Page 1 of 1
303 british lee enfield herlaai data
Posted: Tue May 27, 2025 3:15 pm
by JwSwanepoel
Goeie dag!
Ek is nuut met herlaai, my Skoonpa het besluit hy sien kans om vir my die basiese beginsels te leer.
Ek wil weet waarmee julle manne herlaai en wat julle wen resepte is?
Ek het goeie resultate gekry met 40.2gr S335 Somchem op 150gr hornady interlock punte.
Ek het nou Norma 202 gekry met 174gr interlock punte, maar ek sukkel vreeslik om goeie resultate te kry.
Het julle dalk ervaring met hierdie kombinasie?
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Tue May 27, 2025 3:43 pm
by Toxxyc
Sierra 180gr Pro Hunter voor 39.5gr S335 is al wat wil groep in my .303.
As jy goeie resultate gekry het met die Hornadys, waarom verander jy? Jy kry seker redelike snelhede met die 150gr en dit maak van die 303 'n baie bekwame wapen. Die punte is bietjie sag, maar niks ernstigs nie, en hulle sal die werk doen.
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Tue May 27, 2025 4:48 pm
by Klein Chris
Vat die lading wat die beste gegroep het en speel met die totale patroon lengte van die 174gr deur dit .5mm langer of korter te maak
Dit was vir my makliker om met die langste klomp te begin en dan .5mm dieper in te druk. Laai so 3 of 4 van elke lengte
Begin met langste patroon lengte wat kamer in jou geweer of magasyn wat nie die groewe raak nie
Wanneer jy gaan toets op die baan begin met die korstes. Indien jy n mooi of aanvaarbare groep kry stop en gaan huis toe
By die huis druk die langer toets rondtes in tot by die lengte wat mooi gegroep het
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Tue May 27, 2025 4:54 pm
by JwSwanepoel
Ek het van poeier verander omdat ek sukkel met beskikbaarheid op somchem en ek is bekommerd oor die quality control daarvan.
Ek het 3 blikke s335 gehad waarvan een aaklig presteer het.
Selfde lading, Selfde batch doppe, Selfde punte, Selfde seating depth ens.
Op die eerste twee blikke het ek tussen 2650fps en 2680fps gekry. Op die laaste blik het ek rondom 2400fps gekry.
Ek het gewonder oor watter impak die dop tot lading volume verhouding het op die ontbranding?
Ek het gelees dat mens ñ volume verhouding van +-85% tot 90% wil hê vir optimale ontbranding.
Met ñ lading van 40gr is dit nader aan 97%
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Tue May 27, 2025 5:12 pm
by JwSwanepoel
Klein Chris wrote: Tue May 27, 2025 4:48 pm
Vat die lading wat die beste gegroep het en speel met die totale patroon lengte van die 174gr deur dit .5mm langer of korter te maak
Dit was vir my makliker om met die langste klomp te begin en dan .5mm dieper in te druk. Laai so 3 of 4 van elke lengte
Begin met langste patroon lengte wat kamer in jou geweer of magasyn wat nie die groewe raak nie
Wanneer jy gaan toets op die baan begin met die korstes. Indien jy n mooi of aanvaarbare groep kry stop en gaan huis toe
By die huis druk die langer toets rondtes in tot by die lengte wat mooi gegroep het
Baie dankie vir die advies.
Ek maak so.
Ek karring nou eers rond met die lading tot ek ñ node kry op my spoed. Ek laai 3 rondtes vir elke lading.
Ek het begin op 38.8gr met die norma 202 en dan beweeg ek op met 0.4gr.
Wanneer ons by die baan kom, trek ek die bore-snake deur die loop 4 keer en dan skiet ek twee "speel rondtes" op die baan, dan meet ek die loop se temperatuur met my handige "covid era" temperatuur meter.
Ek skiet dan my eerste toets rondte en wag tot die temperatuur terugkom na wat dit was na die twee "speel rondtes" dan herhaal ek dit vir die res van die patrone van daardie lading.
Voor ek dan aanbeweeg na die volgende lading laat ek die loop heeltemal afkoel en dan herhaal ek die hele proses.
Bore-snake, "speel rondtes", temperatuur.
Baie goeie manier om vir wetenskaplike redes ñ vol dag uit die huid uit te bly saam my Skoonpa

Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Wed May 28, 2025 7:06 am
by Klein Chris
Lekker
Hoop jy kom reg met die ou 303
Groete
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Wed May 28, 2025 7:19 am
by jdpretorius
Klein Chris wrote:Vat die lading wat die beste gegroep het en speel met die totale patroon lengte van die 174gr deur dit .5mm langer of korter te maak
Dit was vir my makliker om met die langste klomp te begin en dan .5mm dieper in te druk. Laai so 3 of 4 van elke lengte
Begin met langste patroon lengte wat kamer in jou geweer of magasyn wat nie die groewe raak nie
Wanneer jy gaan toets op die baan begin met die korstes. Indien jy n mooi of aanvaarbare groep kry stop en gaan huis toe
By die huis druk die langer toets rondtes in tot by die lengte wat mooi gegroep het
Ek sekondeer wat Chris sê.
Dit is dalk die moeite werd om die TPL toets te doen voor n ou klein verstellings begin maak aan jou lading vir n node spoed. Die verstelling aan jou TPL lengte beinvloed effe die druk en spoed.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Wed May 28, 2025 10:10 am
by Stukkies
Ek het net so gesukkel met verskillende tipes kruit maar het gesetle op Vit N540, dit is orals beskikbaar en gee baie goeie resultate in 303. Jy kan dit ook vir verskeie ander kalibers gebruik. Ek skiet met 174gr Hornady Rn patrone.
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Sun Jun 01, 2025 9:11 pm
by Ds J
Goeienaand JW, n enkele gedagte: kyk asb na die kaliber (akkurate deursnee) van jou 303 se loop. Die Mk 4-gewere se lope is fyner gemaak, maar die ouer SMLE's het soms oorgroot lope en kamers. Dit kan jou n klomp kopseer spaar.
Die metode is soos volg: olie die loop baie goed, en dan slaan jy n stafie lood (8-9mm deursnee) deur die loop - ek het n 9mm RN pistoolkoeël gevat. Dit gee jou n redelike goeie aanduiding, en dan weet jy of jy dalk koeëls moet laat maak.
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Sun Jun 08, 2025 11:03 am
by Piet375
Ek gan met jou eerlik wees. Ek verkies dit om winkel ammo in myne te skiet. Laai vir lee enfield is vir my 'n kopseer. Ek laai wel 215gr koels- die naam vergeet mar dit is Suid Afrikaans, nie Rhino of woodleigh nie. Ek gebruik s355, nie 335 nie. Sal nie my data uitgee nie mar ek kry 2100fps uit 21 duim loop. Dop leeftyd is helse proebleem AL GEBRUIK JY 'N NECK DIE ALEENLIK. Ek gebruik winchester brass wat vir my meer kapasiteiet gee mar ek vermoed jy gan beter leeftyd kry met iets soos PMP. Ek skiet winchester ammo want dit is waarvan my geweer hou so dit is die brass wat ek het. So 341 en 335 was mar nog altyd die go to kruite vir 303 mar ek het dit nog nooit proebeer nie, soos ek se het ek gelaai vir 'n speasfieke doel en 355 was die geskikte kruit daarvoor. Begin mar by jou loop diametrer bepaal soos wat Ds. J jou adviseer, dit en kop spaasie na gan op die lee enfield. Baie van die .312 koels kon net sowel .308 koels gewees het. Dit is 'n resep vir sukkel as jy met 'n groot loop sit en klein koels. Ek weet nie watse koel winchester gebruik nie mar ek weet dit werk mooi in my geweer, ek vermoed dit is sierra se pro hunter. Sterkte en dra mar 'n bril as jy met begin laai vir die geweer.
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Sun Jun 08, 2025 8:29 pm
by JF123
Winchester doppies is seker die slegste doppies wat ek nog ooit in 'n Lee Enfield gebruik het.
Doppies wat langer hou is Remington, PPU, PMP; basies alles wat nie Winchester is nie.
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Mon Jun 09, 2025 9:11 am
by Armand Steenkamp
JF123 wrote: Sun Jun 08, 2025 8:29 pm
Winchester doppies is seker die slegste doppies wat ek nog ooit in 'n Lee Enfield gebruik het.
Doppies wat langer hou is Remington, PPU, PMP; basies alles wat nie Winchester is nie.
Hang alles maar af of jy die dop reg fire form met die eerste skoot en hoe jy hom daarna size en na kyk. Ek het n stel Win doppe gahad wat meer as 10skote op n dop gehad het.
Re: 303 british lee enfield herlaai data
Posted: Mon Jun 09, 2025 12:46 pm
by Piet375
Ek het baie fireings gekry om my 243 AI se winchester doppe. Bitter goeie akuraatheid ook mits ek hulle weeg. Alles het mooi gegan tot ek besluit het om sy neck te skill.
Ek verkies deesdae brass wat dukker wand het wat my meer vleis gee om mee tewerk.
My geweer is mar kieskeurig as dit by fabrieks ammo kom en soos ek se laai vir 303 is eientlik vir my nie moeite werd. Sit mens nogals in catch 22 situasie want daai winchester 180gr power points is vrek duur.
Federal brass is vir my net so dun, jul moontlik selfs dunner as winchester. Remington het ek geen ervaaring mee nie. As ek moes brass koop vir 303 sal ek pmp koop. Ek proebeer mar bly by lapua en norma sover ek kan. Ek slaan nou oor sako toe in my 243.