Watter grein koeël sal julle aanbeveel waarmee julle die beste vaar vir baanskiet/oefen?
En watter dryfmiddel gebruik julle daarvoor?
Dankie.
Glock19 Gen5
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Glock19 Gen5
Ek skiet Compi Shot se 125gr Truncated Cone .356 in beide my Glock19 Gen 4 en Canik Sub Elite en my vrou skiet hulle uit haar Glock43 ook. Laai met S121, weet nog nie wat ek gaan gebruik as my S121 klaar is nie.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Glock19 Gen5
147gr Frontier CMJ's met S121. Die stadiger, swaarder punte help om die recoil pulse so bietjie stadiger te maak in die ligter pistole. EDC ammo ook dan 147gr Winchester Rangers.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Glock19 Gen5
Doen vooraf mooi somme en kyk wat werk die goedkoopste uit. MOENIE skoon (onbedekte) lood gebruik nie. Koperplateerde of volmantelkoeëls gee gewoonlik die minste probleme. PC-koeëls is baie gewild weens hulle prys.
RN en FP koeëls is gewoonlik die gewildste; die platpunte maak n mooier gaatjie in die papier - dit help blykbaar soms in kompetisies.
Die koeëls se gewig maak vir die meeste beginners nie werklik saak nie want dit vat baie oefening om die verskil agter te kom. 'n Ligter koeël verg meer kruit, en omgekeerd - dit beteken jy gebruik meer kruit en koop goedkoper koeëls, of minder kruit met duurder koeëls.
Die 9mm is redelik maklik om te herlaai, en daar is baie herlaaidata beskikbaar. S121 is baie gewild want dit gebruik n baie klein lading - die gevaar is dat jy dalk 'n dubbellading kan gooi.
Ek is nie vertroud met die ingevoerde kruit nie, maar dit lewer blykbaar uitstekende resultate.
Hier is heelparty drade op die forum wat dit bespreek. Jy kan ook op Gunsite soek vir "9mm reloading compendium" - daar is hordes inligting.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Glock19 Gen5
Die laaste paar jaar het ek tot die gevolgtrekking gekom dat jy die dryfmiddel koop wat beskikbaar is en gebruik dit. Anders as by geweerkruit maak dit nie enige waarneembare verskil nie.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Glock19 Gen5
viewtopic.php?t=88777
viewtopic.php?t=87033
viewtopic.php?t=79394
Indien jy met Somchem kruit herlaai sal jy waarskynlik hoë ladings moet laai vir nuwe pistole. Ek het enkele kere met nuwe pistole (G26/4, CZ P07, G17/4) beleef dat ons eers betroubare werkverrigting gekry het by Somchem se maks ladings, of selfs bokant dit.

- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Glock19 Gen5
Begin om veilig te wees met minimum ladings en kyk wattter lading laat jou sluitstuk betroubaar funksioneer. Moenie net maksimum lading begin nie. Selfs al is dit handwapen, skiet maar nogsteeds deur chronograaf en meet spoed. Het gister weer op die baan gesien dat as jy die wapen nie reg vashou nie werk sluitstuk nie mooi nie. (Limbwrist of so iets).
Camdix verkoop silver rapids 125 gr polymere coated koëels teen heelwat goedkoper. Beslis die moeite werd.
Camdix verkoop silver rapids 125 gr polymere coated koëels teen heelwat goedkoper. Beslis die moeite werd.
Maak 'n verskil
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Glock19 Gen5
Die vinniger handwapenkruit (bv S121) se volume is gewoonlik klein, en dan loop 'n mens die gevaar van 'n dubbellading.
Ek voorkom dit deur bewustelik n dubbellading te gooi in my eerste doppie, en hom dan eenkant neer te sit as 'n kontrole. Al die ander doppies word met hom vergelyk.
S221 is growwer en gooi die doppies lekker vol met 'n enkele lading. Die ladings is swaarder, verg dus heelwat meer kruit om die koeëls se spoed hoër te kry.
Ek voorkom dit deur bewustelik n dubbellading te gooi in my eerste doppie, en hom dan eenkant neer te sit as 'n kontrole. Al die ander doppies word met hom vergelyk.
S221 is growwer en gooi die doppies lekker vol met 'n enkele lading. Die ladings is swaarder, verg dus heelwat meer kruit om die koeëls se spoed hoër te kry.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Glock19 Gen5
Om die vraag heeltemaal te antwoord. Ek skiet 125 gr silver rapids polymere coated wat ongeveer R400 per 1000 goedkoper is en gebruik enige handwapen kruit wat ek goedkoopste kan kry. Eers was dot S221 toe Lovex S020 en nou Hodgdon Tite group.
Maak 'n verskil
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Glock19 Gen5
Presies dieselfde eks nou op Vectan 9 1/2 poeier. loop soos stroop.Ratel wrote: Sun Sep 29, 2024 12:06 pm Om die vraag heeltemaal te antwoord. Ek skiet 125 gr silver rapids polymere coated wat ongeveer R400 per 1000 goedkoper is en gebruik enige handwapen kruit wat ek goedkoopste kan kry. Eers was dot S221 toe Lovex S020 en nou Hodgdon Tite group.