Page 1 of 2
Courteney boots... is dit die geld werd?
Posted: Mon Dec 16, 2024 4:15 pm
by JacquesSAKO.308
Hi manne soos die opskrif lees wil ek graag weer of courtneys werklik die geld werd is? Ek jag harde moeilike terrein van berg tot vlake en op die oomblik kry ek nie skoene wat hou nie. So daarom my vraag.
Groetnis
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Mon Dec 16, 2024 4:38 pm
by Nico Harris
Elke sent werd. Ek het een paar vir werk en een vir jag! Al wat ek dra.
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Mon Dec 16, 2024 4:40 pm
by JacquesSAKO.308
Nico Harris wrote:Elke sent werd. Ek het een paar vir werk en een vir jag! Al wat ek dra.
Met die dat ek kwaai berg jag met by los klip dink jy die tyre sool is maar die beter opsie?
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Mon Dec 16, 2024 4:43 pm
by Nico Harris
Ja vir jag is die tyre sole beter.
Ek jag met “selous” met tyre sole.
Boer met “safari” met ripple sole.
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Mon Dec 16, 2024 5:05 pm
by JacquesSAKO.308
Nico Harris wrote:Ja vir jag is die tyre sole beter.
Ek jag met “selous” met tyre sole.
Boer met “safari” met ripple sole.
Dankie
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Mon Dec 16, 2024 6:56 pm
by Thunderhead
El het twee stelle gehad toe ek voltyd gejag het. Was goeie skoene maar in vir my is die hype nie die prys werd nie.
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Mon Dec 16, 2024 7:19 pm
by JohanvB
Nie geweet hulle is goed vir harde klip wêreld nie..
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 7:43 am
by tau
Wonderlike skoene, maar teen US$330 (R5940) 'n paar?
Ek kyk wel elke nou en dan na hulle en was 'n maand terug in Bulawayo en was baie tempted om 'n paar te koop.
Net ter interesantheid;
My Tarzan boots is 18 jaar oud en ek het hulle al 3 keer laat hersool en 4 keer die liners laat vervang. Ek jag nou nie meer baie nie of stap nie baie nie, maar hulle het al duisende kilometers gedoen in die berge. Hulle kos R1800. So ek kan 3.3 pare van hulle koop vir een stel Courtneys se prys.
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 8:02 am
by JacquesSAKO.308
tau wrote:Wonderlike skoene, maar teen US$330 (R5940) 'n paar?
Ek kyk wel elke nou en dan na hulle en was 'n maand terug in Bulawayo en was baie tempted om 'n paar te koop.
Net ter interesantheid;
My Tarzan boots is 18 jaar oud en ek het hulle al 3 keer laat hersool en 4 keer die liners laat vervang. Ek jag nou nie meer baie nie of stap nie baie nie, maar hulle het al duisende kilometers gedoen in die berge. Hulle kos R1800. So ek kan 3.3 pare van hulle koop vir een stel Courtneys se prys.
Watse boot van Tarzan gebruik jy?
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 8:40 am
by Wouter Roets
Glo dit sal die Tarzan Tietties model wees.
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 8:48 am
by tau
Weereens ek dink Courtneys is bitter goeie skoene en ek verstaan met wonderlike ondersteuning.
Tweedens wil ek nie die draad hijack nie.
Ek dink wel daar is nog opsies vir ordentlike stewels wat jou enkels beskerm en met die hoër boots hoef jy nie kamaste te dra nie en as jy 'n langbroek dra vryf die pype nie teenmekaar en maak geraas nie.
Hierdie is my nuwe stel.
Hulle is redelik custom maar jy kan ook vir jou laat maak. Ek het 2 x liners laat insit en ander leer gevat wat eintlik vir velskoene is. Ek is spuit oor die sool hulle gly maklik en ek verkies 'n sool met 'n hak.
Hierdie is die Tarzan Waxy Rhodesian.
https://www.tarzanshoes.co.za/product/waxy-rhodesian/
Hierdie is my 18 jaar oue stel wat ek net nuwe liners laat insit het.
https://www.tarzanshoes.co.za/product/full-combat/
Ek het hulle met ander sole en leer laat maak in 2005.

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 10:37 am
by Capt. Yoda
Ek het nog nie met Tarzans gejag nie maar ek sal nie weer n ander dra/werks vellie koop as Tarzans nie
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 11:01 am
by Ratel
Ek het 'n paar Tarzan slip on half boots wat ek by kooperasie gekoop het. Hulle is donners swaar maar ek moet se ek trap 'n kameeldoring laat hy omkrul. Sole is baie sterk.

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 12:41 pm
by Koos Barnard
Ek het 'n paar Courtneys gehad en ek dink nie hulle is die geld werd nie. Myne het ek vir my tuinhulp gegee. 'n Mens moet ook maar onthou dat die keuse van skoene 'n persoonlike een is. Wat vir een persoon werk, werk nie vir die ander nie.
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 2:14 pm
by DWB
Teen die huidige pryse klop die som nie.
Maar ek het darem nou 4 pare wat ek kan roteer. Het onlanks 3 pare terug gestuur vir refurb en resole.
Maar ja, ek is mal oor buffels en buffel jag, en daars nje ñ ander maatskappy wat met buffel leer kan werk soos Courteney nie.
Daar is seker beter tegnologie daar buite, maar ek geniet myne, mens baat wel by ñ goeie binnesool
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Tue Dec 17, 2024 5:25 pm
by OosKaapJagter
Destyds toe Koos Barnard nog vir Magnum gewerk het, het hy die lof van die Courtneys in 'n artikel besing, soseer so dat ek 'n paar gekry het. Ek het baie jare se goeie diens uit 'n paar Courtney Selous stewels gekry. Dit was uiters goeie stewels.
Toe dit tyd geraak het om hulle te vervang, het die prys my afgesit. Hulle is goed, maar nie so goed dat dit vir my die prys regverdig nie.
Die Tarzans wat Tau hierbo wys is baie lekker stewels teen 'n billike prys. Net vir interessantheid, het julle geweet die Spesmagte operateurs het die Waxy Riffel Half Combat Tarzans gebruik? Ek weet nie van al die eenhede nie, maar spesifiek die ouens by 4 VK in Langebaan.
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Wed Dec 18, 2024 11:26 am
by Gerhardu
Kyk maar na Jim Green ook.
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Wed Dec 18, 2024 11:29 am
by JacquesSAKO.308
Gerhardu wrote:Kyk maar na Jim Green ook.
Ek het ń paar van die african rangers maar hulle maak my voete baie moeg
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Wed Dec 18, 2024 12:28 pm
by Capt. Yoda
Wildebees maak ook n lekker boot
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Wed Dec 18, 2024 12:38 pm
by JohanvB
JacquesSAKO.308 wrote: Wed Dec 18, 2024 11:29 am
Gerhardu wrote:Kyk maar na Jim Green ook.
Ek het ń paar van die african rangers maar hulle
maak my voete baie moeg
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Skuus vir die simpel vraag, hoe maak daai stewels jou voete moeg??
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Wed Dec 18, 2024 12:40 pm
by JacquesSAKO.308
JohanvB wrote:JacquesSAKO.308 wrote: Wed Dec 18, 2024 11:29 am
Gerhardu wrote:Kyk maar na Jim Green ook.
Ek het ń paar van die african rangers maar hulle
maak my voete baie moeg
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Skuus vir die simpel vraag, hoe maak daai stewels jou voete moeg??
Voel asof my voete in spasmas ingaan. Ek weet nie of hulle net moeilik inbreek en of ek kleinserig is nie maar ek sukkel sover met hulle
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Wed Dec 18, 2024 8:09 pm
by Eduard Venter
Ek het 2 stelle en is gelukkig met hulle. Enigste skoen wat ek tot dusver probeer het wat hou. Ek verkies die plat sool bo die een wat soos 'n mud terrain band lyk, hoewel die plat sool seker nie ideaal in klip veld is nie. Of dit die prys werd is? Ek is nie seker nie. Dis darem maar baie geld vir 'n skoen. Ek het onlangs 'n ou paar ingestuur vir 'n recon, R2100 en 6 maande later is hulle basies nuut. As iemand wat in die jagbedryf werk en nie elke 6 maande 'n nuwe stel skoene wil inloop nie, is ek heel tevrede.
My wildebees slip-on loop baie lekker maar hou eenvoudig nie baie lank nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Wed Dec 18, 2024 9:09 pm
by JacquesSAKO.308
Weet een van julle manne miskien waar ek in SA ń size 7 of 7.5 courteney sal kan aanpas? Safari hou net size 8 aan en hy is net te groot vir my
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Thu Dec 19, 2024 12:46 am
by Geno
Ek het al paar maal Courteney boots by Slingervel in Secunda gekoop. Hul pryse is mooi, en Mark en sy span se diens tops. Ek glo hul kan dalk 'n no.7 hê
Re: Courtney boots... is dit die geld werd?
Posted: Thu Dec 19, 2024 2:14 pm
by JacquesSAKO.308
Geno wrote:Ek het al paar maal Courteney boots by Slingervel in Secunda gekoop. Hul pryse is mooi, en Mark en sy span se diens tops. Ek glo hul kan dalk 'n no.7 hê
Hulle gekontak vandag, hulle hou ongelukkig nie meer Courtneys aan nie
Sent from my SM-S901E using Tapatalk