Page 1 of 1
Goeie verkyker tussen R 3000 en R 4000 rand
Posted: Fri May 02, 2025 7:51 am
by Karooland
More, ek wil n verkyker aanskaf wat nie die bank gaan breek en wat meeste in die bakkie gaan ry en hier en daar n jag. Enige van mede bakkie boere en jagters wat goeie waarde vir geld verkyker kan aanbeveel? Dankie
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
Re: Goeie verkyker tussen R 3000 en R 4000 rand
Posted: Fri May 02, 2025 8:29 am
by tripodmvr
Pentax, Hawke, Nikon, Bushnell en ander het vêrkykers in daardie prysklas. Gaan loer by futurama.co.za. Jy hoef nie daar te koop nie, maar hulle het 'n groot verskeidenheid.
Re: Goeie verkyker tussen R 3000 en R 4000 rand
Posted: Fri May 02, 2025 10:17 am
by sako 30-06
Kry vir jou die Vortex Triumph 10x42.
Fantastiese verkyker vir die prys.
Re: Goeie verkyker tussen R 3000 en R 4000 rand
Posted: Fri May 02, 2025 2:29 pm
by Klein Karoo
Ek het n vortex solo monocular wat in my bakkie bly, klein en lig, vat nie baie plek nie, helder glas, ek het al gedink om dit te vervang met n verkyker maar ek hou van die kompaktheid.
Eerste prys sal dieselfde Solo wees maar met n rangefinder ingebou.
Re: Goeie verkyker tussen R 3000 en R 4000 rand
Posted: Fri May 02, 2025 2:35 pm