Page 1 of 1
Handelaars Voorraad
Posted: Thu Aug 15, 2024 9:35 am
by sako 30-06
Hoe lank vat dit deesdae om n wapen op handelaars voorraad te plaas? Ek wag in spanning om my lisensie aansoek in te handig maar ek kan dit ongelukkig nie doen totdat die wapen op die handelaar se voorraad wys nie.
Dit is n privaat koop maar die vorige einenaar het aangedring dat dit ingehandig word by n handelaar.
Re: Handelaars Voorraad
Posted: Thu Aug 15, 2024 2:13 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse
Oordrag van individu na handelaar kan binne n dag gebeur (uit die aard van die saak met n geldige wit lisensie)
Re: Handelaars Voorraad
Posted: Thu Aug 15, 2024 2:27 pm
by sako 30-06
JAGTERSREG-JRM wrote: Thu Aug 15, 2024 2:13 pm
Dagse
Oordrag van individu na handelaar kan binne n dag gebeur (uit die aard van die saak met n geldige wit lisensie)
Ek wag al meer as 2 weke, ek het regtig gehoop dit gaan nie meer as n week vat nie.
Die vraag is hoe weet ek of die aansoek of proses al ooit begin is?
Re: Handelaars Voorraad
Posted: Thu Aug 15, 2024 3:01 pm
by JAGTERSREG-JRM
sako 30-06 wrote: Thu Aug 15, 2024 2:27 pm
JAGTERSREG-JRM wrote: Thu Aug 15, 2024 2:13 pm
Dagse
Oordrag van individu na handelaar kan binne n dag gebeur (uit die aard van die saak met n geldige wit lisensie)
Ek wag al meer as 2 weke, ek het regtig gehoop dit gaan nie meer as n week vat nie.
Die vraag is hoe weet ek of die aansoek of proses al ooit begin is?
Handelaar moet vir jou kan wys dat Saps534 ingegee is (sal geteken en gestempel wees deur Saps). Ek het gister roer ingekry en was voor 10h00 vanmore op my handelaars voorraad.
Re: Handelaars Voorraad
Posted: Thu Aug 15, 2024 4:27 pm
by sako 30-06
Baie dankie Kobus, ek hoop maar hulle kan dit so vinnig regkry soos jy.

Re: Handelaars Voorraad
Posted: Mon Sep 02, 2024 3:05 pm
by sako 30-06
sako 30-06 wrote: Thu Aug 15, 2024 4:27 pm
Baie dankie Kobus, ek hoop maar hulle kan dit so vinnig regkry soos jy.
Ek is toe nie so gelukkig nie.
Ek wag nou al n maand sonder enige sukses, lyk my dit vat net so lank soos n lisensie aansoek.

Re: Handelaars Voorraad
Posted: Mon Sep 02, 2024 3:39 pm
by JAGTERSREG-JRM
Is dit n boedel wapen? Of individu met geldige wit lisensie?
Re: Handelaars Voorraad
Posted: Tue Sep 03, 2024 9:29 am
by sako 30-06
JAGTERSREG-JRM wrote: Mon Sep 02, 2024 3:39 pm
Is dit n boedel wapen? Of individu met geldige wit lisensie?
Hallo Kobus
Dankie vir die geselsie gister en vanoggend, in kort dink ek die handelaar en eienaar het poef aangejaag aangesien dit n geldige lisensie was.
En nou sit ek met die gebakte pere want die aansoek kan nie ingehandig word nie en dis asof tyd glad nie n faktor is nie.

Re: Handelaars Voorraad
Posted: Tue Sep 03, 2024 9:45 am
by JAGTERSREG-JRM
Groot plesier. Jammer ek kon nie van meer hulp wees nie