Page 1 of 1

RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Mon May 12, 2025 5:00 pm
by snakker
Middag manne

Enige ondervinding met die punte vir kopskote asb?

Dankie by voorbaat

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk


Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Mon May 12, 2025 5:15 pm
by Martiens Bekker
Lapua Scenar werk 100%. Van springbok tot eland geskiet al met 123gr Scenar.

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Mon May 12, 2025 5:16 pm
by Capt. Yoda
Rdf skiet n n kop mooi uit mekaar uit

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Mon May 12, 2025 8:57 pm
by junglejulian
My ondervinding met scenars is dat hul baie onbetroubaar reageer,meestal soos solids.ek het al baie kop en bladskote probeer en moes weer 2e skoot gee.Op die kopskote was dit veral met die kant kopskoot.met dieselfde skoot en n Vmax het die kop gebars

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Mon May 12, 2025 10:22 pm
by Smith223
Het presies dieselfse ondervind met kant kopskote op springbokke.
Frontale kopskote het goed gewerk.

Bladskote het ek ook gemende resultate gekry, party pencil deur ander haal die agsterste blad af.

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Tue May 13, 2025 5:52 am
by snakker
Dankie manne, ek sal hulle probeer maar net as dit naby genoeg is vir kop. Bang vir die pencil effek. Ons gaan more jag!

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk


Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Tue May 13, 2025 10:49 am
by Ockert1992
Stem ook saam dat hulle nie konsekwent presteer nie.

My beste voorbeeld is ek het 'n haas geskiet op 150m. Stof anderkant uitgeslaan. Dog toe dis bo oor. Haas het seker 50m gehardloop en toe morsdood omgeslaan. Skoot perfek agter die blad.

Dit was Scenars.

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Wed May 14, 2025 7:45 am
by 6.5/284Norma
Ek skiet al jare lank met my 6.5 Creedmoor en .260 kopskote met 108 en 123 Lapua scenars. Nog nie een keer 'n probleem gehad nie. Van Vlakvarke tot Eland.

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Wed May 14, 2025 1:33 pm
by Frikkie Coetzee
junglejulian wrote: Mon May 12, 2025 8:57 pm My ondervinding met scenars is dat hul baie onbetroubaar reageer,meestal soos solids.ek het al baie kop en bladskote probeer en moes weer 2e skoot gee.Op die kopskote was dit veral met die kant kopskoot.met dieselfde skoot en n Vmax het die kop gebars
presies my ondervinding gewees met die 6mm 105 gr Scenars.

RDF.... weggegee. Kon nie kry om te skiet in my geweer nie.

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Thu May 15, 2025 9:35 pm
by swc-tr
Daai RDFs groep weer mooi uit my 6XC.
100m groep, S365. Herhaalbaar op verskeie kere.Image

Sent from my SM-A125F using Tapatalk


Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Fri May 16, 2025 9:37 am
by Frikkie Coetzee
Schalk. Ek het alles probeer met die RDF’s. My geweer skiet 105 gr Scenar en 108gr Eldm maar glad nie die RDF nie.

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Fri May 16, 2025 6:26 pm
by snakker
Nou die week gejag, die 136gr scenars was dodelik op die kop, nooit 'n tweede skoot vereis nie. Almal was egter frontale skote

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk



Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Sun May 18, 2025 7:42 am
by Apie
Ek het een keer iets gelees iewers oor die ‘throat angle’

Sal ‘n sekere hoeke nie meer toegeeflik wees teenoor VLD tipe en ander weer teenoor jou meer tradisionele ogiewe nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: RDF en Lapua Scenar kopskote?

Posted: Sun May 18, 2025 7:54 am
by Armand Steenkamp
Jy het net ongelukkig geen margin off error met die scenars nie. Meeste van die tyd reageer dit soos n fmj