KD met Barrel Tuner

Post Reply
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

KD met Barrel Tuner

Post by ZKK »

Goeie middag vriende.
Ek het onlangs vir my n knaldemper met n barrel tuner en n blitsbreker op die einde gekoop.
Ek sukkel egter en my geweer skiet erg bont tussen verstellings.
My 300 is n baie akurate geweer, en ek het flyers van tot 4 duim gekry op 100m


Na elke verstelling aan die tuner het ek weer die muzzle break met n level probeer level (want hy draai mos nou saam met jou barrel tuner).


Miskien het iemand raad oor wat ek verkeerd doen

Groete
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: KD met Barrel Tuner

Post by Smith223 »

Ek dink die tuning is meer vir ouens wat ‘n 0.5moa geweer na ‘n 0.3 moa geweer vat.
Ek het nog nie van iemand gehoor wat 1moa plus groepe krimp tot bugholes nie.
As die geweer so skiet is daar iets fout. Kry hom by ‘n betroubare GS uit.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: KD met Barrel Tuner

Post by Toyrsi »

Ek sou begin om seker te maak jy skiet nie een van die baffels binne in die silincer raak nie. Maak ook seker die gat deur die silincer is minimum 1mm groter as die betrokke kaliber.
As die geweer sonder die silincer mooi skiet is daar iets fout.Kyk ook of die gewig van die silincer nie maak dat die loop aan die kolf raak nie.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: KD met Barrel Tuner

Post by jdpretorius »

Ek raai dit is n "reflex" tipe silencer, waar daar n stuk oor die loop trek ? ....indien jy nie dalk n buffel raak skiet soos Toyrsi sê, kyk dan dalk of hy nie iewers aan die loop raak (druk punt veroorsaak) nie ....[mits dit n reflex is natuurlik]

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: KD met Barrel Tuner

Post by ZKK »

Die geweer is n 300WSM wat deur Andries Moller gebou is.
Die geweer skiet kleiner groepe sonder die silencer as met die silencer.
Julle is korrek dit is n reflex silencer.

Moet mens met n bore scope gaan kyk of mens een van die baffles raak?
Baie dankie vir al die advies sover
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: KD met Barrel Tuner

Post by Hansieslim »

Ek dink jy moet eerstens bepaal of die skroefdraad op die kroon haaks is met die skietrigting. 'n Geweersmid sal jou hiermee kan help.
Ek twyfel of dit 'n 4 duim groep sal veroorsaak, maar het jy al gekyk wat is die spoedverskil tussen met en sonder knaldemper?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Post Reply