Page 1 of 1

BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Wed Feb 12, 2025 12:46 pm
by saswart
Soos versoek van 'n paar manne, aangeheg die BASA shoot details.

- Reeds meer as 80 skuts wat gaan kom deelneem.
- Daar gaan 'n revolver shoot ook wees
- Lekker veiling met 4 jagte (al 4 is gesponsor). Geld vir die leeu jagte gaan vir SUCo-SA (gaan lees bietjie op oor SUCo-SA - https://suco-sa.org.za/)

Volgende op veiling
- 2 x plainsgame; en
- 2/3 leeu jagte (1/2 wyfie ( en mannetjie)

Veiling is oop vir enigiemand en jy hoef nie teenwoordig te wees nie, jy kan reeds 'n bod insit op die link onder.

Ons braai lekker na die tyd, daar is 'n craft brewery wat bier en gin verkoop (eers na die skiet). Sien dokument meer inligting van shoot en veilings

Link na shoot https://bigboresa.org/2nd%20shoot/
Link na veiling https://paylogic.co.za/paylogic/pay.aspx?refno=BF02-15

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Wed Feb 12, 2025 1:51 pm
by Frederik
Gaan weer lekker dag wees.

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Wed Feb 12, 2025 2:39 pm
by DWB
Ek vat nou al 'n paar spierverslappers, tyd dat die 500 sy eerste praatwerk doen

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Thu Feb 13, 2025 8:03 am
by saswart
DWB wrote: Wed Feb 12, 2025 2:39 pm Ek vat nou al 'n paar spierverslappers, tyd dat die 500 sy eerste praatwerk doen
Lekker sien uit om jou nuwe roer in aksie te sien! Jy weet van die tradisie by BASA as jy met 'n nuwe roer opdaag?

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Thu Feb 13, 2025 8:36 am
by DWB
Ek doen nogal nie! Jy sal maar moet vertel?

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Thu Feb 13, 2025 9:57 am
by saswart
Ons sal dit vir jou saterdag wys... Bring 'n ekstra skietbare rondte saam...

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Fri Feb 14, 2025 11:58 am
by Frederik
Enige ander manne van Jaracal wat kom dalk paar wat nog nooit by ons geskiet het?

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Fri Feb 14, 2025 4:13 pm
by kudu375
Hi Frederik,
Ek gaan my eerste een bywoon.

groete

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Fri Feb 14, 2025 5:37 pm
by DWB
Lekker Court. Kom skud blad! Ek en Frederik sal seker altwee RO

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Sun Feb 16, 2025 5:30 pm
by DWB
Lekker om te ontmoet Court! Mooi geskiet! Vermoed ons sal jou weer sien ++>:

Vir die manne wat wonder hoe dit lyk en werk, hier is ñ kort video van 2 van die bane.

My eerste skiet met die nuwe 500.

https://youtu.be/zCwP5BRYVpE?si=JenMkuRy_IWWD35P

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Sun Feb 16, 2025 6:34 pm
by Lategan1
Lekkerrr… daai 500 werk jou sake… mooi.

Beste.

BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Sun Feb 16, 2025 7:18 pm
by Jacques1988
Hi Deon. Baie dankie vir die deel. Mooi geskiet. Wat sou die telling verskil wees tussen jou 500 Jeffrey met 535gr en 375 H&H met 300gr met dieselfde hoeveelhede hits en tyd?

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Sun Feb 16, 2025 8:17 pm
by DWB
Selfde hits en selfde tyd sou jou seker 5 plekke of meer ondertoe gesit het.

Hulle het klaar die impak van die groot kaliber verminder.

Waar ek tans teen 6000ft/lb skiet, word my faktor nou teen 4900ft/lb gereken in die formule.

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Mon Feb 17, 2025 6:25 am
by Frederik
Court, die dag was baie besig moes jou iewers raakgesien het maar nie geweet wie jy was nie.
Kom skud blad volgende keer asb.

Deon, baie goed geskiet met die eerste probeerslag met die 500Jeff jy het 12de gekom uit 97 deelnemers.
Het die twee skote geniet met jou nuwe roer hy praat definitief harder as my Lott.
Hy stoot rustig en dan so sekonde daarna dan voel jy hom. Waar my Lott nou weer vinnig slap en dis klaar.

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Mon Feb 17, 2025 6:58 am
by kudu375
Wow!

Verseker nie my laaste nie...
@Deon was gaaf om ook blad te skud met jou- 500 my nou!! Mastag wat n roer.
@Frederik ek wou jou nog groet, ek het heel voor gesit met die AGM- die skaam dikkerige outjie met die bokbaard en checkhemp, maar moes ongelukkig ook weer teen 12 verkas vir die volgende stel verpligtinge. sal verseker myself amptelik kom voorstel volgende keer.

Ek moet eerlik wees, ek het nog nooit so tuis en gemaklik gevoel op n skietdag nie.
Uiters professioneel aangebied, vriendelikerige RO's,bitter lekker skietbaan, en goed uiteengesette oefening.

Baie dankie BASA!

Re: BASA Skietdag 15 Feb en jagveiling (plainsgame en leeus)

Posted: Mon Feb 17, 2025 7:16 am
by Frederik
kudu375 wrote: Mon Feb 17, 2025 6:58 am Wow!

Verseker nie my laaste nie...
@Deon was gaaf om ook blad te skud met jou- 500 my nou!! Mastag wat n roer.
@Frederik ek wou jou nog groet, ek het heel voor gesit met die AGM- die skaam dikkerige outjie met die bokbaard en checkhemp, maar moes ongelukkig ook weer teen 12 verkas vir die volgende stel verpligtinge. sal verseker myself amptelik kom voorstel volgende keer.

Ek moet eerlik wees, ek het nog nooit so tuis en gemaklik gevoel op n skietdag nie.
Uiters professioneel aangebied, vriendelikerige RO's,bitter lekker skietbaan, en goed uiteengesette oefening.

Baie dankie BASA!
Court, ons hou darem net die AGM eenkeer per jaar gewoonlik is dit net half uur gesels oor die baan en dalk ander nuus dan begin ons skiet en is gewoonlik voor 12 kant en klaar.
Ek moet se ons is unieke klomp mense en geniet ander wat ook passie het vir groot kalibers.
Wil jou net waarsku as jy weer opdaag gaan jy seker begin loop dink aan iets groter as jou 375.