Page 1 of 1
ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Mon Jun 30, 2025 9:57 am
by Bosvark34
Goeie More Mnre,
Ek soek bietjie advies. Watse boks ammo in 180g werk beste in julle HOWAs, 22” standard barrel?
Ons het onlangs n nuwe een vir n familie lid gekoop en ons wil haar graag help om die regte ammo so vinnig as moontlik te kry.
Ek waardeer julle insette.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Mon Jun 30, 2025 10:35 am
by tripodmvr
Gewere kan baie temperamenteel wees. Federal Fusion het goed uit my Ruger No 1 met 22 duim loop gedoen. Norma het goeie kwaliteit ammunisie, maar jy gaan uithaal en wys. PPU kan mens soms verbaas.
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Mon Jun 30, 2025 10:37 am
by Ratel
Pel van my het met sy 308 Howa baie goeie resultate met Federal Fusion gekry.
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Mon Jun 30, 2025 10:39 am
by Bosvark34
Dankie oom, PPU werk uitstekend in my 303 maar skiet baie rond en bond in my 6.5x55.
Ek het meeste van my bokke met my oom se 30-06 geskiet en hy het daai tyd geglo in PPU/Higlanders.
So ons sal dit defnitief ‘n probeer gee.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Mon Jun 30, 2025 10:46 am
by Ratel
Pel van my het met sy 308 Howa baie goeie resultate met Federal Fusion gekry.
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Mon Jun 30, 2025 11:01 am
by RyC
Vir my 308 gebruik ek ook Federal Fusion. Beide 180 en 165 werk goed.
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Mon Jun 30, 2025 2:36 pm
by Giepie
Ek het 'n Howa 30-06. Ek het goeie resultate gekry met Norma Oryx 165gr patrone. Ek het herlaai met die Oryx 182gr koeëls en dit ook mooi gewerk, 'n bwb het net 30m gehardloop. Ek sien S&O het van dit ook in 180gr.
Ek het nog 12 van die Orys 165gr wat en nie beplan om mee te gaan jag nie, waaroor ons kan gesels. Ek is in Centurion.
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Mon Jun 30, 2025 4:38 pm
by Klein Chris
Federal Power Shok 180gr het destyds mooi gewerk in my Howa 30-06
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Tue Jul 01, 2025 10:20 am
by Bosvark34
Dankie Mnre,
Alles waardevolle inligting. Wat is julle gevoel oor Federal se powershock teenoor hulle fusion ammo? Veral in ag geneem dat die geweer meestal/sleg vir jag gebruik sal word.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Tue Jul 01, 2025 10:27 am
by J le Roux
Die powerahock is traditionele sagte punt lood en mantel punte, die fusions is bonded, beter penetrasie en gewigstretensie.
Beide gaan die bokke huistie bring, maar met skote waar groot bokke se swaar bene getref word sal die Fusions beter doen.
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Tue Jul 01, 2025 10:33 am
by Giepie
Iets wat ek met my Howa 30-06 agter gekom het is dat dit nie van lang skerppunt koeëls hou nie. Ek het dit met die Peregrines agter gekom. Met die skerppunt VLR's was die beste groep 2,5". Met die VRG's kry ek sub MOA. Ek het verder ge-eksperimenteer en dieselfde met ander maak koeëls gekry. Wat my vertel is, is dat die nek van die geweer waarskynlik bietjie groter is, al is dit binne SAAMI specs. Die VRG's is vir my akkuraat genoeg tot op 300m, wat my limiet is waarmee ek gemaklik is. Met my 270Win is ek gemaklik tot op so 400m met Peregrine VLR's. Terloops, die rede hoekom ek Peregrine's gebruik is dat dit meer konstant is om te kry, en die resultate wat ek al gesien het was beter as wat ek verwag.
Re: ADVIES | Beste HOWA 1500 30-06 Boks Ammo
Posted: Tue Jul 01, 2025 10:36 am
by ZKK
Kan mens erens nog die fusion koeels kry om te herlaai. Ek het al baie gesoek maar kan nie kry nie