Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
EK is seker ek gaan hier die regte raad kry.
Ons is woonagtig in Randburg en die Randpark golfbaan grens aan my eiendom. Ek het so paar weke gelede een aand n jakkals doodluiters voor my tuin (aan die golfbaan kant) sien verby draf. Ek het natuurlik eers gedink ek verbeel my en ook gedink die perd kan by die golfbaan uit deur groot stormwater pype wat onder N1 snelweg uitkom....daar gelaat.
Die afgelope week (diep in die nag) hoor ek die kiewiete is onrustig en dit maak my Wire Haired bietjie woes. Wel, groot was my verbasing toe ek hom gisteraand uitlaat (20h30) en hy hardloop reguit heining toe (Clearvue) net om basies aan die jakkals te ruik wat aan die anderkant van die heining staan. Die JAK is glad nie wild nie....hy hardloop skaars weg as ek nader kom. So het dit vir n paar ure aangegaan met my hond wat mal word van opgewondenheid en die golfbaan sekuriteit wat kamstig n draai kom ry het.
Wat staan my te doen....buiten natuurlik dit wat ek graag sou wou doen, maar ek mag nie!
4 yster met die bal op jou agtervoet en gewig meer op jou voor been, lekker lae stinger in die tooths...gee hom n paar dae miskien beweeg hy aan en die hond kan op hou blaf.
Hier by my sukkel ons met die ystervarke en lakawane in die aand, is nogals n gesig om half 2 die aand n ystervark in die tuin te sien rond loop met elke hond in die omgewing wat balisties gaan, ek het n "Nerf Gun" vir hulle wat sulke rubber balle skiet wat een moerse lawaai maak as die skoot af gaan en daai rubber bal stamp self nogals lekker, worst case scenario as die jakals nie wil pad vat nie dalk so iets oorweeg om hom bq aan te moedig
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Hi
Laat weet die mense van Owl Rescue https://www.owlrescuecentre.org.za/Contact/ - 082 719 5463, hulle sal hom vang en na 'n veilige hawe neem.
Ek bly in Boskruin, Randburg teen die kop en het al 'n bobbejaan laat verwyder.
_____________________
Howa 300 PRC
303 British 1917 Original
Glock 27 40 S&W
Star M40 9mm par

Praat van jakkals in die stad. Ek het 'n ruk terug 'n roeper by Geno gekoop and 'n paar aande later toe toets ek daai roeper met 'n jakkals roep klank. Die honde in die buurt het mal gegaan en almal het op die buurtwag groep gevra watter wilde diere word nou hier aangehou. Het lekker gelag.
Stem saam, los hom in vrede laat die natuur sy balans uitoefen. Hier by ons het n rooikat in die estate ingekom en onder die rondloper katte begin wei. Beste ding wat kon gebeur het..
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
Ek gee glad nie om as hy die kolganse en hadidas bietjie roer nie....maar dit is vir my n probleem as hy so mak is dat hy teen die heining kom staan en my hond wil n oorval kry (slaap in ons kamer). Hy was laasnag na 2 in die oggend weer terug, so dan vat dit n uur of wat om almal weer rustig te kry en verder te slaap.
Ek het nou met Owl Rescue se mense gepraat. Ongelooflik interessant gewees! Die man sê daar is baie jakkalse in Johannesburg, mense sien hulle net nie. Hy reken dis baie goed vir die ekosisteem en die kêrel bly tien teen al lank op die golfbaan. Hy sê ook die kans dat hy hondsdolheid het is 1/miljoen, dus is hy nie nie bekommerd daaroor nie. Volgens hom is n vanghok nie n opsie nie want hulle is te slim. Kan blykbaar n veearts reel wat n spesiale permit moet hê om hom te "dart", maar dis net so R10 000 per nag vir voorsit in die stad....hahaha
Sy raad is dus: Los hom net en hopelik raak my hond gewoond aan hom - hy ken duidelik nie vir Dricus (my wire haired) nie!!!
Baie dankie vir almal se bydraes op hierdie draad.
AOosie wrote: Thu Oct 02, 2025 7:57 am

Mooi dag!
Ek het lank in Randburg gebly en daar is ongelooflik baie in al daai "greenbelts", ons het hulle gereeld op Randpark se baan gesien
Met al die wild en groot voels op die bane in en om JHB sou ek baie verbaas gewees het as daar nie erens n Jakkals was nie
Die man en sy gesin loop somer saam met jou op Benoni CC rond
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
AOosie wrote: Thu Oct 02, 2025 7:57 am
Ek het nou met Owl Rescue se mense gepraat. Ongelooflik interessant gewees! Die man sê daar is baie jakkalse in Johannesburg, mense sien hulle net nie. Hy reken dis baie goed vir die ekosisteem en die kêrel bly tien teen al lank op die golfbaan. Hy sê ook die kans dat hy hondsdolheid het is 1/miljoen, dus is hy nie nie bekommerd daaroor nie. Volgens hom is n vanghok nie n opsie nie want hulle is te slim. Kan blykbaar n veearts reel wat n spesiale permit moet hê om hom te "dart", maar dis net so R10 000 per nag vir voorsit in die stad....hahaha
Sy raad is dus: Los hom net en hopelik raak my hond gewoond aan hom - hy ken duidelik nie vir Dricus (my wire haired) nie!!!
Baie dankie vir almal se bydraes op hierdie draad.
Mooi dag!
Daai jakkie is al baie lank daar. Daar is n paar van hulle. Lekker om hulle in die buurt te he.