Page 1 of 1
ballistiese coefficient
Posted: Thu Mar 01, 2012 1:19 pm
by BLOK
Wonder nou net terwyl ek nou na koels van verskillende make gekyk het sien ek dat almal bv. Nosler & Hornady n vase BC gee maar as jy op Sierra se site gaan kyk gee hulle verskillendes vir elke spoed. Watter een vat jy nou om op te meet teen die res of hoe werk dit in so geval.
Ek heg gou twee voorbeelde.
http://www.sierrabullets.com/index.cfm? ... llettype=0
http://www.hornady.com/store/20-Cal-.20 ... V-MAX-250/
Re: ballistiese coefficient
Posted: Thu Mar 01, 2012 1:40 pm
by Zack Benade
Hi
BC was een van my vrae aan PMP.
Hier is hulle antwoord op BC.
Geagte Mnr. Benade,
PMP is baie huiwerig om enige BC syfers te verskaf want baie mense verstaan nie presies wat dit beteken nie Hulle gebruik die syfer verkeerdelik in ballistiese berekeninge en is dan baie ongelukkig as praktiese skietresultate nie met hul berekening ooreenstem nie.
Ek gaan probeer om die probleem met die BC syfer so kort as moontlik vir u te skets.
Voordat rekenaars bestaan het wat komplekse differensiaalvergelykings numeries kon oplos het van die groot milit?re instellings sogenaamde ?standaard? koe?ls met intensiewe balistiese toetse gekarakteriseer en dus die eksakte vlugprofiel van so ?n koe?l bepaal met behulp van onder andere ?spark shadowgraphs?. Hierdie toetse is baie intensief en tydrowend en die idee was dat as jy die gedrag van so ?n standaard koe?l het, jy die gedrag van ?n ander koe?l wat diesefde vorm het maar net kleiner of groter is sal kan aflei. Jy neem dus die ballistiese eienskappe van die standaardkoe?l en vemenigvuldig dit met ?n faktor om te kompenseer vir die grootte van die koe?l wat se eienskappe jy wil bepaal. Hierdie faktor is die ballistiese koefisi?nt of ?BC?. As ?n mens ballistiese berekenings van ?n koe?l wou doen het jy dus opgestelde tabelle van ?n ?standaardkoe?l? geraadpleeg en die waardes aangepas met ?n faktor (BC) wat jou koe?l verskil met die standaard koe?l. Hierdie tabelle was nie algemeen beskikbaar voor die tweede w?reldoorlog nie. In die vyftigs het die Amerikaners van die tabelle in die publieke domein gepubliseer en het siviele skuts die data begin gebruik.
Die tabel wat in die algemeen in sport skiet gebruik word is die G0 of Ingalls tabelle. Die probleem is egter dat moderne koe?ls nie meer dieselfde vorm het as di? in die oorspronlike tabelle nie en ?n lini?re aanpassing (BC syfer) nie meer korrek is nie. Ander koe?lvervaardigers omseil die problem deur ?n gemiddelde BC te bepaal. My probleem met so ?n syfer is dat dit net op twee snelhede tydens die koe?l se trajek korrek sal wees en dus op alle ander snelhede foutief is. Daar bestaan wel tabelle wat ?n beter benadering vir moderne koe?lvorms is. (G7 tabel) Dit is egter skaars en nie maklik verkrygbaar nie.
Met moderne rekenaars kan ons die eksakte windweerstand van?n koe?l op verskillende snelhede bereken sonder om die BC te bepaal. Dit is net nie die moeite werd om al die intense skietwerk, metings en berekenings te doen om ?n BC te bepaal wat in elk geval in die meeste gevalle nutteloos is nie.
Dit is ook gevaarlik om gepubliseerde BC syfers te gebruik om koe?ls te vergelyk want ?n mens weet nie op watter tabel dit gebasseer is en op watter snelhede dit gemeet is nie.
Dit is moeilik om bostaande in ?n kort E-pos te verduidelik. Sou u egter op ?n stadium die fabriek besoek kan ons meer daaroor gesels.
Vriendelike groete,
Johan de Beer
Executive Manager Production
Re: ballistiese coefficient
Posted: Thu Mar 01, 2012 2:13 pm
by BLOK
Maw wat julle vir my se al die BC's wat gegee word se spoed waarteen dit gegee word verskil, nou hoe sal mens dan nou as jy wou kyk watter koel se BC die beste is vasstel as jy n valse aanduiding kry by die vervaardiger.
Ek vind dit net nogal interresant en dit is maar die eerste keer dat ek dit nou opgelet het toe ek soek na verskullende 204 koels.
Gepraat van oom Gerhard ek wonder waneer hy nou vir ons van daai GSC's in die 204 gaan begin maak
Re: ballistiese coefficient
Posted: Thu Mar 01, 2012 2:30 pm
by Dippies
Ek het nou al met albei punte geskiet die sierras 160gr en hornady interlocks 162gr.
Ek skiet albei punte dieselfde spoed maar ek moet se die Sierra behou sy vorm baie beter as hornady.
Die hornady kry jy in honerde klein stukkies.
Almal van die punte makers toets elkeen op sy eie manier maar al hoe n man sal weet of die syfers regtig reg is om die stukkie lood veld toe te vat en hom te test drive
Dippies
Re: ballistiese coefficient
Posted: Thu Mar 01, 2012 4:24 pm
by Zack Benade
Ludwig ek stem saam met jou---ek skiet Berger, Lapua en Sierra
Re: ballistiese coefficient
Posted: Thu Mar 01, 2012 4:31 pm
by BLOK
Ludwig
Ek het nie regtag die BC vergelyk nie meer vir koels wat effe sterker as varmint is maar toevallig op dit afgekom en dit het my toe laat wonder. Maak nou sin wat julle se.
Re: ballistiese coefficient
Posted: Thu Mar 01, 2012 7:59 pm
by Zack Benade
Ek is een ou wat net na die BC en bearing service kyk as ek besluit oor watter tipe punt ek skiet. Veral op die match punte.
My vraag aan PMP was---As ander vervaardigers die BC waardes gebruik tot hulle voordeel hoekom doen PMP dit ook nie? Die hele skietwereld kyk na BC.
Ek kry die gevoel dat PMP net 'n punt vervaardig en hom bemark. Min navorsing word gedoen op vleisskade, Vervorming en Gewigs behou van 'n punt. Op die Palma Match punt het 'n Jansen van Rensburg die Sierra punt gecopy by Sierra. (Sover ek weet is JAnsen van Rensburg oorlede)
Geen ander match punt is die laaste 10 jaar ontwikkel in enige kaliber nie---Maarom nie???

PMP se mark is beslis nie Suid Afrika nie!!! Hulle probeer 'n paar skuts omkoop om hulle produk te gebruik by die Pro Amm Skiete maar hulle wil nie besef dat Suid Afrikaanse skuts self herlaai nie. Dis nogal 'n jammerte

Re: ballistiese coefficient
Posted: Thu Mar 01, 2012 10:19 pm
by Arnold
Ek dink mens sal dalk ook geskok wees oor pmp koeels se swak bc waardes ...
Re: ballistiese coefficient
Posted: Fri Mar 02, 2012 11:08 am
by Zack Benade
Re: ballistiese coefficient
Posted: Fri Mar 02, 2012 6:06 pm
by Francois Marais
Blokkie
Gepraat van oom Gerhard ek wonder waneer hy nou vir ons van daai GSC's in die 204 gaan begin maak
April maand wag ek nou al twee jaar.............
Mooi loop
Francois
Re: ballistiese coefficient
Posted: Fri Mar 02, 2012 6:26 pm
by blaser
Ja ek sal ook bly wees as hy 204 ,s maak ek hoor impala maak reeds 204 koeels wonder hoe is hulle
Re: ballistiese coefficient
Posted: Fri Mar 02, 2012 8:36 pm
by Biltongjagter
Gaan kyk
hier - daar is al selfs 172 kalibers beskikbaar.
Dis nou vir die ouens wat op papier wil speel met die gifpyltjies.
Groete,
Koos.
Re: ballistiese coefficient
Posted: Sat Mar 03, 2012 10:57 am
by BLOK
Koos
Ek is bewus van die papier koels, maar die GSC's sal darem lekker werk vir n springbikkie of ribbokkie in die hart long area. Vleis skade sal darem min wees en verrigting uitstekend reken ek. Elkgeval baie beter as die vermints wat nou beskikbaar is en eintlik net vir kop gebruik kan word tensy jy vleis vir die honde ook soek.
Van wat ek op die Amerikaanse 204Ruger Forum lees is dit n probleem wat maar orals van hier, VSA en Europa op die kaliber is. Almal kla dat daar net varmint koels beskikbaar is maar tog gebruik baie dit op boksoorte, maar is nou verplig om kop en nek skote te gebruik agv vleis skade.
Ek dink werklik daar is n leemte vir so tipe koel in die mark en ek dink nie Impala is die antwoord nie. Impalas is n baie breedvoerig hier bespreek en ek dink dit was algemeen deur die meerderheid lede anvaar dat Impala's nie son maanskyn en rose is nie. Dit is wel nie n slegte koel nie maar nie vir my nie dankie.
Re: ballistiese coefficient
Posted: Sun Mar 04, 2012 6:41 pm
by Gerard
Aarde maar julle kan sanik oor 204 jagkoe?ls.

Julle sal maak dat ek my huidige projekte klaarmaak en die 204 gereedskap voltooi net om julle tevrede te kry.
BC se probleem is dat daar nie 'n standaard riglyn vir vervaardigers is nie. Daar is baie maniere om by 'n BC syfer uit te kom en baie metodes is reg. Die syfer word dan getemper met die wete van hoe dit bepaal is. Vervaardigers gebruik dit wat vir hulle bemarkings-afdelings die beste werk maar hulle swyg gewoonlik oor hoe die syfer bekom word.
Daar is vervaardigers wat BC nie baie belangrik ag nie. Hulle gee net een syfer en gee soms vir verskillende vorms van koeels dieselfde nommer.
Eenvoudiger ballistiese programme gebruik gewoonlik een BC syfer terwyl beter programme meer detail vra. Een geluk is dat, waar meer as een BC syfer gegee word en die snelhede wat daarmee gepaard gaan, word dieselfde berekeningsmetode gebruik deur beide die vervaardiger en die ballistiese program. Die naaste wat mens dus aan die waarheid kan kom, is om soveel BC stappe as moontlik in 'n goeie BC program in te voer en dit te gebruik as beginpunt, om mens se eie trajektabelle op te stel.
'n Algemene fout is om bv twee of drie BC stappe bymekaar te voeg, die gemiddeld te kry en dit te gebruik. Dit werk nie omdat die koeel meer tyd spandeer teen die derde syfer as by die eerste. Soms is die trajek sodanig dat die koeel net die eerste syfer gebruik of die trompsnelheid verskil van die maksimum wat die eerste syfer verteenwoordig. 'n Ballistiese program akkomodeer hierdie dinge waar 'n simplistiese gemiddeld dit nie doen nie.
Daar is huidig 'n geval waar die BC van 'n verskeidenheid 338 kaliber koeels 'getoets' is deur 'n groep. GSC is genooi om deel te neem en die 'toetsmetode' is beskryf. Ek het dankie ges? vir die aanbod maar nee dankie, GSC sou nie deelneem nie. Die 'toetsers' het voortgegaan en 'n vorige generasie GSC 338 koeels ingesluit in die 'toets'. Hulle het oor 1200 jaarts geskiet en gemeet. Die BC syfers van al die deelnemers is bepaal en GSC het heel goed gevaar. Hier kom die onkunde: Die 'toetsers' het hulle BC syfer (wat reg is vir hulle omstandigehede) vergelyk met die BC syfer wat ons op ons webwerf gee (en wat reg is vir ons omstandighede) en 'n hele rits foute gemaak.
1. Ons gee drie BC syfers wat drie verskillende trappe van snelheid verteenwoordig. Ons eerste BC syfer is vir 'n maksimum snelheid van 3000vps. Hulle het getoets teen 'n trompsnelheid van 2800vps.
2. Die 'toetsers' het ons drie BC syfers bemekaar getel, deur drie gedeel en verklaar dat ons syfer verkeerd is. Daar is geen manier wat dit gedoen kan word nie want ons syfers hou net water wanneer dit deur 'n ballistiese program verwerk word.
3. Hulle het een koeel getoets en die syfers van 'n ander koeel op ons webwerf geneem vir hulle 'vergelyking'.
Ek wou die kommentaar lewer dat dit duidelik is dat baie mense by die toets betrokke was want een mens kan nie so verkeerd wees nie. Die eienaar van die webwerf het my egter verban voor ek dit kon doen, toe ek sy foute begin uitwys in epos korrespondensie.
C'est la vie!