Page 1 of 1

RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Thu Dec 12, 2024 10:11 pm
by Leon Crous
Hello manne,
My RCBS Hand Priming Tool se pennetjie wat die primer indruk het gebreek.
Volgens handelaar wat met verskaffer gepraaat het, kan jy dit nie appart te koop kry nie.
Sy (verskaffer) aanbeveling: Koop maar nuwe een.

Nou surprise surprise my maat - As dit jou houding is koop ek die f... weet nooit weer een nie! >:(

Weet enige iemand dalk od daar so 'n pennetjie iewers rondlê in 'n winkel nog?
Of hoe gemaak.... glo nie jy sal sommer dit kan maak nie....

Laat weet asb as iemand van iets weet of oplossing het.

Groete,
Leon.

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Fri Dec 13, 2024 6:37 am
by jager
Watse groote pennetjie? Small of large.

Ek laai net klein primers, maar my klein primer feed is stukkend. So my hand primer is nou 'n ornament.

Ek praat van die deel:
https://www.rcbs.com/spare-parts-%26-ex ... 90203.html

So as jy dalk net groot primers doen, dan stuur ek vir jou my groot pennetjie en jy stuur vir my jou klein primer feed.

As jy wel beide doen, maar die groot pennetjie gebreek het, kan ek dit in elk geval vir jou stuur, ek maak niks met die groot pennetjie nie.

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Fri Dec 13, 2024 10:41 am
by JohanvB
Ek wonder hy nie van die pennetjie praat wat inskroef vir die Groot of klein primers nie??

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Fri Dec 13, 2024 10:46 am
by jager
7190206-1.jpg
Volgens die diagram:

Soos ek verstaan soek Leon die 'Primer Rod'. Indien dit die een is vir Large rifle primers het ek een beskikbaar, ek laai nie large primers nie, so het geen nut vir myne nie.

Ek is weer opsoek na die klein 'Primer feed' en hoop dat ons dalk kan ruil.

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Fri Dec 13, 2024 11:17 am
by JohanvB
IMG_5298.jpeg
Gedog dis dalk die pennetjie..

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Sun Dec 15, 2024 2:26 pm
by Fanta300
Ek het vir jou so een. Net R2000

Vir groot en klein slagdoppies

IMG_0150.jpeg
IMG_0276.jpeg

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Mon Jan 13, 2025 9:17 am
by Leon Crous
Sorry manne, besig om herlaaikamer oor te trek na ander vertrek.... so kan nie nou check presies watter een v daai 2 dit is nie...
Al wat ek weet is dis die pennetjie wat teen die slagdoppie druk om hom te seat.
Baie dankie v jou aanbod Fanta, maar ek kan mos nie die nut daarin sien om iets te koop/vervang as die ander een net so klein partjie kort nie.
Ek sal kyk en julle op hoogte hou/in kontak kom.
Groete,
Leon.

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Tue Mar 04, 2025 8:53 am
by Leon Crous
JohanB jy is 100% korrek. Dit is daai pennetjie wat inskroef.
Weet iemand dalk hoe jy so iets kan bestel?
Groete.

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Tue Mar 04, 2025 10:47 am
by Smith223
Ons kan vir jou een masjieneer.
Stuur my ‘n whatsapp 0 65 081-drie-vyf-09
Groete
Ryno

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Tue Mar 04, 2025 6:44 pm
by Monster
Hi Fanta, is daai Foster nog beskikbaar?

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Thu Mar 13, 2025 9:05 pm
by Fanta300
Naand Monster

Skuus. Ek sien nou eers. Nee, hy is verkoop.

Re: RCBS Primer Seating Pin gebreek - wat nou?

Posted: Fri Mar 14, 2025 9:27 pm
by BBCT
Seker so 10 jaar terug het die plastiese "moer" van my RCBS kinetic bullet puller gebreek. El het plaaslik rondgesoek en kon niks kry nie.

Toe stuur ek n email aan RCBS Customer Care en verduidelik my probleem. Hulle het my adres gevra en 'n splinternuwe een verniet gestuur van die VSA.

Probeer maar.