Page 1 of 1

Beste plaasvervanger vir VV N565 ?

Posted: Sun Feb 16, 2025 4:11 pm
by Glocked
Middag manne

Met die gesukkel om N565 in die hande te kry, moet ek na iets anders begin kyk. Dit is spesifiek vir die 6.5PRC met die 156gr Bergers. Enige voorstelle of advies ?

Re: Beste plaasvervanger vir VV N565 ?

Posted: Sun Feb 16, 2025 4:42 pm
by Andre308
Middag,

H1000 is n baie goeie poeier vir jou combo.

Groete
Andre

Re: Beste plaasvervanger vir VV N[emoji2393][emoji239[emoji2392]][emoji2393] ?

Posted: Sun Feb 16, 2025 4:47 pm
by gbvl
Kyk dalk by Outdoorandallsales in Meyerton, sien die website wys 8 in stock.

Re: Beste plaasvervanger vir VV N[emoji2393][emoji239[emoji2392]][emoji2393] ?

Posted: Sun Feb 16, 2025 6:40 pm
by Glocked
gbvl wrote: Sun Feb 16, 2025 4:47 pm Kyk dalk by Outdoorandallsales in Meyerton, sien die website wys 8 in stock.
Ek sien nou, dankie, sal hulle more kontak !

Re: Beste plaasvervanger vir VV N565 ?

Posted: Sun Feb 16, 2025 6:41 pm
by Glocked
Andre308 wrote: Sun Feb 16, 2025 4:42 pm Middag,

H1000 is n baie goeie poeier vir jou combo.

Groete
Andre
Is die H1000 oor die algemeen makliker bekombaar ?

Re: Beste plaasvervanger vir VV N565 ?

Posted: Sun Feb 16, 2025 7:09 pm
by tripodmvr

Re: Beste plaasvervanger vir VV N565 ?

Posted: Sun Feb 16, 2025 7:20 pm
by Lategan1
SO het laasweek nog H1000 op Stellenbosch-rakke gehad.

Lees op oor die H1000. Dit is oor die algemeen van die akkuraatste, nie noodwendig vinnigste poeier in verskeie kalibers nie. Ek eens met Andre308. Kan nie verkeerd gaan nie. Dit is laaste jaar of wat ook geredelik beskikbaar.

Beste.

Re: Beste plaasvervanger vir VV N565 ?

Posted: Sun Feb 16, 2025 7:47 pm
by Andre308
Ja,

H1000 is gereeld beskikbaar in die mark. Dit is n baie skoon kruit en brand ook redelik koel wat help met loop lewe.

Die ontwerper van die 6.5 SAUM en die 6.5PRC (George Gardner) se idee was destyds om n magnum 6.5 te ontwerp wat prefek werk met H1000 toe hy die 6.5SAUM/6.5GAP ontwerp het.

Die idee met die 6.5PRC ontwerp was maar om die 6.5GAP te dupliseer met n Hornady moeder dop oor hy dit saam met hulle ontwikkel het.

So weet maar hulle is gemaak vir H1000.

Groete
Andre