Page 1 of 1

Raad met keuse van 'Wet media tumbler' met Stainless media

Posted: Wed Feb 12, 2025 7:58 am
by Frikkie dei Rot
Goeiemore Almal,

Ek het onlangs n vriend se wet media tumbler met stainless media geleen en is so beindruk dat ek een wil aankoop.

Daar is n groot klom op die mark en ek is in die duister.

Watter een sal julle aanbeveel? Ek neem aan almal werk basies ewe goed en prys sal sekerlik maar n invloed op my besluit hĂȘ.

Ek sal julle opinies hoog op die prys stel!

Groetnis,
Frikkie

Re: Raad met keuse van 'Wet media tumbler' met Stainless media

Posted: Wed Feb 12, 2025 8:23 am
by Carel-Chris
As prys is groot faktor is, ek het self een gebou.
Heel eenvoudig.
Daar is baie youtube videos oor diy wet tumblers.
Myne bestaan uit 'n 5l plastiek verf drom, 'n ou bmw sitplek motor en 'n goedkoop spoedbeheer vir die motor
https://www.robotics.org.za/motors-cont ... LIY-10A32S

Re: Raad met keuse van 'Wet media tumbler' met Stainless media

Posted: Wed Feb 12, 2025 12:16 pm
by Martiens Bekker
Ek het Duys Arms se tumbler. Wat ek hou van hulle is dat hulle direk aangedrewe is vanaf die motor. Die ander modelle wat gebruik maak van pulleys en 'n o-ring het ek gesien begin gly as die vrag te veel raak.

Re: Raad met keuse van 'Wet media tumbler' met Stainless media

Posted: Wed Feb 12, 2025 1:11 pm
by alecjohnson
In verband met die media, ek het destyds een gebou ook, en media was baie te duur vir my, ek het toe teen baie mense se raad, besluit om die kans te vat. ek het tig welding rods gekoop 316 stainless steel die dun een dink 1.2mm?. Ek het hulle in 'n stukkie pyp gepak so dig as wat ek kon dat die pypie nog kan skuif, en toe sny ek hulle in stukkies met 'n hoekslyper met dun sny lem in, die stukkies wissel tussen in lengte, maar ek het so om 1cm probeer hou, ek het gedink later as ek geld het sal ek dit met die regte media vervang, ek werk nou nog met die selfde media, met sunlight seep, warm water en sitroensuur. spoel na die tyd af met gewone water en blaas droog met kompressor.

Re: Raad met keuse van 'Wet media tumbler' met Stainless media

Posted: Thu Feb 13, 2025 12:33 pm
by Frikkie dei Rot
Middag julle,

Baie dankie, ek gaan die manne by Duys kontak en hoor hoe ek een van hulle kan beetkry!

Ek waardeer julle insette!

Re: Raad met keuse van 'Wet media tumbler' met Stainless media

Posted: Fri Feb 14, 2025 2:42 am
by Pappabeer
SS Tumblers en SA tumbers het goeie name. Ek het n SS en is heel tevrede. Die enigste ontwerp fout vir my is dat hulle pulleys en polycord gebruik. As die koord breek vat dit lank om te vervang.

Re: Raad met keuse van 'Wet media tumbler' met Stainless media

Posted: Fri Feb 14, 2025 6:07 am
by Frikkie dei Rot
More Dewald,

Dankie vir die terugvoer. Ek sien Safari het nou n spesiale aanbieding op die Arsenal's

Groetnis,

Re: Raad met keuse van 'Wet media tumbler' met Stainless media

Posted: Fri Feb 14, 2025 6:56 pm
by OosKaapJagter
Ek gebruik nou al vir 'n paar jaar 'n Frankford Arsenal en is heeltemal tevrede daarmee.