Page 1 of 2
308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 7:52 am
by Lamtjop
Môre manne, help my besluit vir n jaggeweer vir my seun. Spesies sal springbok tot kudu grootte wees. Geweer sal n dunloop Tikka wees. Ek sal graag koeël gewig van 120-125gr wil laai vir bietjie platter trajek. Die 125greiners in 308 sal seker nie so goed doen soos die 120gr 6.5've nie veral in die wind. Tussen die 2 6.5's sien ek dat Tikka sekere modelle Creedmoors n 24" loop gee, maar die 6.5X55 net standaard 22,4". Gee dit die Creedmoor n voordeel bo die Swede in hierdie geval. Wat sou julle sê is die grootste wild wat die 6.5 met goeie 140gr koeël betroubaar kan doodskiet. Die teenvraag is nou weer, wat is jul ondervinding met 125gr koeëls uit n 308 vir jag doeleindes.
Ek luister by die radio.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 8:16 am
by Capt. Yoda
Het al jong kinders gehelp om koedoes, BWB en Gemsbokke met 6.5x55 en premeum koels te jag
Die 6.5x55 vs die 6.5Creed is much of a muchness, die x55 met n 22.5" loop gaan nie regtig iets op gee teen die 24" creed nie
Aksie lengtes in Tikka is ook elk geval die selfde die 6.5x55 se dop se rim is net bq groter as die 6.5Creed sin so as jy klaar n 243/308 shell holder het gaan jy net een spesifiek vir die x55 moet koop, goeie dopppe vir die x55 was vir lank skaars gewees maar ek verstaan daar is nou weer taamlik in die land, doppe se pryse is ook maar baie dieselfde
Persoonlik sou ek die korter loop x55 vat en hom met n lekker sterk 140gr koel agter n vol dop N540 laai, niemand sal my oortuig n 6.5Creed is akurater as n goeie moderne 6.5x55 nie
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 8:30 am
by Hano243
Persoonlik sou ek die korter loop x55 vat en hom met n lekker sterk 140gr koel agter n vol dop N540 laai, niemand sal my oortuig n 6.5Creed is akurater as n goeie moderne 6.5x55 nie
+1
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 8:38 am
by avo
6.5x55 all the way!
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 9:38 am
by Carel-Chris
Ek het 'n 308 en skiet meestal bosveld. SBC 165gr.
Het 'n geleentheid gekry vir Springbok jag so 3 weke terug.
Het toe die 125gr Hornady SST gelaai. Skiet so net oor 2900fps
Was so 200 tot 250 meter skote. Het heel goed gevaar.
Het toe sommer bietjie die gongs ook gaan skiet op 500m. Het 'n paar skote gevat in die wind om op teiken te kom maar toe ook lekker geloop
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 9:45 am
by Arnold
Hier is 'n voorstel ... kry die 6.5x55 en dan ackley jy hom

Die Ackley ontsluit daai dop en jy kan sommer lekker spoed ook bykry
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 9:53 am
by Armand Steenkamp
Ek het niks spoed gewen met my 22duim lopie toe ek my 6m5x55 Ackley nie.. As ek dit weer moet doen sou ek hom standaard hou. My 6.5x55AI het nou n 27duim loop en en skiet n 140gr pit teen 2960fps baie lekker.
Groetnis
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 11:25 am
by heywillie
Capt. Yoda wrote: Tue Aug 26, 2025 8:16 am
Het al jong kinders gehelp om koedoes, BWB en Gemsbokke met 6.5x55 en premeum koels te jag
Die 6.5x55 vs die 6.5Creed is much of a muchness, die x55 met n 22.5" loop gaan nie regtig iets op gee teen die 24" creed nie
Aksie lengtes in Tikka is ook elk geval die selfde die 6.5x55 se dop se rim is net bq groter as die 6.5Creed sin so as jy klaar n 243/308 shell holder het gaan jy net een spesifiek vir die x55 moet koop, goeie dopppe vir die x55 was vir lank skaars gewees maar ek verstaan daar is nou weer taamlik in die land, doppe se pryse is ook maar baie dieselfde
Persoonlik sou ek die korter loop x55 vat en hom met n lekker sterk 140gr koel agter n vol dop N540 laai, niemand sal my oortuig n 6.5Creed is akurater as n goeie moderne 6.5x55 nie
6.5x55 met SBC 140gr punte, dan jag jy enige "plains game" met gemak
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 12:28 pm
by Lamtjop
Ek sien heelwat 6.5 Creedmoors wat goed skiet met 100gr Eld VT's wat lekker springbok behoort te skiet,(kopskote) hoe doen die 6.5 Swede met 100gr'ne.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 6:48 pm
by Giepie
In plaas van 'n 6,5x55AI sal ek eerder gaan vir 'n 6,5 PRC. Gee dal net daardie ietsie meer gemoedsrus.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Aug 26, 2025 8:05 pm
by Pvdw
Koop maar die x55. Soos die kinders groei het die x55 die vermoeë om 156gr koeëls ook te skiet vir grooter wild. BWB en eland val lekker met die x55 en156gr Norma Oryx. Maar vir eers sal hy ook lekker diens doen met veral die 120-130gr monos terwyl die kinders klein is.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Wed Aug 27, 2025 8:08 am
by Jakkie07
My seun is 13.
in die kluis is n 308 en n 6.5x55
Hy los nie my 6.x55 uit nie. Ons skiet 140gr in hom, dis die CZ so sy loop is 24".
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Wed Aug 27, 2025 11:58 am
by Lamtjop
Dankie vir almal se insette, my seun word nou 16 en recoil is nie n probleem nie. Die probleem is hy skiet met my 308 en dan kry ek die 243. Dis tyd dat hy sy eie gun kry. Keuse sal dan tussen 308 of 6.5X55 wees afhangend wat ons raakloop.
Groetnis
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Wed Aug 27, 2025 3:58 pm
by HeinM
Is daar enige voordeel met 'n 308 en 165gr punt bo die 6.5 as jy 'n groot koedoebul wil skiet?
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Wed Aug 27, 2025 4:56 pm
by Ds J
Kyk of daar 'n geleentheid is dat hy die twee kalibers kan probeer, en laat hom dan kies. Die hoeveelheid tyd op die baan is belangriker as die bietjie beter of swakker trajek van die kalibers.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Wed Aug 27, 2025 7:13 pm
by heywillie
HeinM wrote: Wed Aug 27, 2025 3:58 pm
Is daar enige voordeel met 'n 308 en 165gr punt bo die 6.5 as jy 'n groot koedoebul wil skiet?
Ek het 'n koedoe bul op 260m met 6.5x55 met 143gr ELDX geskiet.
Hys net so dood soos wat 'n 308 hom sou maak.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Thu Aug 28, 2025 12:07 pm
by HeinM
heywillie wrote: Wed Aug 27, 2025 7:13 pm
HeinM wrote: Wed Aug 27, 2025 3:58 pm
Is daar enige voordeel met 'n 308 en 165gr punt bo die 6.5 as jy 'n groot koedoebul wil skiet?
Ek het 'n koedoe bul op 260m met 6.5x55 met 143gr ELDX geskiet.
Hys net so dood soos wat 'n 308 hom sou maak.
Skootplasing is seker maar alles.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Thu Aug 28, 2025 12:52 pm
by heywillie
HeinM wrote: Thu Aug 28, 2025 12:07 pm
heywillie wrote: Wed Aug 27, 2025 7:13 pm
HeinM wrote: Wed Aug 27, 2025 3:58 pm
Is daar enige voordeel met 'n 308 en 165gr punt bo die 6.5 as jy 'n groot koedoebul wil skiet?
Ek het 'n koedoe bul op 260m met 6.5x55 met 143gr ELDX geskiet.
Hys net so dood soos wat 'n 308 hom sou maak.
Skootplasing is seker maar alles.
Net so
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Thu Aug 28, 2025 6:36 pm
by ThinusS
Ek het redelik baie ondervinding met al drie in die jagveld, op wild van springbokke tot elande, met dieselfde skootplasing en koeëls van soortgelyke gehalte gaan geen bok 'n verskil agter kom nie.
Kies die een waarvan jy die meeste hou.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Fri Aug 29, 2025 9:21 am
by LUAN
Wat sal die hoogste node spoed moontlik wees uit n 20" 308 met n 130gr mono en die regte kruit?
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Fri Aug 29, 2025 10:56 am
by tripodmvr
LUAN wrote: Fri Aug 29, 2025 9:21 am
Wat sal die hoogste node spoed moontlik wees uit n 20" 308 met n 130gr mono en die regte kruit?
Ek het S321 gebruik en lyk asof 2980vps veilig op 'n node sal wees.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Fri Aug 29, 2025 11:34 am
by LUAN
tripodmvr wrote:LUAN wrote: Fri Aug 29, 2025 9:21 am
Wat sal die hoogste node spoed moontlik wees uit n 20" 308 met n 130gr mono en die regte kruit?
Ek het S321 gebruik en lyk asof 2980vps veilig op 'n node sal wees.
Dankie Tripod. Sjoe vinniger as n 6.5 met n korter loop ook nog. En bc maak mos nie saak op gewone jag afstande of hoe. Ek het reeds die doppe en dies so maak meer sin om nog n 308 te koop. Wil iets baie lig kry vir stap jag maar dan gaan recoil ook meer wees dis hoekom ek dink aan 125-130gr skiet.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Mon Sep 01, 2025 11:17 am
by Wouter Roets
Armand Steenkamp wrote: Tue Aug 26, 2025 9:53 am
Ek het niks spoed gewen met my 22duim lopie toe ek my 6m5x55 Ackley nie.. As ek dit weer moet doen sou ek hom standaard hou. My 6.5x55AI het nou n 27duim loop en en skiet n 140gr pit teen 2960fps baie lekker.
Groetnis
Hoe so Armand?
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Mon Sep 01, 2025 8:30 pm
by Armand Steenkamp
Wouter Roets wrote: Mon Sep 01, 2025 11:17 am
Armand Steenkamp wrote: Tue Aug 26, 2025 9:53 am
Ek het niks spoed gewen met my 22duim lopie toe ek my 6m5x55 Ackley nie.. As ek dit weer moet doen sou ek hom standaard hou. My 6.5x55AI het nou n 27duim loop en en skiet n 140gr pit teen 2960fps baie lekker.
Groetnis
Hoe so Armand?
Kan nie rerig se nie. Maar dit is wel wat ek agter kom met sommige van my ander Ackleys ook. Dit was verseker die geval met my punt en kruit kombinasie. Al wat ek kan dink dit dat die kort lopie nie die ekstra dryfmiddel kan verbrand nie. Toe ek na n langer pyp gaan toe wen ek verseker.
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Posted: Tue Sep 02, 2025 8:10 am
by Wouter Roets
Armand
Ek glo in die geval van die 6.5x55 wat in Ackley gewaad(relatief overbore) stadig verbrandende poeier met swaarder koeels verkies n korter loop verseker n invloed gaan he op verrigting. Ek glo ook in die tyd van jou toetse was jy net aanwesig op Somchem poeiers, waar n mens vandag heelwat meer opsies het.
In n hele paar van my Ackleys het ek my lope korter gemaak, maar ek het baie huiswerk ingesit oor koeel en kruitkeuse om die beste uit die kombinasie te kry. In my oe een van die vele voordele van n Ackley om in n korter loop dieselfde of meer spoed te kry as die voogkaliber in n langer loop. So in hierdie geval van Lamchop waar hy graag 120-130gr koeels wil skiet uit n 22 duim loop sal die Ackley verseker n groot aanwins wees. Nie net die ekstra dopkapasiteit nie maar die feit dat jy teen hedendaagse drukvlakke ook kan hardloop.
Groetnis
Wouter