Page 1 of 1
300 PRC begin komponente
Posted: Tue Feb 11, 2025 8:39 am
by finch
Nou dat my Howa 300 PRC se lisensie is goed gekeur. Terwyl ek besig is om hom in n raam te sit. Begin dink ek solank aan wat sy kos moet wees. Ek het nog nie ge-google nie (so moet my nie kruisig nie asb) en weet hier is n lang draad waarin Diesel Dog sy 300PRC se geskiedenis dokumenteer, wat ek ook nog sal deur lees om nie dieselfde skoolgeld te betaal nie.
So as n begin punt, wat stel julle slim jaracallers voor:
1) Watter koeels werk lekker in die rak Howa 300PRC?
2) Watter kruit opsies het mens?
Geweer sal seker 98% van sy lewe op teikens skiet.
Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Tue Feb 11, 2025 9:13 am
by tripodmvr
Dryfmiddels - VV N560, Re26, IMR7828, Norma MRP
Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Tue Feb 11, 2025 11:40 am
by Toyrsi
Vir koele sou ek niks onder 200gn kies nie.
208 Eld
215 Berger
225 Eld
Sou van my keuses wees.
Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Tue Feb 11, 2025 12:07 pm
by tripodmvr
Die dryfmiddelkeuses is met 208ELDM gedoen.
Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Tue Feb 11, 2025 1:40 pm
by Arnold
225gr ELD met Retumbo teen ongeveer 2850fps

230gr Atip behoort ook mooi te loop en selfs die 250gr Atip

Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Tue Feb 11, 2025 3:06 pm
by finch
Dankie almal, Oh ek raak nou opgewonde. Die opwinding sal seker eers bedaar as ek by die kasregister kom om te betaal...
Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Tue Feb 11, 2025 6:26 pm
by JDEls
Vir Long range of ELR
Peregrine Glider, 216gr - G7 .41
Laai hom met VV N570, iewers tussen 82gr en 84gr - sy spoed moet 2920fps wees.
TPL - 93mm
Ek het nog nie 'n standaard 24" of 26" Howa PRC gesien wat nie vir die dood skiet nie. Ek werk met baie van hulle.
Sent from my SM-S926B using Tapatalk
Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Wed Feb 12, 2025 3:00 pm
by pietskiet
Finch
Sit ook n randjie of wat op sy vir n ordentlike silencer - daai outjie skop die enamel van n man se tanne af!
Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Thu Feb 13, 2025 11:12 am
by finch
Ja nee kyk, daar is 'n vrywaringsvorm wat die geweer winkel jou laat teken die dag as jy jou 300prc optel. Die vorm sê hulle vat geen verantwoordelikheid vir enige skade wat die geweer maak aan jou as jou hom skiet sonder 'n demper of breker...

Re: 300 PRC begin komponente
Posted: Thu Feb 13, 2025 5:14 pm
by Andre308
Sjoe,
Die boer seuns van vandag is darm sag in die skouer areas.
Die ou f klas manne skiet nog baie 300win mag met die free recoil metode. Hulle stof hulle self af na n skiet sessie en steek n Camel Plain aan om te relax.
