Page 1 of 1

308 Hornady 155gr ELDM for hunting

Posted: Mon Oct 07, 2024 10:49 am
by SmitH
More. Wil net hoor of hier iemand is wat al met die Hornady ELDM koeels gejag het en wat is julle gevolgtrekking.

Groete SmitH

Re: 308 Hornady 155gr ELDM for hunting

Posted: Mon Oct 07, 2024 2:05 pm
by DeonvTonder
Jy kan hulle maar gebruik. Ek jag al vir baie lank met hulle en alle bokke het nog bakkie gery. Ek weet daar is mense wat sĂȘ dat jy lekker vleis skade kan optel veral as jy been vang maar ek het dit nog nie oorgekom nie.

In my opinie werk hulle goed en doen wat hulle moet. (Let net daarop dat ek per geleentheid op die blad mik. Ek skiet hoofsaaklik net vir die kop aangesien ek vleis verskaf aan slaghuis.)

Re: 308 Hornady 155gr ELDM for hunting

Posted: Mon Oct 07, 2024 2:26 pm
by Capt. Yoda
ELD Ms oor die algemeen jag baie lekker vermy maar net die heel groot bene op groot bokke.
Exit van n 108gr op n groot SWB bul stuif agter die blad geskiet wat sterk quotering gestaan het, ingangs wond was klein gatjie maar die longe was gone