Page 1 of 1

Apache pro roeper

Posted: Fri Mar 02, 2012 6:23 pm
by MEERKAT
Hallo

' n Vriend van my het een van die roepers ingevoer, en lyk heel skaflik op die oog af. Indien iemand van hulle gebruik watter van die 439 klanke op die roeper kan gebruik word vir ons jakkals en rooikatte? Word verkoop in 'n baie netjiese tas met 'n tipe van Jack in the box ingesluit , sien dat elke klank se naam op die remote staan wat baie handig is , iets soortgelyk aan die Spitfire.

Die gelande prys is ook heel bekostigbaar.

Groetnis
MEERKAT

Re: Apache pro roeper

Posted: Fri Mar 02, 2012 7:46 pm
by Zack Benade
Meerkat van watter prys praat jy?

Re: Apache pro roeper

Posted: Sat Mar 03, 2012 7:18 pm
by MEERKAT
Hallo

Die roepers verkoop vir 300 dollar met 'n Jack in the Box ingesluit.

Kan 'n foto opsit indien daar belangstelling is.

Groetnis
MEERKAT

Re: Apache pro roeper

Posted: Sun Mar 04, 2012 7:07 am
by Jassie
Meerkat

Sit dit op man, jy het ons nou klaar met die spanning?

"Moet s? jou bemarking werk op my?"

Groete
JAS

Re: Apache pro roeper

Posted: Mon Mar 05, 2012 10:39 am
by MEERKAT
Hallo

"n Paar foto's van die roeper.
[img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... t101/3.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... 01/1-4.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... 01/2-2.jpg[/img]
Op die remote is die volgende:
Volume
Battery sterkte
Hoeveelheid speakers wat speel

Ons gaan vanaand die range en klank suiwerheid  van die roeper toets
Groetnis
MEERKAT

Re: Apache pro roeper

Posted: Mon Mar 05, 2012 10:51 am
by BLOK
Ek hou nogal van die harde tassie waarin hy kom.

Re: Apache pro roeper

Posted: Tue Mar 06, 2012 12:59 pm
by Deon Joubert
Is daar nog beskikbaar en wat kos dit in R ?

Re: Apache pro roeper

Posted: Tue Mar 06, 2012 1:11 pm
by Dippies
Lyk nogals indrukwekend moet se  :)

Re: Apache pro roeper

Posted: Tue Mar 06, 2012 1:17 pm
by Geno
Reviews wat ek gelees het oor die roeper, is dat hy daai batterye van hom sommer vinnig verslind.....
Oom Wallie,
Wat is Oom se ondervinding mbt batterylewe van die roeper? Dalk is dit die sneeu en koue in Aapmerika wat die batterye vinnig laat afloop.

Groete,
Eugene

Re: Apache pro roeper

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:49 pm
by MEERKAT
Deon en Geno

Deon ek bemark nie die roepers enigsins nie, 'n vriend het bloot een ingebring wat ons besis is om te toets.
Eugene ons gaan verseker toets hoe swaar die roeper is op batterye  binne die volgende paar dae.

Mooi loop
MEERKAT

Re: Apache pro roeper

Posted: Sun Mar 11, 2012 8:40 pm
by MEERKAT
Hallo

Ons het so 60 klanke op die roeper gelaai  (copy en paste vanaf computer mp3 of mav) nog plek vir+- 370 klanke.
'n Draad vanaf remote na caller en klank name gaan direk na remote met aanskakel.

150 tot 180 meter met caller tussen bossies wissel klanke en volume maklik sal seker verder kan uitsit indien caller op stand is.
Op die remote is klanknaam en nommer met tyd wat die klank speel met batterye se sterkte.. Een of twee speakers word beheer vanaf remote en caller kan ook afgeskakel word met remote vir daardie 10 tot 30 minute wat nie geroep word nie.
Batterye se leeftyd kan seker redelik verleng word op die manier.
Volume vergelyk goed met die roepers wat ons huidiglik gebruik.
Gaan die caller laat aanstaan met volgelaaide batterye en sal dan terugvoer gee hoe lank hulle hou.
Groetnis
MEERKAT

Re: Apache pro roeper

Posted: Mon Jul 02, 2012 6:20 pm
by B C
Ek sien JJ Wapens het die roeper adverteer in verlede maand se  SA Jagters tydskrif vir R3999. Ek myself oorweeg om een te koop.

Re: Apache pro roeper

Posted: Mon Jul 02, 2012 6:25 pm
by Gerhard
MEERKAT wrote: Hallo

Ons het so 60 klanke op die roeper gelaai  (copy en paste vanaf computer mp3 of mav) nog plek vir+- 370 klanke.
'n Draad vanaf remote na caller en klank name gaan direk na remote met aanskakel.

150 tot 180 meter met caller tussen bossies wissel klanke en volume maklik sal seker verder kan uitsit indien caller op stand is.
Op die remote is klanknaam en nommer met tyd wat die klank speel met batterye se sterkte.. Een of twee speakers word beheer vanaf remote en caller kan ook afgeskakel word met remote vir daardie 10 tot 30 minute wat nie geroep word nie.
Batterye se leeftyd kan seker redelik verleng word op die manier.
Volume vergelyk goed met die roepers wat ons huidiglik gebruik.
Gaan die caller laat aanstaan met volgelaaide batterye en sal dan terugvoer gee hoe lank hulle hou.
Groetnis
MEERKAT
Hoe gaan dit met die toetse van die roeper?

Re: Apache pro roeper

Posted: Tue Jul 03, 2012 8:43 am
by BLOK
Ek sien al die trappers winkels hou hulle ook nou aan

Re: Apache pro roeper

Posted: Tue Jul 03, 2012 8:58 am
by Smirre
Blok
Weet jy dalk wat die prys is?

Smirre

Re: Apache pro roeper

Posted: Tue Jul 03, 2012 9:23 am
by BLOK
Smir

Wat ek gesien het as ek reg onthou so 3 weke terug was R3900, maar dit was sonder die die jack in box as ek reg kon onthou mag wel verkeerd wees.

Re: Apache pro roeper

Posted: Sun Aug 19, 2012 6:34 am
by green leader
Hallo Blok by watter trappers trading winkel het jy hulle gesien, ek kry dit nie op hulle website.

dankie Jason