Page 1 of 1
S361 vir 270
Posted: Mon Sep 23, 2024 8:54 am
by 470rigby
Destyds toe Somchem S361 uitgebring het, was daar twee lotte, lot 68 en lot 85 beskikbaar. Baie skuts het baie gehou van S361 in die 270 Win. Ek onthou duidelik dat meeste herlaaiers beweer het die een lot is beter as die ander, maar ek het nou vergeet watter een is as beter beskou. Is daar iemand wat my kan help? Ek sal baie dankbaar wees, aangesien ek heelwat van beide het, maar dit nog nooit gebruik het nie. Groete
Re: S361 vir 270
Posted: Mon Sep 23, 2024 12:32 pm
by JF123
Ek weet so kort voor die groot ontploffing was daar S361 in S341 gemerkte blikke en andersom.
Re: S361 vir 270
Posted: Mon Sep 23, 2024 3:25 pm
by tripodmvr
Loer hier vir ladings. Praat as jy QL hulp later nodig het.
https://www.somchemreload.com/search?c=8&f=36
Re: S361 vir 270
Posted: Fri Sep 27, 2024 6:25 pm
by 470rigby
Baie dankie, so jy weet nie watter lot as "beter" beskou was nie?
Sal jy asb dan help met QL nodes vir 150gr Koeels
dankie en groete
Re: S361 vir 270
Posted: Fri Sep 27, 2024 6:32 pm
by tripodmvr
Ek help graag. Gee lading en spoed sowel as jou geweerdata.