Page 1 of 2

Doplengte ?

Posted: Mon Jan 18, 2010 8:36 am
by Wielie Waps
Ek wil graag weet wat is die tolleransie op doplengtes voor jy begin terugsny.

Ek herlaai 22-250 met winchester doppe.
Gekoopte doppe meet 48.33mm
My doppe 2x geskiet wissel tussen 48.6 en 49mm
Ek het net Lee case trimmer en die raak nog glad nie die dop as ek dit wil trim na eenvormige lengte toe nie.
Moet ek bele in duurder case trimmer of is doplengte nog aanvaarbaar.

Ek hoor graag van julle.
Groete
WW

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jan 18, 2010 9:17 am
by Ja3
WW

Daar is case trimmers wat verstelbaar is, en ook die doppe meer haaks sny. Dit gaan weereens hoe diep jy in die ding wil ingaan.
Dit gebeur dat sommige kamers die doppe minder laat stretch (vorentoe, brass vloei). Dink dit verwys na 'n groter kamer.

Ek sal nie teveel bekommerd wees daaroor nie, maar dit sal goed wees as jy die doppe net sover moontlik haaks kry aan die voorkant, en
dit kan mens net doen met 'n verstelbare case trimmer.
Daar's 'n paar op die mark. Ek gebruik al lank 'n forster case trimmer, hulle is ook by Safari & O dink ek.
Die Lee trimmer kan ook vir jou meer variasie gee aangesien die flash holes aan die binnekant nie almal dieselfde lyk nie. (Die plek waar hy pivot)

My 2c
Ja3

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jan 18, 2010 12:03 pm
by Beyers
WW
Ek gebruik ook 'n Redding maar is spyt dat ek nie die mikrometer verstelbare een gekoop het nie. Dit voeter maar as mens met verskillende kalibers se doppe trim, om elke slag die lengte dieselfde te kry. Ook as jy die lengte 'n klein bietjie wil verander is dit 'n pyn.  Mens kan 'n klompie dummy doppe bere om die verstelling te vergemaklik. Die lee case trimmer werk goed, maar mens moet seker maak dat die snyer nie die skag wat deur die dop se bek steek beskadig nie, dit bring 'n "onverklaarbare" korter word van doppe mee.

Kry 'n tool wat beter is as dit wat jy wil he die tool moet doen.

Beyers

Re: Doplengte ?

Posted: Sun Mar 14, 2010 2:55 pm
by JACQUES BOTHA
Beyers
Die ander ding van die lee case trimmer en veral aan die shelholder se kant,
as jy baie doppe doen begin hy so bietjie 'eet' aan die dop se kant en aan die trimmer se punt wat die "DIEPTE BEHEER" DOEN
EN jy kry dan dat jou doppe so aks te kort word. meet maar n so elke duisend keer se gebruik ...of wat se ek?
Wiele waps as hy nog nuut is behoort hy reg te wees.
Maak n draai as jy twyfel dan leor ons bietjie
groete
JB

Re: Doplengte ?

Posted: Sun Mar 14, 2010 4:15 pm
by Francois Marais
WW

Jy het kla goeie raad gekry.......Lee laat BAIE variasie, kyk na RCBS of Redding of Sinclaire, almal goed en gaan jou n leeftyd se diens gee.

Mooi loop
Francois

Re: Doplengte ?

Posted: Fri Mar 19, 2010 11:45 am
by Wielie Waps
Thanks almal
Jacques
As ek vasbrand sal ek jou bel.

Re: Doplengte ?

Posted: Thu Mar 25, 2010 11:35 am
by Francois Marais
WW

As ek n bietjie ondervinding met jou kan deel, weet van iemand wat n 30-06 doppie omtrent 150 keer gelaai het, SONDER OM EEN KEER TE SNY, as jy my nie glo nie, ek sal dit oppi net soek en vir jou die link gee.

Die lengte binne tolerasie is nie doodsake nie, jou doppe moet egter ALMAL PRESIES EWE LANK WEES, binne n batch wat jy bepaal natuurlik. My 25 wou op n stadium nie meer skiet nie, ek dink die loop is klaar, sien toe nee, die is nog goed, kyk my doppe en sien dat ek moes een of ander tyd hulle deurmekaar gemaak het, sny almal op een lengte, en al my probleme opgelos. Het iets te doen met die langer nek hou stywer vas, maak hoer druk = hoer spoed, jy ken mos die ding, alles somer lekker deurmekaar as die druk beginne verskil.

My 2c.............

Mooi loop
Francois

Re: Doplengte ?

Posted: Sun Mar 28, 2010 7:29 am
by Spanner
K?rels, ek is op soek na raad.  Ek het altyd die Lee case trimmer gebruik wat ek in 'n boor gesit het, maar soek iets beter.  Is dit die moeite en geld werd om 'n ordentlike case trimmer te koop, en moet dit dan die hand- of die self aangedrewe (motortjie) of die boor aangebrewe model wees ?  Daar is nogal 'n aardige prys verskil.  Die heel basiese modelle soos Redding begin by omtrent R850.  Ek herlaai nie vereeslik baie nie, seker so 20 rondtes per maand. Het iemand ondervinding in die goeg? 

Re: Doplengte ?

Posted: Sun Mar 28, 2010 4:04 pm
by Francois Marais
Spanner

As jy 20rondtes per maand laai, kry vi jou se 100 doppe in n batch, en werk met hulle, ek dink nie jy het n meer effektiewe case trimmer nodig nie. Kanni vi jou se wanneer ek laas doppe gesny het nie, hou net jou doppe in lotte wat almal ewe veel kere gelaai is.

My 2c......

Mooi loop
Francois

Re: Doplengte ?

Posted: Tue Mar 30, 2010 9:07 pm
by Francois Marais
WW

Sorry, het bietjie vinnig gepraat, die NIE 150 keer nie, maar 55 keer, jy kan self lees hier

http://stevespages.com/caselife.html

Hierdie man het n paar sienings wat nie met alle mainstreem herlaai denke saamstem nie, maar daar is min mense wat soveel herlaai ondervinding het soos hierdie man, baie leeswerk op sy site, maar ek het dit terdee geniet.

Begin hier lees

http://www.stevespages.com/page8.htm

Mooi loop
Francois

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jul 26, 2010 2:06 pm
by Raven
Ek gaan sommer my vraagie hier ingooi.
Ek het geen idee wat fout gegaan het nie, miskien kan die slim manne help.
Op my .25-06 is jou maks doplengte 63.35mm gemiddeld, ek vat toe 20 doppe van verskillende lengtes en sny almal na kortste DOP se lengte van 62.85mm
Alles gedoen met Redding trimmer en doppe meet almal mooi 62.85mm.

Die probleem kom in dat ek gladnie groeperings kry met die doppe, my lading en TPL het dieselfde gebly.
Enige raad is welkom .
Dankie Raves

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jul 26, 2010 3:10 pm
by RIEMPIES
Dagse Raven of is dit Kraai! Ek wil ook n klip in die bos gooi het jy jou jump bepaal is jou geweer 100% reg gepak skiet jy die regte punte vir die twist van die loop al hierdie goed en nog meer speel n groot rol in groepering skiet vir n geweer as al jou goed reg is bepaal jy eertse die jump sommer met n gemiddelde lading en dan stamp jy die poeiers op en af.Ek het saterdag n man gehelp met n geweer die ding wil nie skiet nie maar die bedding is nie van die noks af tot agter die aksie gepak nie.Nie eenkeer wat hy geskiet het met dieselfde ladings en punt dieptes het hy dieselfde groepering gekry nie.Dalk is ek dom maar ek is vas oortuig dis die bedding of die nut behind die bolt.


Dankie lekker dag Oom Riempies

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jul 26, 2010 4:25 pm
by Raven
Ou Rieme,
Alles is reg met geweer, en ek skiet soos die kraai vlieg.

Raven

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jul 26, 2010 6:02 pm
by Raven
RIEMPIES wrote: jy kan nie van doppe verander en nie die ladings en al die ander goed nie ook verander dis hoekom jy die toets dop ek probeer jou raad gee!
Groete Riempies
Rieme,
Kom ek verduidelik mooi...
Ek gebruik dieselfde doppe,alles het mooi geloop, groepering alles. Toe groepering nie meer so lekker klein is nie, toe vat ek van dieselfde doppe(waarmee geweer altyd groepeer) en sny 20 terug na 62.85mm. Ek gebruik dieselfde lading en TPL op dieselfde doppe, net die dop se nek is nou korter en dit wil nie groepeer.

Raven

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jul 26, 2010 7:53 pm
by Beyers
Raven
Uit 'n ander post:
The key is ensuring that the bullet will fully engrave in the lands WELL BEFORE the bullet leaves the neck. If the bullet has to make an unsupported jump, no matter how small, sub MOA accuracy will be very tough to achieve.

Vat jou kort doppe en kyk of die koeel seat as die koeel die lands raak. MAW kyk wat die maks COL is. As die koeel nog deur die dop vasgehou word met die koeel net konsentries is die dop bly. Dis moeilik haal baar met magasyn gewere waar die koeel nie styf in die dop pas nie. Die koeel kan uit belyning stamp.
Beyers

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jul 26, 2010 8:19 pm
by Raven
Beyers,

EK verstaan wat jy s?,ek gee net gou al die details van my probleem.
Dop lengtes was gemiddeld 63.15mm met 1mm jump, en groepering was submoa.
Toe die variasies van gemiddelde doplengte egter meer begin raak (63.10 tot 63.27) toe besluit ek om 20 doppe te trim na 62.85mm.
Ek het eers 20 doppe gefullsize en toe gesny na 62.85mm. Daarna selfde lading (S365 51.1gr, CCI200, sierra 100gr punt) weer gelaai.
Ek kan net nie verstaan hoekom die getrimde doppe nie meer die "job" wil doen. As ek van dieselfde doppe gebruik met gemid 63.15mm doplengte dan groepeer die geweer mooi.

Die enigste wat ek kan aan dink die nek hou minder van die punt/koeel vas??? ??? :-\
Kyk ek gebruik nie die 20 doppe, maar is nou bang om doppe te trim, terwyl ek seker is ek het dit reg gedoen.

Raves

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jul 26, 2010 10:50 pm
by Nico de Jager
Hello Raven
Dit mag dom klink maar het jy die binnekant van die gesnyde dop weer mooi geream. Nadat ek teruggesny en geream het gebruik ek p1000 skuurpapier om die binnekant van die bek mooi glad te maak anders beskadig die mantel as jy die punt seat en dit kan jou akuraatheid nadelig beinvloed.
Wat is jou snelheid met 51.1 en skiet jy Match of Gameking.
Groete

Re: Doplengte ?

Posted: Mon Jul 26, 2010 11:12 pm
by Raven
Ribbok,
Eerstens geluk met jou seun se mooi bok.

Ek leer maar nog bietjie die herlaai proses, maar ek het elke dop ge "debur"  met Redding nr9 deburring tool, binne en buite.
Ek sit ook met die gedagte dat my seating DIE(matrys) dalk nie die nek 'n bietjie kon krimp nie, omdat ek heelwat die doppe getrim het nie.
My laaste doppe wat ek net square gesny het, groepeer redelik mooi met Nosler BT 100gr punte teen 3865-3885fps gemiddeld en 50.8gr S365.

Ek het Gameking geskiet met 51.1 en gemiddelde spoed was 3440, dit is wat die chrony s?, en dit klink bietjie hoog volgens die slim manne.

raves

Re: Doplengte ?

Posted: Tue Jul 27, 2010 7:48 am
by Nico de Jager
Hello Raven
Dankie vir jou gelukwensing.
Ek herlaai al 19 jaar en leer ook nog- baie. Ek sien die manne gee jou pak oor jou 2506. Ek skiet al 10 jaar en duisende skote een.
Ek glo jou die het wel die nek ge"resize", die wat jy afgesny kan nie n invloed op die "resize" he nie. Vat n dop en kyk of jy die punt kan in druk, as hy gekrimp is sal jy nie kan nie. Jy moet kyk as jy die punt seat of daar nie fyn skaafseltjies rondom die punt vorm waar hy in die nek ingaan nie. Partykeer debur die nek nie 100% glad nie, maar jy debur al jou doppe seker maar dieselfde.
Partykeer is daar dinge in herlaai waarvoor daar maar net nie verklarings is nie. My vorige loop wou net met Remmington primers groepeer, niks anders nie. Selfde dop, dryfmiddel, punt alles en net die primer maak n reuse verskil. My huidige loop- Shilen- groepeer met alle punte en primers.
Ek lees op n ander post jy soek n goue middeweg. My vorige loop 1:10 twist het ek 117 gr Gameking en 115 gr Nosler Par gebruik, hulle het op selfde plek groepeer. Nou kan ek 100gr Match, Gameking en Rhino gebruik-1:12 twist- almal groepeer vir alle praktiese redes bymekaar. Ek weet nie of daar een soort punt is waarmee jy alles kan skiet nie.
Jou snelhede is baie hoer as myne. Ek het al ondervind dat gewere wat sulke hoe snelhede gee in vergelyking met ander gewere in dieselfde kalibers minder vergewingsgesind is met veranderinge aan die samestelling van jou patroon
Groete
Ek glo jy gaan baie plesier uit jou geweer kry.

Re: Doplengte ?

Posted: Tue Jul 27, 2010 8:03 am
by RIEMPIES
Raven gebruik jy dieselfde batch kruit of het jy van kruit batches verander die nuwer batches kruit het my geweer ook laat bont staan het 270 verander na s355 in stede van s365 beter gropering en spoed as jy klomp s365 blikke het meng hulle deeglik.


groete Riempies

Re: Doplengte ?

Posted: Tue Jul 27, 2010 8:16 am
by Beyers
Raven
Ek het erens 'n jig gesien wat mens die lengte van die bek van die dop tot die lands meet "freebore", ek kry net nie die link op die oomblik nie. Die dop se bek moet nie aan die lands raak gedurende die vuur van die skoot nie. Hoeveel die dop rek gedurende die vuur weet ek nie, die slimmer manne kan dalk hier help.

Die seating die druk slegs die koeel in die dop in, as daar 'n cannelure is kan jy die dop krimp, maar dit kan oneweredige knyp op die koeel veroorsaak. Wanneer jy die seating die opstel draai die seating die totdat dit op die caseholder druk met die ram in die volle hoogte posisie. Merk die posisie en draai  een volle draai uit. Dan sal die krimp nie gebeur nie.
Die vashou van die punt word deur die resizing die bepaal. Deur 'n bushing die te gebruik kan die knypspanning verander word, afhangende van watter bush gebruik word.
Met die trim van doppe sorg ek dat die trimmer op die gespesifiseerde doplengte gestel is, trim elke keer die doppe terug na die spec toe, dit maak dat die doppe se bekke haaks is. Met die chamfer tool sny ek binne meer as buite. bv 4 draaie binne en 3 buite.
Die ander opsie met die trim van die doppe is om die korste dop in die batch te bepaal wat op of minimaal (0.1 tot 0.2mm)langer as  spec en trim dan al die doppe terug na daardie een (solank sy bek ook haaks is). Met die chamfer moet mens net nie 'n skerp rand op die rand van die dop laat nie, dit kan die koeel skraap uit rond uit, onthou koper is sagter as brass.

Beyers

Re: Doplengte ?

Posted: Tue Jul 27, 2010 9:31 am
by Raven
Dankie manne, vir die raad ek waardeur.

Beyers, Die seating matrys is opgestel volgens jou beskrywing. Net nog die vragie. As jy praat van "gespesifiseerde doplengte" is dit die maksimum doplengte vir jou kaliber??
DIe maksimum doplengte vir my kaliber is 63.35mm, moet ek slegs doppe sny wat verby die lengte is, terug na die 63.30mm byvoorbeeld?? Jammer ek vra al die vrae.... but the only stupid question is the one you don't ask.
Ek het baie doppe tussen 63mm tot 63.25mm, na watter lengte trim ek hulle??? Almal terug na 63mm toe of nie??

Riempies,
Nou het jy iets ges? wat sin maak, ek het nuwe S365 kruit bestel, op daardie stadium.

Raven

Re: Doplengte ?

Posted: Tue Jul 27, 2010 10:42 am
by Beyers
Raven
Ek sien dis vir 'n 25-06, ek gebruik 30-06, en die doplengte is 63.35mm. Die maksimum weet ek nie, maar ek ek weet wel dat dit dop nie tot by die lands moet kom nie. Dis die dat ek hom terug sny na spec.
http://en.wikipedia.org/wiki/.30-06_Springfield
Vir 25-06 sien ek dis 63.3mm
http://en.wikipedia.org/wiki/25-06
Volg gerus Riempies se raad oor die meng van kruit van dieselfde soort.
Beyers

Re: Doplengte ?

Posted: Tue Jul 27, 2010 12:09 pm
by Raven
Dankie Beyers,

Ek gaan definitief Riempies se raad ook volg, dit maak sin. Dankie Riempies  ;)

Miskien kan iemand vir ons ietsie plaas van "standaard metode vir case trimming"
Daar is baie maniere op die WEB beskikbaar, maar wat werk vir ons manne die kant van die Atlantiese Oseaan?

Ek wil net seker maak, sny ek slegs doppe wat verby 63.3 gaan terug na die lengte toe, en gebruik alles onder die lengte.
Volgens my moet al jou doppe presies dieselfde lengte het, wanneer jy herlaai.
Ek sal vanaand die "akkurate ketting" boekie weer moet deurlees om te kyk of ek iets mis.
Ek verstaan nog nie die trimming proses so lekker nie  ???
Raven

Re: Doplengte ?

Posted: Tue Jul 27, 2010 1:14 pm
by Beyers
Die jig vir die meet van free bore is op Longrange forum
Precision Hand Loading for Long Range-Chapter One: Brass Sort & Prep
By Tres MonCeret