Bakkie koelhouer/yskas hulp
Posted: Tue Dec 17, 2024 2:07 pm
Middag manne,
Ek wil skoonpa se splinternuwe Hilux GD6 'n verkoelings ietsie laat insit vir kersfees. Ek het te min ondervinding met die "centre console" opsies en die kragverbruik van alles om 'n ingeligte besluit te maak. My Engel is donkiejare oud en die dubbel battery doen sy werk agter in die bak. Het so bietjie begin lees op al die forums en sites. Syne is 'n cab and a half en hy moet nog besluit of die koeler op die agterste sitplek gaan of centre console. Dit is maar meestal vir 'n paar koel drinkgoedjies (water in sy geval!) terwyl hy in die Noordkaap rondry.
Enige iemand 'n aanbeveling met 'n rede of twee?
Groete,
Hein