Page 1 of 1
.308 168gr A-Max QL-lading
Posted: Sun Aug 03, 2025 8:51 am
by Lategan1
Kan die QL- manne help met ‘n optimale lading asb.
Doppe RWS, gevuur
Totale H20 56.1gr
Looplengte 713mm (28”)
Slagdop Fiochi LR
Kruit Varget
168gr A-Max Hornady
TPL gelaai: 71.5 (Maks minus 0.5mm)
Geen knaldemper
Spoed by kroon geneem, Magnetospeed
43.5 @ 2762 vps
44.0 @ 2800
Baie dankie.
Beste.
Re: .308 168gr A-Max lading
Posted: Sun Aug 03, 2025 1:19 pm
by tripodmvr
43,6 of 43,7gr gaan by die node wees met 2780vps as mikpunt. Druk by 58K psi, so niks verder boontoe nie. Hoe het die groepe gelyk?
Re: .308 168gr A-Max lading
Posted: Sun Aug 03, 2025 1:50 pm
by Lategan1
Baie dankie, ek was bietjie hoër ook en die druk tekens raakgeloop! Goed om te weet waar is veilige maks. RWS doppe is normaalweg bekend vir kleiner h2o volume.
Nog geen groepe geskiet nie, slegs vir QL en maks bepaling. Ek sal plaas!!
Waardeer.
Beste.
Re: .308 168gr A-Max lading
Posted: Mon Oct 13, 2025 10:59 am
by Lategan1
IMG_4802.jpeg
Met hierdie QL info in gedagte het ek ‘n “mini-ladder” geskiet rondom aanbeveling met 0.3gr intervalle vir spoed en gaan slaap.
200m: 1ste 3-skoot groepe na bg. was: .65, .63, .61 en beste was 0.31MOA met 43.4gn Varget. Intervalle was 0.1gr.
Ek laai nou vir x5 op 100m en 3 elk op 200 en 300m vir trajek met 43.4gn.
Beste.
Re: .308 168gr A-Max lading
Posted: Mon Oct 13, 2025 1:58 pm
by Francoisv
Lategan
My 308-gut sê vir my dat jy die beste resultaat gaan kry 2650-2675fps. Jou tpl is relatief kort wat jou dop kapasiteit beperk. Jy sal sy gat kan warm maak maar jy sal moet keel oopmaak om langer te laai. My 2c.
Re: .308 168gr A-Max lading
Posted: Tue Oct 14, 2025 6:08 pm
by Lategan1
Francoisv wrote: Mon Oct 13, 2025 1:58 pm
Lategan
My 308-gut sê vir my dat jy die beste resultaat gaan kry 2650-2675fps. Jou tpl is relatief kort wat jou dop kapasiteit beperk. Jy sal sy gat kan warm maak maar jy sal moet keel oopmaak om langer te laai. My 2c.
Dankie Francois. Jy is ‘n .308 kenner, ek neem kennis.
Onthou myne 28” loop. Ek hou in gedagte vir laer node vorentoe, veral in die warm somer.
Beste.
Re: .308 168gr A-Max lading
Posted: Sun Nov 30, 2025 10:08 pm
by Lategan1
tripodmvr wrote: Sun Aug 03, 2025 1:19 pm
43,6 of 43,7gr gaan by die node wees met 2780vps as mikpunt. Druk by 58K psi, so niks verder boontoe nie. Hoe het die groepe gelyk?
Tripod, ek wil graag weet wat sal my laer node wees asb? Ook die druk.
Ek laai nou 43.4gr @ 2780fps.
By voorbaat dank.
Beste.
Re: .308 168gr A-Max lading
Posted: Mon Dec 01, 2025 11:44 am
by tripodmvr
Probeer 42,1gr vir 2694vps - Node 4 1/2. Druk 52K psi
Re: .308 168gr A-Max lading
Posted: Mon Dec 01, 2025 1:57 pm
by Lategan1
Baie dankie, waardeer.
Beste.