Page 1 of 1

Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Thu Feb 13, 2025 2:21 pm
by Klein Karoo
Middag,

Wat is die goedkoopste induksie annealers wat julle sal voorstel, wat ek kry op die net is ARC / Quick anneal en dan die Amp se eenhede?

Re: Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Thu Feb 13, 2025 6:48 pm
by LoopSoosStroop
Wat prys hulle almal?

Re: Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Thu Feb 13, 2025 8:59 pm
by tripodmvr
Quick - R19 500/ R14500 twee pryse gekry
Arc R12 500 of 29 999 vir die topmodel
Amp $1675 pus $20 per pilot

Re: Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Fri Feb 14, 2025 7:55 am
by Capt. Yoda

Re: Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Fri Feb 14, 2025 11:14 am
by tripodmvr
Bleekseun, ek koop liefs 2 nuwe gewere!!!!!

Re: Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Fri Feb 14, 2025 12:09 pm
by jager
As jy tegnies aangele is, en hou van 'n projekte aanpak, bou self een. https://www.botshop.co.za/shop/mod-058- ... heating-42

Jy kort basies so eenheid, 'n krag toevoer, 'n timer/arduino en verkoeling. Ouens bou hulle eie vir rondom R3000, daar is baie tuisgemaakte ontwerpe daarbuite op die internet.

Re: Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Fri Feb 14, 2025 8:10 pm
by LoopSoosStroop
Ek het nou al 'n waterverkoelde "arduino tipe" prototype aan die werk, en vir enige iemand wat dit kan doen vir R3k haal ek my hoed af. Dis nie maklik nie, om 'n betroubare goed afgewerkte masjien op die mark te sit vir R12.5k is baie goed.

Re: Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Sat Feb 15, 2025 2:44 pm
by jager
LoopSoosStroop wrote: Fri Feb 14, 2025 8:10 pm Ek het nou al 'n waterverkoelde "arduino tipe" prototype aan die werk, en vir enige iemand wat dit kan doen vir R3k haal ek my hoed af. Dis nie maklik nie, om 'n betroubare goed afgewerkte masjien op die mark te sit vir R12.5k is baie goed.
Ek stem saam. Maar ek dink ons praat van 2 verskillende dinge.
Jy praat van 'n goed afgewerkte masjien vir die mark. Ek praat van 'n tuisgemaakte annealer vir eie gebruik. Wat so hier en daar iets gebruik wat jy al klaar het wat rondlĂȘ, en jy bewus is van moontlike tekortkominge

Re: Goedkoopste Induksie Annealer

Posted: Wed Feb 19, 2025 7:39 pm
by Rawstorne
Koop die ARC

Ek is baie gelukkig.
Met die masjien en selfs nog meer met die ondersteuning wat Van Zyl al vir my gegee het.

Van raad tot opgradeer, jy kan hom bel en hy help graag.