Page 1 of 1
Olie uit motor se stoffering uithaal?
Posted: Sat Feb 25, 2012 9:52 am
by Penkop
Goeiemore almal,
Kan iemand (asseblief) raad gee hoe om olie uit roomkleurige materiaal bekleedsel van 'n kar te kry?
My bloed kook: Ek vat my kar in om 'n hak op te sit, trek die kar op die hyser en klim uit. Die "kalant" wat die werk doen vat toe met sy olie besmeerde klou deur die oop venster aan die deur om die kar 'n bietjie agter toe te stoot.
Nou behalwe om hom met 'n tyre lever pap te slaan (wat my baie beter sal laat voel), wat kan ek doen om sy olie vingermerke uit te kry?
Dankie by voorbaat!
Re: Olie uit motor se stoffering uithaal?
Posted: Sat Feb 25, 2012 9:58 am
by afriventure
Spuit goed met Doom en was dan uit
Re: Olie uit motor se stoffering uithaal?
Posted: Sat Feb 25, 2012 10:48 am
by Cobus(Cobb)
carb cleaner op 'n skoon lappie...
moenie direk op kol spuit nie....
Cheers
Re: Olie uit motor se stoffering uithaal?
Posted: Sat Feb 25, 2012 8:24 pm
by Beretta
Penkop
As ek nie mooi gelees het nie sou ek sweer dit het amper soos n Landie storie geklink

hy wat mors moet skoon maak laat hy of sy baas betaal of beter nog kry die item verniet
Re: Olie uit motor se stoffering uithaal?
Posted: Sun Feb 26, 2012 9:42 am
by theedge
Beretta wrote:
Penkop
As ek nie mooi gelees het nie sou ek sweer dit het amper soos n Landie storie geklink

hy wat mors moet skoon maak laat hy of sy baas betaal of beter nog kry die item verniet
afriventure wrote:
Spuit goed met Doom en was dan uit
Jare terug moes ek gereeld diesel van my broeke verwyder doom en sunlight seep het die ding gedoen - spuit doom en dan smeer jy die seep op sonder om nat te maak en dan was jy hom. Hoop jy kom reg
Re: Olie uit motor se stoffering uithaal?
Posted: Sun Feb 26, 2012 10:17 am
by blaser
Enjin cleaner soos prepsol
Re: Olie uit motor se stoffering uithaal?
Posted: Mon Feb 27, 2012 6:53 pm
by Penkop
Dankie vir die raad.
Sal enjin en carb cleaner nie ander vlekke laat nie?
Beretta, jy't 'n punt beet: die Landrover eienaars kan baie baat by hierdie onderwerp..!
Dankie weereens, laat ek jul raad gaan toets.
Groete
Re: Olie uit motor se stoffering uithaal?
Posted: Tue Sep 24, 2013 7:28 pm
by henti
My jack russels bring so nou en dan olie in my huis na hulle rotte in die stoor loop jag het my vrou gebruik broodmeel dit werk tot vir die honde ook sy gooi broodmeel op genoeg vir so uur en suig met die stofsuier op
Groete henti