Page 1 of 1

Roodepoort n Zeerust

Posted: Wed May 14, 2025 3:25 pm
by 3006
Middag

Ek verneem die pad tussen Magalies en Swartruggens is amper onbegaanbaar. Kan iemand dit dalk bevestig aangesien ek vroeg oggend
moet deur ry in die donker.

Groete
Cobus

Re: Roodepoort n Zeerust

Posted: Wed May 14, 2025 3:52 pm
by Riaan Kriel
Ek het 'n tyd gelede van Lichtenburg af Roodepoort toe gery en die pad tussen Derby en Magaliesburg is VROT en vol gate... het eerder Ventersdorp om teruggery. Die pad Swartruggens toe wat wegdraai halfpad tussen Lichtenburg en Koster is ook in 'n baie swak toestand. Ek is nie seker van die pad tussen Koster en Swartruggens nie, maar kan nie dink dat dit veel beter is nie, veral nie na die laaste baie reën nie. Moontlik het hulle die paaie herstel maar ek twyfel....

Ek sou eerder aanraai dat jy Rustenburg toe ry en dan van daar op die Tolpad ry Zeerust toe. Manne wat meer gereeld beweeg rondom Koster en Rustenburg omgewing ,behoort ook 'n beter kennis van die pad te hê en sal dalk 'n meer ingeligte opinie kan gee

Re: Roodepoort n Zeerust

Posted: Wed May 14, 2025 4:42 pm
by toelie
Ek ry ook verby die dam en klim op die Rustenburg pad.

Derby om is moertoe

Re: Roodepoort n Zeerust

Posted: Wed May 14, 2025 6:52 pm
by Ratel
Jy is reg. Ek sou magalies tot rustenburg ry en by mall op N4 klim tot swartruggens. Moenie magalies derby en koster omry nie veral nie in donker nie. Baie trokke wat jou verblind en dan sen mens nie diep en skerp potholes nie.

Re: Roodepoort n Zeerust

Posted: Thu May 15, 2025 7:11 am
by 3006
Baie dankie vir die terugvoer