Page 1 of 1
Kan iemand dalk met QL help asb
Posted: Sun May 04, 2025 9:23 pm
by JacquesSAKO.308
Hi Manne,
Kan iemand dalk bevestig met QL asb.
Tikka CTR 6.5 Creedmoor
Looplengte 24 duim 1:8 twist
H20 volume = 52.5 gr
Kruit = H4350
Punte = 143gr ELD-X
TPL = 74mm
Garmin Xero vir spoed gebruik
Lading is soos volg:
42,7 gr
Spoed = 2758 fps
42.2 gr = 2725 fps
Baie dankie byvoorbaat
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Kan iemand dalk met QL help asb
Posted: Mon May 05, 2025 7:04 am
by tripodmvr
Jy is op 59K psi met die 42.2gr lading. QL bereken die node as 42,1gr en 2720vps.
Re: Kan iemand dalk met QL help asb
Posted: Tue May 06, 2025 8:07 pm
by JacquesSAKO.308
tripodmvr wrote:Jy is op 59K psi met die 42.2gr lading. QL bereken die node as 42,1gr en 2720vps.
Baie dankie. Net vir interresantheid wat sal die volgende vinniger node wees. Sal nie verby die 59k psi gaan nie wonder sommer net
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Kan iemand dalk met QL help asb
Posted: Tue May 06, 2025 8:18 pm
by tripodmvr
Van wat ek weet het heelparty manne hul doppe opgefoeter om daardie pad te loop. Bly liefs weg of koop 'n PRC.
Re: Kan iemand dalk met QL help asb
Posted: Tue May 06, 2025 8:23 pm
by JacquesSAKO.308
tripodmvr wrote:Van wat ek weet het heelparty manne hul doppe opgefoeter om daardie pad te loop. Bly liefs weg of koop 'n PRC.
Rede hoekom ek vra is ek het ń lading geskiet op 43.3 gr wat my eerste projeksie was vir 2750 nadat ek doppe gefireform het. Die spoed was 2797 maar die groepering was net net 1 duim op 300 meter net gewonder of dit dalk die volgende node sou wees. Nie bereid om doppe te verloor nie dis hoekom ek af beweeg op lading. Sien foto van groepering.
Screenshot_20250502_170837_Range Buddy.jpg
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Kan iemand dalk met QL help asb
Posted: Tue May 06, 2025 8:42 pm
by tripodmvr
Node 4 1/2 bereken by 44gr en 2830vps (Druk 68K psi). Jou 43.3gr dui op 65K psi en jy kan moontlik in die nodeband wees met daardie spoed.
Re: Kan iemand dalk met QL help asb
Posted: Sat May 10, 2025 9:55 pm
by JacquesSAKO.308
Dankie Tripod die 42,1 gr loop soos stroop teen 2720 fps. 5 skote op 300 meter
Screenshot_20250510_164301_Range Buddy.jpg
Sent from my SM-S901E using Tapatalk