Page 1 of 1

Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Sun Oct 27, 2024 11:22 pm
by Ds J
Goeienaand Jaracal, weet iemand waar ek die ontbrandingsdruk van herlaaide haelpatrone kan laat toets?

Re: Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Mon Oct 28, 2024 12:49 am
by Johan van Wyk
'n Vriend van my het dit onlangs laat doen in die Kaap by Somchem. Ongelukkig moet jy in persoon daar wees en die ammunisie voor hulle met hulle toerusting laai voor dat hulle daaraan sal vat. Dis ook 'n duur oefening.

Re: Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Mon Oct 28, 2024 6:08 am
by Ds J
Baie dankie, ek het hulle laboratorium se nommer by ontvangs gekry maar ek vermoed dis n foutiewe nommer want hulle antwoord nie. Ek sal weer probeer, dankie.

Re: Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Mon Oct 28, 2024 12:23 pm
by Ds J
Dit lyk of ek vir 'n begin kan regkom by Somchem.

Re: Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Mon Oct 28, 2024 3:45 pm
by blaser
hoekom wil jy dit toets

Re: Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Mon Oct 28, 2024 5:32 pm
by Capt. Yoda
blaser wrote: Mon Oct 28, 2024 3:45 pm hoekom wil jy dit toets
Ek dog ek is die enigste een wat nie die oefening verstaan nie

Re: Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Mon Oct 28, 2024 6:23 pm
by tripodmvr
Baie ou 410 haelgeweer waarvoor hy ladings ontwikkel (dit is nog die 2 duim lengte patroon) en wil veilig speel om nie die geweer te beskadig nie.

Re: Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Mon Oct 28, 2024 9:23 pm
by Ds J
tripodmvr wrote: Mon Oct 28, 2024 6:23 pm Baie ou 410 haelgeweer waarvoor hy ladings ontwikkel (dit is nog die 2 duim lengte patroon) en wil veilig speel om nie die geweer te beskadig nie.
Korrek, my kinders het n pragtige 100-jarige .410 SxS present gekry, en ammunisie is nie werklik in SA beskikbaar nie. Ek wil hulle leer kleie en duiwe skiet sonder dat hulle of die geweer seerkry.

Ladings is ook nie werklik beskikbaar nie, en slegs enkele mense kon (onbevestigde?) ladings verskaf. Dit beteken 'n mens kan .410 3" en .410 2½" ladings gebruik en terugwerk na .410 2", maar dit is uiteraard 'n kansvattery.

Ter wille van duidelikheid: 'n 12-boor haelgeweer skiet gemiddeld 24gram of 32 gram hael; ek kry maks 10gram hael in 'n uitgeblaasde 303-doppie, of n 444 Marlin doppie. Fabrieksammunisie skiet 9gr en 10gr hael teen 1200-1300vps met onbekende kruit.

QL kan nie haelpatrone bereken nie, dus moet ek 'n ander plan maak.

Terwyl ons nou doenig is wil en graag almal bedank wat in die proses betrokke is/was.

Re: Druktoets vir haelpatrone?

Posted: Tue Oct 29, 2024 8:07 am
by alecjohnson
Ek het ook gewonder, en die antwoord maak baie sin, dankie vir die deel dat ons leer.