Page 1 of 2
bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 7:54 pm
by Winmag
Wat help om bloeddruk reg te hou
Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 8:00 pm
by Beretta
Winmag
Ek is nie n dr nie maar jou dieet moet reg wees en los maar ALLE sout produkte.Laat kyk maar na dit hy vang jou soos n dief in die nag
Beretta
Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 8:02 pm
by Spanner
Haal diep asem, en moenie jou moer strip nie !
Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 8:04 pm
by JK
Verloor alle oortollige gewig

Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 8:12 pm
by Beretta
O ja jy sal verbaas wees hoeveel sout daar in omtrent alles is.
Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 8:48 pm
by Winmag
Dankie dit help al
Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 9:11 pm
by Koos Barnard
Wat help vir bloeddruk?
Klein groeperings en 'n scope wat nie uitstel nie.
Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 9:20 pm
by baboonstalker
Koos, as die eerste 4 bymekaar sit is my bloeddruk sky-high voor die 5de skoot! (en ek het reeds alle oortollige gewig afgeskud)
Spandeer meer tyd te voet in die veld met 'n geweer oor jou skouer en jou bloeddruk is gewaarborg om af te kom. (vroulief s'n sal dalk effens styg as joune te veel daal)
Probeer dit gerus die winter!
Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 9:45 pm
by Koos Barnard
Pieter
Nou praat jy. Toe ek nog in die Noord-Kaap gebly het, het ek baie middae in die vled deurgebring. Altyd by dieselfde witgatboompie gestop, dan die geweer oor die skouer geswaai en koers gekies "Koedoekloof" toe -somer en winter. Baie koedoes daar bekruip sonder om te skiet en saans meer gemoedelik terug gekeer huis toe as die ouens wat in die bar gekuier het.
Mooi loop
Re: bloedruk
Posted: Wed Feb 29, 2012 11:38 pm
by Jakkalsgat
Winmag
Roosmaryn wat jy trek soos tee werk om bloedruk te beheer, dit help vir my skoonma, ek het al gedink ek gaan die pos gif spuit anders gaan sy vir altyd leef maar dit werk.
Kremetart, mespunt in water elke oggend vir artritus en ander pyne.
Groete
Jaco
Re: bloedruk
Posted: Thu Mar 01, 2012 9:36 am
by SV MAD (Henk)
Knoffel besit baie goeie anti-hipertensie eienskappe, en is ook 'n natuurlike antibiotika wat jou meer weerstandig maak teen siektes.
Neem knoffelhuise, sny die puntjies af en sluk op 'n nugter maag. Die rede vir die knoffelhuisie is dat hy intakt in jou maag kom en die goeie medisyne word in die maag/dunderm uitgehaal in jou bloedstroom in. Jy het nie 'n stink asem nie, maar as jy wil poep, gaan staan waar 'n windjie waai.
Gekapte knoffel werk nie so goed nie en maak net jou asem stink.
Vir die begin kan jy 1 huise elke 2de oggend vat en daarna kan jy ook dit eenkeer 'n week vat.
Om bloed te skenk werk ook nogals vir hoe bloeddruk.
Re: bloedruk
Posted: Thu Mar 01, 2012 9:43 am
by G-force
Winmag wrote:
Wat help om bloeddruk reg te hou
Minder tyd in Teazers spandeer.

Re: bloedruk
Posted: Thu Mar 01, 2012 12:35 pm
by erx
Geniet die lewe en alles wat lekker is nes jy wil, o ja, en onthou om jou bloeddruk pille te drink!
Groete
erx
Re: bloedruk
Posted: Thu Mar 01, 2012 12:49 pm
by BLOK
Ek sien deesdae die forum kry dit nogal reg om ook n paar manne se bloedruk op te jaag. hahaha
Winmag
Jy se nie of joune hoog of laag is nie maw miskien gee die manne almal die verkeerde raad, jy moet moontlik juis teazers toe gaan, mis skiet en elke middag gou n draai in die kroeg gaan maak en om hom lekker op te kry sommer Malema se doen en late ook in die media dop hou.
Re: bloedruk
Posted: Thu Mar 01, 2012 1:31 pm
by Homer
Ek weet vir my as getroue Vrystaat Cheetahs ondersteuner is dit goed vir die bloedruk om nie te kyk wanneer hulle speel nie
Re: bloedruk
Posted: Fri Mar 02, 2012 7:44 am
by erx
Homer
+1
Groete
erx
Re: bloedruk
Posted: Fri Mar 02, 2012 8:51 am
by grumpy
Lae bloeddruk is n glas Lemon Twist met n knippie sout.
Re: bloedruk
Posted: Thu May 17, 2012 9:22 pm
by Danie Nortje
Dagga tee. Baie onwettig maar dit werk. Indien nie worry jy darm nie meer oor bloedruk nie.
Re: bloedruk
Posted: Thu May 17, 2012 9:56 pm
by theedge
Danie Nortje wrote:
Dagga tee. Baie onwettig maar dit werk. Indien nie worry jy darm nie meer oor bloedruk nie.
Klipdagge werk ook baie goed en is nie onwettig nie
Re: bloedruk
Posted: Thu May 17, 2012 10:12 pm
by Chevvy SS
Julle kan maar julle lekker vet skaaptjoppies sonder sout eet, nie ekke nie!
Wat help?
As ek geweet het, het ek julle vertel.
Re: bloedruk
Posted: Mon May 21, 2012 2:47 pm
by Ferdi
Yip ek bly ook deesdae weg van die Cheetah wedstryde se uitsendings.
Groete
Ferdi
Re: bloedruk
Posted: Mon May 21, 2012 4:51 pm
by grumpy
Die vet skaap tjoppies kan julle maar aanstuur en sal dit uitsorteer vir julle!
Hoe bloeddruk- Kyk na die bankstaat na vrou gaan inkopies doen het!!
Lae bloeddruk- Gaan saam met Blok na die meisies koshuis!!

Re: bloedruk
Posted: Mon May 21, 2012 6:14 pm
by Danie Lombard .243
Win Mag As jy werklikwaar hoe bloeddruk wil stabiliseer en laag hou, doen die volgende. Moenie dink en het my sokkies gerook of probeer grap maak of so iets nie. Die volgende resep werk regtig baie goed.
1 Bottel Roses lime juice 750ml
1 Pakkie (koevertjie) 14g engelse sout
Gooi pakkie in Roses lime juice in en meng goed (skud) sodat die engelse sout oplos. Moenie verdun nie. Drink elke oggend op nugter maag voor die mossie ge wieps het 'n tot. Drink die bottel klaar oggend vir oggend en hou bloeddruk dop. Jy sal sien dit werk. Glo my.
ROOK EN SUIP is hoe bloedruk se groen voer. Hulle loop lekker saam.
Re: bloedruk
Posted: Thu May 24, 2012 12:31 pm
by FrancoisN
Winmag
Wat ook goed werk is rooipeper. Jy kan n mespunt in water oplos maar dir vrek sleg. Kry sommer by jou apteek rooipeper pille werk net so goed.
Sterkte
Re: bloedruk
Posted: Thu May 24, 2012 12:55 pm
by Musketeer
Ludwig wrote:
Vatsokatvis wrote:
Winmag
Wat ook goed werk is rooipeper. Jy kan n mespunt in water oplos maar dir vrek sleg. Kry sommer by jou apteek rooipeper pille werk net so goed.
Sterkte
Ek het nou begin om rooipeper (cayenne pepper) elke oggend met bietjie water te drink. Seker nou al so maand lank. Dit werk! Nie net vir bloedruk nie, maar baie ander dinge ook. Lees bietjie hierdie artikel:
http://www.cayennepepper.info/health-be ... epper.html
Die is baie waar Ludwig,
Ek doen ook die rooipeper ding, sal bietjie die boek opspoor en die naam plaas met al die rate in. Dit werk selfs vir die maagseer wat ek ook ontwikkel het op 'n stadium. Noudat die perd gesond doen ek dit maar elke oggend en my bloedruk en cholesterol is piekfyn.