Hallo alle Jaracal vuurwapen wet kenners,
Ek het n interessante situasie, ek probeer n vuurwapen van n vriend se pa se boedel aansoek voor doen. Ek het die tick lysie van alles wat nodig is vir aansoek, kon aansoek doen vir een van die twee wapens. Nou die probleem kom, die 2de geweer het nog die ou groen lisensie kaartjie. En nou die moeilikheid... (drum roll...) die lisensie is nog op die vriend se oupa se naam (ahhhh, ohhhh, the horror). So sy pa het seker die laaste 20jaar maar net die groen lisensie gebruik (pa en oupa het selfde voorletters en van).
Nou hoe nou gemaak om die aansoek in te stuur? (Ek weet wat my DFO gese het maar probeer n paar ander opinies kry)
Boedel Wapen gemors
-
RyC
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Wed Jan 08, 2025 1:17 pm
Re: Boedel Wapen gemors
Ek het 2 jaar terug gesit met 3 boedel wapens wat ek op my naam wou kry, een waarvan lisensie verval het. Ek het hierdie mense gekontak:
https://www.gunlicence.co.za/about-us/
Hulle het gehelp dat al 3 goedgekeur is. Skakel hulle en vind uit wat hulle vir jou kan doen. Kos dalk paar rand maar dan is mens seker...
https://www.gunlicence.co.za/about-us/
Hulle het gehelp dat al 3 goedgekeur is. Skakel hulle en vind uit wat hulle vir jou kan doen. Kos dalk paar rand maar dan is mens seker...
-
Silwer
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am
Re: Boedel Wapen gemors
Ek het 'n .22 Ruger merk 1 wat ek uit 'n boedel gekry het op my naam gesit. Dit was ook net op 'n groen kaart. Jy het 'n eksekuteursbrief nodig en die oorledene se id/geweerlisensie afskrif. Dit is moontlik om te lisensieer.
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Boedel Wapen gemors
Jy kort teoreties die eksekuteursbrief en die handtekening van die eerste boedel se eksekuteur want jy doen aansoek vir daardie lisensie. Die vriend se pa tel glad nie.
Ek neem aan dat al die betrokke partye oorlede is, daarom sal jy regshulp moet inwin.
Ek neem aan dat al die betrokke partye oorlede is, daarom sal jy regshulp moet inwin.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 458
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Boedel Wapen gemors
Dankie vir almal se insette. DFO se storie klink baie soos Ds J se antwoord. Sal bietjie eksterne hulp moet inroep vir hierdie een.
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Boedel Wapen gemors
As die lisensie eienaar oorlede is vind uit wie is sy boedel eksekuteer en kry die brief vanaf sy eksekuteer.
As hy nog lewe kry sy handtekening en details?
As hy nog lewe kry sy handtekening en details?
- finch
- Sr. Member

- Posts: 458
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Boedel Wapen gemors
Ek het al die papierwerk om die aansoek in te dien sou die geweer op my vriend se oorlede pa se naam gewees het, maar dit is nie. Dit is nog op my vriend se oorlede oupa (meer as 20 jaar gelede oorlede) se naam. Ek het geen inligting oor die oupa se boedel nie...
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Boedel Wapen gemors
As die eksekuteur van die oupa se boedel nog leef en 'n kopie van die eksekuteursbrief het, is die pad oop.
Indien die eksekuteur oorlede is, behoort sy eksekuteur die volgende persoon in lyn te wees, of die prokureur wat sy boedel gedoen het. Indien daar êrens 'n prokureur in die prent was, behoort dit êrens op leër te wees, en dan sou jy op 'n manier kan voortgaan.
Vir ons gewone leke is dit makliker om 'n kundige te betaal. Daar is enkele regspraktyke wat spesialiseer in vuurwapens. Martin Hood is waarskynlik een van die heel kundigste mense. Jy kan dalk by NHSA ook aanklop, dit behoort aan 'n prokureur en hulle kan dalk ook help.