Page 1 of 1

Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 11:15 am
by JohanvB
Hallo

Wie van julle gebruik die bg app?

Indien wel, 1ste stap moet jy ‘n duim afstand aandui op jou teiken.. maar daar is geen manier om te bepaal hoe lank ‘n duim is op die “ app” nie??

Hoe doen julle dit? Trek mens ‘n streep op jou teiken wat ‘n duim lank is, en gebruik dit dan as ‘n duim aanduiding?

Dankie

Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 11:29 am
by tripodmvr
Het jy al na Range Buddy gekyk?

Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 11:38 am
by Toyrsi
Plak sommer net n 25mm sticker op jou teiken en meet hom.

Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 11:52 am
by JohanvB
tripodmvr wrote: Mon Aug 05, 2024 11:29 am Het jy al na Range Buddy gekyk?
Range Buddy nie meer bedkikbaar nie

Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 11:55 am
by tripodmvr
Ek het hom dan pas afgelaai vanaf Play Store

Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 12:18 pm
by JohanvB
tripodmvr wrote: Mon Aug 05, 2024 11:55 am Ek het hom dan pas afgelaai vanaf Play Store
Wraggies, dis seker op Android...ek het mos 'n Appel

Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 1:37 pm
by JarkVark
Ek gebruik Ballistic X, jy neem maar 'n liniaal, maatband of leatherman saam jou teiken af

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 2:01 pm
by tripodmvr
Baie teikens het alreeds duim blokkies op hulle gedruk.

Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 05, 2024 4:46 pm
by JF123
Die "duim" blokkies op die Kraaifontein Skietbaan se teikens is 19mm wyd...

Re: Ballistic-X app

Posted: Thu Aug 08, 2024 5:45 am
by Theunodb
JohanvB wrote:Hallo

Wie van julle gebruik die bg app?

Indien wel, 1ste stap moet jy ‘n duim afstand aandui op jou teiken.. maar daar is geen manier om te bepaal hoe lank ‘n duim is op die “ app” nie??

Hoe doen julle dit? Trek mens ‘n streep op jou teiken wat ‘n duim lank is, en gebruik dit dan as ‘n duim aanduiding?

Dankie
Hi Johan,

Jy kan jou reference size in die display options stel. Dit kan of cm of inch wees.

Daai hoef nie presies 1inch, of 1cm te wees nie. Dis net ‘n reference size. So as jou target nie blokkies of merkies het nie kan jy vooraf ‘n R5 meet, daai mate in die app sit, en die R5 dan op jou target sit as jy hom afneem.

As jy 15cm gonge skiet, kan jy jou reference stel as 15cm, en dan wanneer jy dit foto neem kies jy van kant tot kant op die gong

Ek hoop dit maak sin Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ballistic-X app

Posted: Thu Aug 08, 2024 10:55 am
by Grenslyn
Goeiemôre

Net my 2 sent - hoe groter jou verwysing hoe meer akkuraat sal jou meting wees.
Met ander woorde - As jy 'n R5 (argumentsonthalwe 20mm groot) merk van kant tot kant en 'n 1mm fout maak is dit 'n 5% afwyking.
Indien jy jou A4 papier (portret - 210mm) van kant tot merk en jy maak 'n 1 mm fout is dit slegs 'n 0.48% afwyking.

Mooi dag

Re: Ballistic-X app

Posted: Mon Aug 12, 2024 2:30 pm
by tripodmvr
Onthou net om jou foto so loodreg as moontlik op die papiervlak te neem. Skuins fotos gee distorsie en dit lei tot verkeerde mates.