Page 1 of 1
Red dot of teleskoop
Posted: Wed Oct 23, 2024 8:23 pm
by Apie
Naand Manne!
Aan die manne wat iets weet van handwapen jag.
Wat werk die beste vir jou en hoekom?
Red dot of teleskoop?
Ek voel vir ladings ontwikkel sal die teleskoop goed werk en dan die red dot vir jag?
Ek dink meer aan revolwers en nie jou langer loop soos die Thompson nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Red dot of teleskoop
Posted: Thu Oct 24, 2024 4:34 am
by JAGTERSREG-JRM
More met lading ontwikkeling is teleskoop maar die beste. Het tans n teleskoop op my TC 30-30 maar het al die jare met Aimpoint op revolwers gejag. Vir jagdoeleindes en vinniger skote was die aimpoint vir my die beste opsie.
Gaan ma op einde oor persoonlike keuse maar ek sal nie twyfel om enige tyd weer n rollie met n red dot te gebruik nie.
Re: Red dot of teleskoop
Posted: Thu Oct 24, 2024 5:35 am
by Lapua
Ek verkies n teleskoop vir lading ontwikkeling en jag vir die volgende 2 redes. Die dot maak vir my te veel van die teiken toe en met n scope voel ek gemaklikker op langer skote. Dit is maar die vergroting wat vir my met my oë help. Maar ek ken ook manne wat baie gemaklik is op langer skote met n dot sight. Ek moet bieg en noem dat dit vir my maklikker was om n dot stil te hou op n dier toe ek nog met n Aimpoint gejag het. Dit is asof die scope elke liewe beweging wat jy maak vergroot en dan begin jy oorkompenseer en dan raak alles net n bewerige gemors in jou sight picture. Maar oefening bring dit onder beheer. Dit is maar soos Kobus noem n persoonlikke keuse.
Re: Red dot of teleskoop
Posted: Thu Oct 24, 2024 9:23 am
by Capt. Yoda
Re: Red dot of teleskoop
Posted: Thu Oct 24, 2024 9:39 am
by Lapua
It looks cool and Chicks dig it.

Re: Red dot of teleskoop
Posted: Thu Oct 24, 2024 5:43 pm
by Apie
Capt. Yoda wrote:
Vat so!
Watse ringe het hy op?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Red dot of teleskoop
Posted: Thu Oct 24, 2024 6:16 pm
by Capt. Yoda
Lyk soos n Hornady copy van Tier one
Re: Red dot of teleskoop
Posted: Tue Apr 14, 2026 12:35 pm
by Crossforge
Dagse daar.
Ek vind as die lig buite baie skerp is, soos dikwels die geval is in die jag veld, dan sukkel ek om die red dot te sien, maak nie saak hoe skerp ek dit stel nie. Die probleem het jy nooit met n teleskoop nie. As jy regtig eerder 'n dot wil gebruik stel ek voor jy gaan eerder vir 'n green dot. Hulle lig is bietjie skerper en jy sien dit beter in skerp lig, maar persoonlik dink ek die scope is maar beter.