Page 1 of 1
.375H&H dryfmiddel
Posted: Mon Sep 16, 2024 3:36 pm
by Jaco vdW
Goeie middag
Ek het min of meer sedert ek my .375 het, S355 gebruik op die 260/270gr klas koeëls met baie goeie resultate. Maar nou is S355 ook deel van die geskiedenis.
Waarmee laai julle tans vir die tipe koeëls in die .375H&H?
Ek gebruik 270gr Hornady SP op die baan, en jag met 260gr Partitions. Het redelik voorraad van beide, so soek nou weer 'n goeie lading.
Ek het gedink om te begin toets met IMR4350, siende dat ek daarvan het, en die handleidings gee dit ook aan as redelik geskik.
Enige voorstelle uit persoonlike ervaring?
Groete
Re: .375H&H dryfmiddel
Posted: Mon Sep 16, 2024 3:50 pm
by Frederik
Ek gebruik Norma 203B of N540 altwee werk goed.
Maar anders gebryik wat jy het die IMR sal die werk doen.
Re: .375H&H dryfmiddel
Posted: Mon Sep 16, 2024 3:55 pm
by Rudi Fischer
Ek dink die IMR gaan dalk n bietjie stadig wees vir n 260-270gr koeels.
Met my 300gr beveel ek n poeier in die S355 brand klas.
Norma 203B
N540 / 140
Rel15
Re: .375H&H dryfmiddel
Posted: Mon Sep 16, 2024 4:59 pm
by alecjohnson
N540 het ek gebruik
Re: .375H&H dryfmiddel
Posted: Tue Sep 17, 2024 7:59 am
by Jaco vdW
Dankie vir die antwoorde sover.
Ek het met twee toets ladings verlede Saterdag ook die idee gekry dat die IMR dalk nie by die verlangde spoed gaan kom nie.
Rudi - dankie vir die info oor die 300gr punte. As my gewone vlakte lading weer reg is, wil ek met daai 300gr SBC ook 'n lading ontwikkel sodat ek reg is wanneer die geleentheid homself bied om groter wild te jag, en nie weer rond skarrel soos in die verlede nie.
Die uitdaging is nou net wie het voorraad van watter dryfmiddel!
Re: .375H&H dryfmiddel
Posted: Tue Sep 17, 2024 1:15 pm
by Rudi Fischer
Jaco vdW wrote:Dankie vir die antwoorde sover.
Ek het met twee toets ladings verlede Saterdag ook die idee gekry dat die IMR dalk nie by die verlangde spoed gaan kom nie.
Rudi - dankie vir die info oor die 300gr punte. As my gewone vlakte lading weer reg is, wil ek met daai 300gr SBC ook 'n lading ontwikkel sodat ek reg is wanneer die geleentheid homself bied om groter wild te jag, en nie weer rond skarrel soos in die verlede nie.
Die uitdaging is nou net wie het voorraad van watter dryfmiddel!
Jy weet ek maak nou n 250gr ook ne ?
Klient van my skiet hulle teen 2700

Re: .375H&H dryfmiddel
Posted: Tue Sep 17, 2024 1:47 pm
by Jaco vdW
Hy sal slaan soos n voorhammer!
Re: .375H&H dryfmiddel
Posted: Tue Sep 17, 2024 4:58 pm
by Monster
Ek herlaai N540 agter 250gr Barnes TTSX en is baie tevrede.
Re: .375H&H dryfmiddel
Posted: Thu Sep 19, 2024 1:19 pm
by partner
Rudi weet ek maak nou n 250gr ook ne ?
Klient van my skiet hulle teen 2700 Image. Rudi. Ek het nie geweet Jy maak nou n 250 Gr. Koeel punt nie.