Page 1 of 1
Norma Oryx 156 gr in 6.5 Creedmoor
Posted: Tue Dec 10, 2024 10:55 am
by 264 Win Mag
Het enige iemand van julle al hierdie punte in julle 6.5 Needmores geskiet en gebruik vir jag? Wat se resultate het julle gekry, wat se spoed. Ek neem aan hulle val soos 'n klip uit die lug verby 400 meter. Ek stel belang om hulle the gebruik vir jag vlg. jaar op Blouwildebees grote wild. Ek sien Norma se fabrieks ammunisie loop blykbaar teen 2555 fps. Wat se spoed kan ek uit 'n 24 duim loop verwag en wat se kruit sal werk? Kan ek S365 gebruik?
Re: Norma Oryx 156 gr in 6.5 Creedmoor
Posted: Tue Dec 10, 2024 11:37 am
by Frederik
Ek dink jy moet eerste uitvind of jou twist van die loop die koele gaan maak werk.
Ek het 160gr Hornadys gebruik in my 6.5x55 met groot sukses oorgeskakel na die 140GR SBC toe kyk nie terug nie.
Re: Norma Oryx 156 gr in 6.5 Creedmoor
Posted: Tue Dec 10, 2024 12:45 pm
by JohanvB
Sjoe, dink daai is effe aan die swaar kant vir ‘n 6.5, daai gewig neig meer na 308 toe..
Maar laat ons weet hoe hulle vlieg!
Re: Norma Oryx 156 gr in 6.5 Creedmoor
Posted: Tue Dec 10, 2024 10:04 pm
by jankraay
CM se dop is bietjie klein vir daai 156.
Ek skiet 156 Bergers in die 6.5x284 maar het baie meer kapasiteit.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Norma Oryx 156 gr in 6.5 Creedmoor
Posted: Wed Dec 11, 2024 7:52 am
by Arnold
Jy sal hom maklik 2600fps kan druk met s365
Re: Norma Oryx 156 gr in 6.5 Creedmoor
Posted: Thu Dec 12, 2024 8:25 pm
by tripodmvr
Hierdie berekening toon Node 6 1/2.
tEMP156.png
Re: Norma Oryx 156 gr in 6.5 Creedmoor
Posted: Fri Dec 13, 2024 3:57 pm
by Andre308
n 156gr Oryx teen amper 2600fps klink na lekker combo selfs vir bosveld jag.
Re: Norma Oryx 156 gr in 6.5 Creedmoor
Posted: Sat Dec 21, 2024 11:24 am
by Cobus Wessels
Ek laai hulle in my 6.5x57 met 20duim loop. Die BWB kla nie te veel op 125m nie.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk