n ander een in die winter op die jakkalse? Dit sou kon werk, anders moet jy heeltyd heen-en-weer stel.

Re: 2 ladings selfde geweer

Posted: Sun Oct 19, 2025 3:07 am
by BenJacobs
Dankie vir almal se bydrae.
Ons skiet heeljaar Cyotes, maar slegs winter vir so 3 weke bokke. So ek dink vir nou gaan ek eerder met die een roer hou en bietjie eksperimenteer met ladings. Moeilik om 'n nuwe geweer te regverdig voor ek nog 'n enkele skoot geskiet het met die een wat ek het. Ons jag seisoen begin oor so 3 weke vir whitetails en dan 2 weke later mag ons elk skiet. Ek het darem 'n mooi paar ramme wat ek begin dophou, so hopelik kan ek einde November my eerste Kanadese jag storie kom deel.
Groete Ben

Re: 2 ladings selfde geweer

Posted: Sun Oct 19, 2025 11:06 am
by Petrie303
Hi,

Ek sal net herlaai met wat jy het...

As jy vir jou 140gr Nosler Accubonds herlaai vir jag en die 140gr Nosler Balistic tips vir daai cyote gaan jy wat jy het baie geniet!

Albei kiet dieslfde lading en jy bohoort so 2800ft/sec te kry...

Groete