Page 1 of 1

Gesoek 22 Scope

Posted: Thu Jan 09, 2025 4:01 pm
by 30-06
Ek is opsoek na iets groter vir my 22.
As iemand dalk iets hê wat rondle laat weet my.
14 of 16 vergroting. 40mm voorste lens voldoende.
0766062nege00

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 11, 2025 7:19 am
by Fanta300
Môre 30.06.
Het jy al reggekom? Ek is ook op soek na so ‘n teleskoop so as jy ekstra aanbiedinge gekry het verwys hulle maar na my toe asseblief.
Dankie
Fantie

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 11, 2025 5:25 pm
by 30-06
Ek maak so
Ek het vir jou pm probeer stuur.
As dit nie deurkom nie kontak my asb
07669629nulnul.

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sun Jan 12, 2025 10:38 am
by Sako75
More manne.
Wat reken julle is goed vir 22?
Ek moet ook n scope kry vir nuwe 22 en wonder self wat sal werk.
Myne is vir algemene gebruik. Nie LR nie ook nie mikro groepies skiet nie.

Ek het ‘n 7x50 vaste vergroting wat al meer na ‘n opsie lyk

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sun Jan 12, 2025 12:10 pm
by dooierus
More almal, ek persoonlik verkies 'n teleskoop sonder te veel dinge om te draai soos 'n parallaks verstelling. As jy kyk na die BDC kruishaar (Vortex), of die E3 kruishaar (Burris), dan het hulle holdovers wat mooi werk vir 'n 50m zero, dan werk die holdovers losweg uit op 60, 80 en 100m. Dus kyk na iets soos die Burris Fullfield 4-12x42 E3 or Vortex Crossfire II 3-9x40 BDC. Behalwe vir dit, as jy zero of op 50m, dan is jou eerste zero punt op 20m met 'n 1cm marge tussen 20 - 50m. ie grootste sleg is dat die parallaks gewoonlik op 100m standaard gestel is en dat die holdovers net op maksimum verstelling so uitwerk.

As jy nou wel groter vergroting soek soos wat 30-06 hier bo sê, het beide Vortex en Burris die bogenoemde kruishaar in groter vergrotings soos die Fullfield 4 4-16x50. Die sleg is dan dat die objective dalk groot gaan raak op 50mm, en groter vergrotings gaan selde gepaard met 'n klein objektief.

Net my 2c (indien iemand wou luister), ek het darem al bietjie oor hierdie probleem gedink vir my eie .22, en lyk vir my presies waarna Sako75 op soek is!

Groete!

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sun Jan 12, 2025 2:02 pm
by Fanta300
My probleem is ek skiet SAJ tabelle so ek soek een wat van 10m af kan fokus maar met genoeg vergroting om op 50 die gate te sien. Oud word is nie vir sissies nie.

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sun Jan 12, 2025 2:12 pm
by 30-06
Daai 4 tot 12 of 16 klink na werkbare oplossing. Solank die voorste lens nie groter as 42 is nie dan gaan hy nie by my pas nie

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sun Jan 12, 2025 4:10 pm
by tripodmvr
Die belangrikste besluite is waarvoor jy die geweer gaan gebruik en ook hoe goed jou sig nog is. Ek gebruik 'n goedkoop Nikko met 4 tot 20x vergroting sodat ek die gate op 50m kan sien. Net soos Fantie oefen ek met die .22 op die SAJagters 50m tabel en dan moet jy kan sien waar jy tref en watter teikens nog nie op geskiet is nie. Dit is nie ideaal vir jag nie en veral weens die grootte van die teleskoop. Parallaks verstelling is nodig en dit is 'n effense beslommernis met jag. Analiseer dus jou behoeftes en kry dan die beste oplossing vir JOU.

PRS en soortgelyke teikenskiet vereis hoë vergrotings om op langer afstande behoorlik te kan mik en sien.

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sun Jan 12, 2025 7:33 pm
by JF123
Jy kan altyd na die een kyk.

viewtopic.php?p=903288#p903288

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Mon Jan 13, 2025 10:23 am
by prohunt
30-06 wrote: Thu Jan 09, 2025 4:01 pm Ek is opsoek na iets groter vir my 22.
As iemand dalk iets hê wat rondle laat weet my.
14 of 16 vergroting. 40mm voorste lens voldoende.
0766062nege00
More 30-06,

Ek het 'n Lynx 4,5 - 14 x 44 met ringe wat op my BRNO ,22 was, sou jy dalk belangstel? Sy parallaks verstelling is tot 10m so hy werk goed vir die klein kalibers. Die teleskoop is in 'n goeie werkende toestand en ek het hom net afgehaal omdat ek na 'n FFP oorgeskakel het. Ek kyk na so R2,900 (ringe ingesluit). Die vervoer/koerierreëlings vir die koper. Jy kan my kontak by 08twee8nul55twee44.

Seën

Johan

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Mon Jan 13, 2025 12:07 pm
by Gideon@1
Goeie dag

Indien 30-06 nie die lynx neem nie, sal ek belang stel.

Groete
Gideon

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Mon Jan 13, 2025 1:46 pm
by prohunt
Gideon@1 wrote: Mon Jan 13, 2025 12:07 pm Goeie dag

Indien 30-06 nie die lynx neem nie, sal ek belang stel.

Groete
Gideon
Hallo Gideon,

"Nulkwes" het vanoggend met my gesels. Hy besluit nog. Kom ons gee hom nog so 'n dag kans. Jy kan my gerus teen Woensdagoggend kontak en as hy hom dan nie geneem het nie is jy volgende.

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Mon Jan 13, 2025 1:51 pm
by Gideon@1
Baie dankie, waardeer!

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Mon Jan 13, 2025 7:41 pm
by ruaanb
Hawke maak n paar modelle met n .22 spesifieke kruishare. Werk soos n droom.

https://www.hawkeoptics.com/rimfire-riflescopes.html

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 18, 2025 3:40 pm
by Fanta300
Haai Johan. Het daai Lynx van jou toe ‘n nuwe baas gekry?

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 18, 2025 3:43 pm
by prohunt
Fanta300 wrote: Sat Jan 18, 2025 3:40 pm Haai Johan. Het daai Lynx van jou toe ‘n nuwe baas gekry?
Middag Fanta,

Niemand het opgevolg nie. Nog beskikbaar.

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 18, 2025 4:00 pm
by 30-06
Jammer manne dat ek julle ophou. Ek wou laat weet ek wil julle nie ophou nie maar om een of ander rede is die boodskap nie gelaai nie. Prohunt jy is welkom om hom te verkoop.

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 18, 2025 4:15 pm
by Gideon@1
In daai geval sal ek die scope neem indien dit nog beskikbaar is?

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 18, 2025 5:48 pm
by Fanta300
Eish. Ek sal maar verder soek. Hy sou mooi gewerk het vir my.

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 18, 2025 6:13 pm
by Gideon@1
Jammer Fanta,

Ek het n .22 Hornet Brno 1950/60’s en ‘n .22 Mauser dikloop, dink uit die 2de wêreld oorlog gekry. Daai Lynx gaan mooi werk op die Brno aangesien hy met Brno mounts kom. 👌🏻

Groete

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 18, 2025 7:40 pm
by tripodmvr
Video oor keuse van vergroting.

https://www.youtube.com/watch?v=ylRw8rC3FOU

Re: Gesoek 22 Scope

Posted: Sat Jan 18, 2025 9:02 pm
by Fanta300
Is reg Gideon. Ek het ‘n Brno .22 waarop hy ook perfek sou gepas het.