Page 1 of 1

Dop nekke binne polish

Posted: Sun Jul 27, 2025 2:10 pm
by Jackalsniper
Manne ek is besig om te herlaai en ek sien my expander het sulke strepe aan die binnekant van my doppe se nekke gemaak.
Het iemand dalk al n nylon borseltjie met rubbing compound gebruik om binne dop nek te polish om n eenvormigge afwerking te kry?
Ek sien van die f klas manne gebruik stainless, borsels en borsels met diamant stof op ens.
n reamer sal seker net die ergste afhaal,maar ek praat van eenvormig polish/glad kry sodat koels dieselfde
kontak oppervlak het as hulle geseat word.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sun Jul 27, 2025 3:47 pm
by tripodmvr
Skoon metale kan met mekaar bind en 'n gevaarlike kombinasie wees. As jy die ammunisie gou gaan skiet kan dit seker nie skade doen nie. Dryfmiddel ontbrand soms beter (meer egalig) as dit effe weerstand het. Dink maar aan weermagpatrone wat geseël word vir waterdigting. Jou gladde nekke gaan minder wrywing hê.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sun Jul 27, 2025 4:07 pm
by Jackalsniper
Ek het tandepasta probeer en daar is n verskil maar vat te lank en gee nog nie die resultaat wat ek wil hê nie. Ek probeer nie so glad soos n spieël te kry nie net eweredig gelyk en almal dieselfde tekstuur as mens dit so kan noem.
Links is nog niks gedoen nie en regs met tandepasta op nylon borsel so 1 min lank op boor se hoë spoed.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sun Jul 27, 2025 4:13 pm
by Jackalsniper
Nog n foto in die sonlig

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sun Jul 27, 2025 4:19 pm
by Jackalsniper
Wat ek probeer regkry is om die koels almal eweredige kontak/druk te gee as hulle geseat is en die plan is om die koels se agterkant in drylube te druk voor hulle geseat word. Dan sal hul seker nie bind nie Oom Marius?

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sun Jul 27, 2025 5:18 pm
by tripodmvr

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Tue Jul 29, 2025 9:23 am
by Maroelas
Na ek outside neck turning op meeste van my Norma doppe gedoen het, het ek gesien die nekke krap baie lelik binne. Ek het staalwol om 'n boorpunt gedraai en met die boor gepolish. Dit het goed gewerk.

P.s. Ek sal nooit weer nekke outside turn nie (rig meer skade aan, as wat dit goed doen vir my behoeftes).

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Thu Jul 31, 2025 7:30 am
by Toyrsi
Die beste is om die nekke binne te lube met n tiepe olie voor jy sny.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Fri Aug 01, 2025 12:57 pm
by JF123
Ek dink nie dit sal veel veskil maak op die teiken nie.

In jou plek sal ek eerder die expander reg kry en in die vervolg smeermiddel gebruik in die nekke.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Mon Aug 04, 2025 11:04 pm
by Jackalsniper
Sovêr lyk dit of ek die regte afwerking gekry het deur rubbing compound op n nylon borsel te sit en nekke so 10 sekondes elk met die nylon borsel in n elektriese boor met n gemiddelde spoed te laat hardloop. Die compound is gelukkig water oplosbaar so spoel maklik af. Sal sien hoe lyk doppe as hul weer deur my wet tumbler is.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Fri Aug 29, 2025 8:04 pm
by Jackalsniper
Ek het toe die eerste paar rondtes gelaai en ek voel soms steeds klein verskille in wrywing as koëls geseat word. Baie minder as voorheen maar na ek nekke anneal en geskil het is daar steeds verskille in nek tension. Ek het my nekke se binne deursnee gemeet en verskille van .235 na .255 gekry, so van hulle is ovaal Ek het met Oom Gerrie van Sudami X gesels en toe vir my n expander mandrel aangeskaf. Ek het n .255 mandrel gekry om nekke eweredig rond tot op .255 te kry wat dan 2 thou se nek tension behoort te gee op my .257 koëls. My doppe is almal geprime, so waarmee lube ek nou wat sal maak dat koēls nie sal weld aan brass van lank staan nie? Dry neck lube is glo nie so goed soos wat ek gedink het nie.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Fri Aug 29, 2025 8:34 pm
by Flip Nel
Gebruik graphite

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Fri Aug 29, 2025 10:12 pm
by Lategan1
Jackalsniper wrote: Fri Aug 29, 2025 8:04 pm Ek het toe die eerste paar rondtes gelaai en ek voel soms steeds klein verskille in wrywing as koëls geseat word. Baie minder as voorheen maar na ek nekke anneal en geskil het is daar steeds verskille in nek tension. Ek het my nekke se binne deursnee gemeet en verskille van .235 na .255 gekry, so van hulle is ovaal Ek het met Oom Gerrie van Sudami X gesels en toe vir my n expander mandrel aangeskaf. Ek het n .255 mandrel gekry om nekke eweredig rond tot op .255 te kry wat dan 2 thou se nek tension behoort te gee op my .257 koëls. My doppe is almal geprime, so waarmee lube ek nou wat sal maak dat koēls nie sal weld aan brass van lank staan nie? Dry neck lube is glo nie so goed soos wat ek gedink het nie.
Volgens my ervaring en kennis, is jy by die punt - dalk reeds verby - “diminishing returns”.

Die konstantheid en wisselende aard daarvan, die indruk van jou koeëls waarna jy hunker of ervaar, is die punt van die fyn balans van wat is werklik nodig vir jou doel. Die praktiese realiteit vir jou aanwending. Jack Neary, top en seker een van die beste bench rest skuts van alle tye, het na die belangrikheid daarvan as ‘n “bench rest” skut verwys. Ek het voorheen foto’s van dopnekke se binnekant en sy insette hier geplaas. Dit is seker die skietdissipline wat die sensitiefste is vir enige veranderlike, min wegkruipplek. One’s en two’s beteken 0.1 of 0.2 van 1 MOA!

Ongeag watter fabrikaat, ‘n dopnek se binnekant het nie ‘n perfekte gladde silindriese vorm nie. Jou afmetinge en ervaring bevestig dit. Konstantheid van nekspanning.

Besluit wat jy wil bereik. Andersins oorweeg “inside neck reaming” van jou dopnekke. Jy sal onmiddelik daarna die konstantheid met die “seating” voel, dit is beslis so. Gaan lees daaroor, daar is ook ongelukkig risiko’s daarmee. Ek voel duidelik die verskil in my .223, .243 en 6.5x55. My groepe van die bank af is beter, of dit my ‘n veel beter skut maak, is ‘n ope vraag. Dit is dalk meer ‘n OCD wurm as ‘n praktiese vereiste, dink mooi hieroor.

Ek dink dit is akkuraat om te noem, die neiging om dopnekke se binnekante te sny, raak minder gewild.

Die exp mandrel is dalk die goue middeweg, leef daarmee saam.

My 2c.

Beste.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sat Aug 30, 2025 4:29 am
by JF123
20250804_225202-compressed.jpg
Kry a "chamfer" tool en sny daardie skerp randte van jou dop. Skielik sal jou "seating" meer egalig raak.

Ek gebruik hierdie een.
https://247hunter.co.za/case-preparatio ... -tool.html

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sat Aug 30, 2025 11:02 am
by Christo
My 2c. Gebruik 'n resizing die met bushing sonder expander mandrel. Dan as al die prep werk klaar is gebruik 'n expander mandrel, soos APW s'n en expand nekke tot op die 1thou of 2thou neck tension. Seat gevoel is baie meer konstant en doppe het nie meer merke of kan dalk skeef trek nie.

Elke ou doen wat hy goed dink maar dit het baie dinge verander vir my. Ek moet byvoeg dat ek nekke met outside cutter sny tot hulle so 80% van nek oppervlakte gesny is vir standaard kamer.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sat Aug 30, 2025 12:08 pm
by Lategan1
Christo wrote: Sat Aug 30, 2025 11:02 am My 2c. Gebruik 'n resizing die met bushing sonder expander mandrel. Dan as al die prep werk klaar is gebruik 'n expander mandrel, soos APW s'n en expand nekke tot op die 1thou of 2thou neck tension. Seat gevoel is baie meer konstant en doppe het nie meer merke of kan dalk skeef trek nie.

Elke ou doen wat hy goed dink maar dit het baie dinge verander vir my. Ek moet byvoeg dat ek nekke met outside cutter sny tot hulle so 80% van nek oppervlakte gesny is vir standaard kamer.
Dit wat @JF123 noem, chamfer is ‘n moet, indien jy nie reeds het nie.

Christo se voorstel, al menigde kere op ons forum ook genoem, is die roete om te gaan. Gewone volmatrys sonder sy binnedele plus exp. mandrel sluit ook hierby aan. Terloops, een van die voordele van ‘n Lee Collet Neck Die, is hoe dit die onegalige nekdiktes uitwys met die afdruk van die hefboom.

Ek sal Christo se voorstel oorweeg lank voordat ek die skil van nekke se binnekant oorweeg. Indien jy donuts het, dit is ander saak.

Laat weet wat vir jou gewerk het.

Beste.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sat Aug 30, 2025 5:34 pm
by Lategan1
Jackalsniper wrote: Sun Jul 27, 2025 4:19 pm Wat ek probeer regkry is om die koels almal eweredige kontak/druk te gee as hulle geseat is en die plan is om die koels se agterkant in drylube te druk voor hulle geseat word. Dan sal hul seker nie bind nie Oom Marius?
My doppe is almal geprime, so waarmee lube ek nou wat sal maak dat koēls nie sal weld aan brass van lank staan nie? Dry neck lube is glo nie so goed soos wat ek gedink het nie.”

Jy meld niks van hoe lyk dit op die teiken en afstand nie?
Ek wonder of jy weet wat doen Erik Cortina en ander langafstand skuts? Hy laai effe lang TPL en op die vooraand/dag van skiet, druk hulle die koeëls tot op die korrekte verlangde TPL lengte. Dit breek enige moontlike sweis of “springback tension” weerstand.

Beste.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sat Aug 30, 2025 7:24 pm
by LUAN
As die grafiet poeier nie vir jou werk kan jy ook n blikkie grafiet spray koop en op die koel self spuit. Dan moet jy eers wag vir dit om droog te word en dan die koels seat. Anders Lee se case lube wat droog word binne die dop nek voel ook of die koel lekker egalig seat.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Sun Aug 31, 2025 8:36 pm
by 30-06
Ek het nou vir die eerste keer my doppe met n sonic cleaner skoongemaak. Voor dit net nylon borsel deur nek. Gaan ek ook nou die probleem he met coldweld en is dit n groot probleem

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Mon Sep 01, 2025 7:54 am
by Capt. Yoda
Coldweld gebeur nie oor nag nie dit gebeur wanner die goed lank staan, mense soos Erik Cortina wat kompetiesies oor die wereld skiet kan nie op die vliegtuig klim met 1000 gelaaide patrone in sy handbagasie nie so die ammo moet maande voor die tyd oor die wereld gekoerier word en dis dan wanner hulle die koels lank sal seat en net die finale seating in hul hotelkamer doen voor die skiet die volgende ogend om seker te maak daar het niks "geweld" nie.

Ek sal verseker die nekke met n tiepe grafiet poeier behandel voor ek my koels seat as ek hulle in n sonic cleaner skoon gemaak het

Wouter het eendag n goeie comment gemaak op die forum, mense weet te veel en skiet te min.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Mon Sep 01, 2025 8:59 am
by 30-06
Dankie jy het my vraag geantwoord.
Jy sal die nekke lube nadat hulle uit sonic uitkom.

Re: Dop nekke binne polish

Posted: Mon Sep 01, 2025 9:14 pm
by Jackalsniper
Dankie Manne, ja ek chamfer binne en buite. Na ek dop nekke binne gerub het en getumble het toe sit daar weer fyn klink merkies waar koel moet glad indruk, toe kos dit my almal weer saggies binne chamfer voor ek laai. Ek het die punte se agterkante in dry neck lube gedip voor ek 14 patrone gelaai het.
Daar was nie tyd vir groepe en spoed skiet nie, maar die ongediertes het geval . Ek het wel n ander probleem. Toe ek gister my patroon kassie oopmaak en na my paar doppe kyk sien ek 3 van die 6 doppe is deur gekraak. Ja case head separation. Ek het net te veel keer doppe ge FL size en nou begin hulle groet. Ek meet toe ook die eerste slag dat daar 10 duisenstes van n duim verskil tussen n fire formed dop wat van nek na basis gemeet is teenoor n FL sized dop. So my brass is heeltemal oorwerk na omtrent 4 of 5 keer se laai. My forster shoulder bump die lê nog nuut in sy box omdat ek nog nie van te vore die nekke kon draai nie, nou te laat. Ek sou n .256 expander moes kry aangesien die .255 net te klein is, maar ek sal maar eers die huidige doppe retire en maar uitkyk vir nuwes.