Page 1 of 1
300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Sat Aug 02, 2025 1:18 pm
by Skiet-Kop
Goeie more manne/dames. Kan iemand vir my kyk of hulle my naby n node kan kry asb?
300 Norma Magnum
Loop lengte 819mm
300 NM Lapua doppe 104.6gn water
245gr Berger LR Hybrid punte
TPL 93.63mm (72.14mm tot by ogive)
Ek meet die punte alleen van 44.8-45mm.
Vithavouri N570 Kruit 80gn = 2858fps saam met silencer geen druk tekens op dop.
Ek hoop om nader aan 3000fps te kom as dit kan.
Ek sal die silencer verwyder as ek die aanbeveling ontvang het om die spoed te kalibreer.
Byvoorbaad Dankie.
Groete
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Sat Aug 02, 2025 1:27 pm
by Skiet-Kop
CCi 250 Magnum primers
Ongelukkig is die spoed wat ek hier gee met n silencer op.
75gn 2698
76-2740
77-2765
78-2800
79-2820
80-2858
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Sat Aug 02, 2025 4:19 pm
by tripodmvr
Ek het beide GRT en QL gebruik vir nodeberekening.
80gr = 2858vps Op node volgens QL en GRT dui 80,3gr en 2869vps aan. Node 5 1/2.
82,4gr = 2935vps volgens QL en druk van 57K psi. (GRT stem saam oor die 82,4gr. 56K psi druk). Hoogste wat ek sou laai.
Volgende half node by 3060vps en 67K psi.
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Sat Aug 02, 2025 5:14 pm
by Skiet-Kop
.
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Sat Aug 02, 2025 5:17 pm
by Skiet-Kop
Baie baie dankie. Ek het sopas 81gr N570 geskiet en het 2892ft/sec gekry sonder n silencer met chrony op 5m. Voordat ek jou aanbeveeling ontvang het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Sun Aug 03, 2025 10:06 am
by tripodmvr
Ek aanvaar deesdae spoed soos gegee omdat meeste syfers ware spoed weergee (manetospeed, Garmin ens.)
Het jou spoed ook aanvaar en kyk hoe naby bereken jou 81gr lading
300NM 81gr.png
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Mon Aug 04, 2025 2:48 pm
by Skiet-Kop
Ja nee kyk. Dit werk perfek uit! binne 2fps.. Dis wonderlik om te sien. Verstaan ek dan reg dat as ek 80gr laai ek op n vol node le ne?
Ek het ook begin speel met GRT,maar is nog nie gemaklik genoeg met die program om my eie uitslae daarop te vertrou nie.
Ek sal volgende 80 en 80.3gn laai en dan groeperings toetse doen om die twee te onderskei.
Ek oorweeg ook Perrigrine punte die 216 glidemasters,ek sal baie graag wil sien watter spoed ek met hulle kan kry met dieselfde N570 om die ballistiese voor en nadele van die twee punte teen mekaar te kan opweeg vir langer afstande op staal.
Is ek nou te hans om te vra watter spoed QL voorspel?
Baie dankie vir jou tyd en moeite.
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Mon Aug 04, 2025 5:41 pm
by tripodmvr
Lyk asof jy 3140vps veilig kan kry met daardie 216gr Peregrine.
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Tue Aug 05, 2025 12:45 pm
by Skiet-Kop
Baie dankie Tripodmvr.. Laaste vraag en hopelik die laaste keer...
Teen dieselfde druk as die 245gn Berger punte met 80gn N570.
Watter spoed behoort ek met die Perigrine 216gn en 206gn gliders te kry?
Ek kyk op JBM ballistics watter een van hulle die minste deur die wind beinvloed gaan word op 1700m en kan dit slegs doen as ek weet watter spoed ek kan verwag. Daarna kan ek die punte gaan koop.
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Tue Aug 05, 2025 3:43 pm
by tripodmvr
Druk het bereken as 52K psi.
206 Glider - 3111vps
216 Glider - 3040vps
Onthou die volgende :-
1. Die nodes kan op 'n heel ander spoedvlak wees en 'n druk van 55K psi verseker beter ontbranding en is baie veilig.
2. BC van die koeëls kan 'n groot invloed op windskuif hê. Die 216 behoort beter te doen.
Ek sal later loer en 'n aanbeveling maak rakende koeëlkeuse.
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Tue Aug 05, 2025 4:33 pm
by Skiet-Kop
Ek sal dit baie waardeer, 53K psi los darem baie ruimte om dalk een of dalk nog 2 nodes op te gaan sonder om te naby aan die rooi te gaan.
Ek wag geduldig op jou opinie.
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Tue Aug 05, 2025 5:23 pm
by tripodmvr
Hieronder beide koeëls na node 4 1/2 gelaai. Die 206 met spoed van 3175vps en die 216 met spoed van 3143vps. Gebruik nou 'n ballistiese program om windskuif te bereken. Kies dan die beste kandidaat. Die druk van 59K psi by die 216 is nog 5000psi onder maksimum.
300NM 206 Glider.png
300NM 216 Glider.png
Re: 300 Norma Magnum Quickload hulp asb.
Posted: Fri Aug 08, 2025 3:29 pm
by Skiet-Kop
Jou yster! Baie dankie. Lyk asof die 216gr punte dan die mees effektiefste punt is wat dit betref.