Page 1 of 1

'n man wat kan

Posted: Wed Feb 29, 2012 6:26 pm
by kopskoot
manne

weet nie of een van julle dalk al aimpoint se "wildboar fever3&4" promotional dvd's gesien het nie.

Net ingeval daar iemand op die forum is wat glo hy "kan skiet", gaan kyk bietjie daarna (Frans Albrich Spielburg om presies te wees), en se my of jy nogsteeds dink jy "kan skiet"

ek gaan probeer om dit op die "interweb" te kry, maar as ek nie kan nie sal ek probeers coppies maak van die ding, as iemand graag wil sien.

laat my tog weet as jy so' kan. Ek sal graag jou hand wil skud!!!

Re: 'n man wat kan

Posted: Thu Mar 01, 2012 12:21 am
by Beer (Christo)
Kopskoot

Weet nie of hierdie dieselfde is nie, maar het dit op youtube gekry.

http://www.youtube.com/watch?v=JMukvu4zN3c

http://www.youtube.com/watch?v=bMT-iiOL8_Q

Re: 'n man wat kan

Posted: Thu Mar 01, 2012 8:14 am
by baboonstalker
Kyk net hoe lekker ploeg so 'n wielneus!

Re: 'n man wat kan

Posted: Thu Mar 01, 2012 8:34 am
by Dirkie
Die ou mag ma skiet!

Re: 'n man wat kan

Posted: Thu Mar 01, 2012 8:43 am
by Gerhard
Die manne skiet mooi.

Die red dot scopes werk brilljant in die vinnige kort afstand skote.

Die manne wat al bietjie met red dots geskiet het soos met IPSC (praktiese skiet) sal weet.

Hulle maak baie bacon bymekaar met die driven hunts.

Re: 'n man wat kan

Posted: Thu Mar 01, 2012 10:25 am
by Jeagermeister
Jis daai man roer hulle, wonder darem wat hy met 'n semi in .223 of .308 sal doen... sal darem so 'n treintjie Otterjasies uitroei op 'n hoop!!

Lekker ding van daai Aimpoints is jy kan met altwee oe oop skiet, dus volg jy die bewegende teikens maklik.. enigste ding is daai "scopes" het baie lae vergrotings, dink 4x maks... jy skiet darem ook nie na 'n hollende Ot op 200m nie...

Mooiloop

JM

Re: 'n man wat kan

Posted: Thu Mar 01, 2012 11:00 am
by kopskoot
Manne

die youtube snitte is van die dvd waarvan ek gepraat het, maar die ou wat so mean skiet is die Sweed met die langerige hare wat aan die einde van die eertse video praat.

Nie al die ouens op die dvd is so goed soos hy nie.

Op die dvd sit hy op een plek, met net 'n pad voor hom wat oop is. Die otte kom dan tussen die bome uit op 'n stywe galop oor die pad, en dan skiet hy sewe van hulle met een 7 skoot magasyn. Al die otte het nek skote, net agter die ore deur en met net omtrent 5m om mee te werk.

Ek verstaan die ou is al so bietjie van 'n celeb in Europa

Re: 'n man wat kan

Posted: Thu Mar 01, 2012 11:27 am
by Dippies
Die manne laat vou die varke soos tuinstoele. :o :o :o :o

Hy kan amper gaan duiwe skiet met daai roer.

Re: 'n man wat kan

Posted: Thu Mar 01, 2012 11:36 am
by Rooies
EISH !!!!  Maar hy bleksem vir hulle met daai 7mm Rem.

Re: 'n man wat kan

Posted: Wed Mar 14, 2012 8:59 am
by Deon Joubert
Kan sien dis nie die eerste keer wat hulle dit doen nie !!!

Re: 'n man wat kan

Posted: Wed Mar 14, 2012 10:10 am
by Marc
Liewe ouers, daai mannetjie is met 'n roer innie hand gebore  ;D

Re: 'n man wat kan

Posted: Wed Mar 14, 2012 10:28 am
by Jakkalsgat
Daai is bietjie skiet

Re: 'n man wat kan

Posted: Sun Mar 18, 2012 8:35 am
by Arno Pienaar
Nee hy mag maar gooi. daardie ou verstaan sy roer!!!

Re: 'n man wat kan

Posted: Sun Mar 18, 2012 11:45 am
by Ponkie
Die man mag maar regtig gooi! En let op hoe baie van die varke is op slag dood. Die skote is alles voorlangs!

Groetnis
Ponkie

Re: 'n man wat kan

Posted: Sun Mar 18, 2012 4:37 pm
by Gerhard Smith
Nee wat mens kan sien dis nie daai man se eerste keer nie! Wat my die meeste impress is dat daai varke elke keer met een skoot stil l

Re: 'n man wat kan

Posted: Wed Mar 21, 2012 12:27 pm
by Born2Late
Hierdie ouens mag maar skiet.Daardie ot val sy snoet nerfaf.Die oplaai is ook lekker maklik,almal in die pad bymekaar.

Re: 'n man wat kan

Posted: Mon Apr 09, 2012 4:09 pm
by Robert86
Dag se Manne,

Waar kan mens van die Varke in SA skiet?

Groete

Robert