Page 1 of 1
Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Sun Jul 21, 2024 6:44 pm
by jdpretorius
Kan julle asseblief dalk komentaar lewer oor Moot Vuurwapens om pillar bedding op n 338wm hout kolf oor te toen.....of is daar dalk n ander ou in die Pretoors dorp area wat ek eerder na kan kyk. Ek't nog nooit met hulle besigheid gedoen om n gevoel te kry nie.
Ek skiet die kettie nou al 5 jaar met n "maak-ʼn-plan" oplossing vir die vorige knoei werk, wat spanning oor die aksie veroorsaak. Dit broei mos altyd in n ou se agterkop dat die plan maak storie oor tyd bietjie compress, en eendag in die jag veld n swak skoot kan beteken.
Met genoeg ocd (aka vol wees)....is ek regtig nie weer lus vis sukkel nie.
Opsie 2 is om dalk n Smoking Guns kolf te laat maak terwyl ek nou lus is vir karring.....maar dit kos natuurlik veel meer.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Sun Jul 21, 2024 7:55 pm
by Bonesjara
Ken hulle nie, maar kan Dawie by Markman Arms aanbeveel.
Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Sun Jul 21, 2024 8:08 pm
by Apie
Ek weet nie wie die wapensmid daar is nou nie maar die eienaar van ‘n paar jaar terug het heelwat grootkaliber gewere gebou vir manne.
Iewers was so skrywe in Magnum dink ek.
My 6x45 is ook deur hulle gebou destyds.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Sun Jul 21, 2024 9:00 pm
by Stephan86
Bonesjara wrote: Sun Jul 21, 2024 7:55 pm
Ken hulle nie, maar kan Dawie by Markman Arms aanbeveel.
Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Ek kan ook vir Dawie hul aanbeveel, hul doen baie goeie werk en het met my 375 baie goed gehelp.
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 6:04 am
by Toxxyc
As Oom Riaan nog by Moot Wapens is, kan jy maar soontoe gaan. Die Oom is al oud, maar ken sy storie. Ek het BAIE ure in daardie wapenwinkel spandeer as 'n kind. Ek was nie daar toegelaat nie want dis in 'n baie besige straat, maar ek't vir my ouers vertel ek gaan erens anders en dan soontoe gery met die fiets om te gaan Marksman pellets vir my windbuks te koop.
Dan het ek daar rondgestaan in die winkel en gekyk na alles op die rakke, wapens teen die mure, messe in the kas, ens. Die Oom het toe later redelik werk gedoen vir my en my familie al oor die jare. Ek't al saam met hom gaan blesbokke afhaal ook.
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 6:45 am
by jdpretorius
Baie dankie so ver....
Ek't nie geweet van Markman nie.......en raai julle praat van Dawie Nell ?
Die verkoopsman by Moot Wapens sê die wapensmid is al meer as 30 jaar bedrywig so ek raai dit is daai oom Riaan Odendaal....sal net seker maak.
Dankie Toxxyc
Die ander naam wat ek al paar keer gehoor het is Danie Joubert, maar weet nie of hy nog hier in Pretoors dorp bedrywig is nie, en het ook nie n kontak nommer vir hom nie.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 8:29 am
by Carel-Chris
Kan gerus ook Henry's Rifle stock refurbishment probeer, soek net op Facebook
Het werk laat doen aan my 308 en is baie tevrede
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 8:44 am
by jdpretorius
Carel-Chris wrote:Kan gerus ook Henry's Rifle stock refurbishment probeer, soek net op Facebook
Het werk laat doen aan my 308 en is baie tevrede

baie dankie
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 1:07 pm
by Toxxyc
jdpretorius wrote: Mon Jul 22, 2024 6:45 am
Baie dankie so ver....
Ek't nie geweet van Markman nie.......en raai julle praat van Dawie Nell ?
Die verkoopsman by Moot Wapens sê die wapensmid is al meer as 30 jaar bedrywig so ek raai dit is daai oom Riaan Odendaal....sal net seker maak.
Dankie Toxxyc
Die ander naam wat ek al paar keer gehoor het is Danie Joubert, maar weet nie of hy nog hier in Pretoors dorp bedrywig is nie, en het ook nie n kontak nommer vir hom nie.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Oom Danie het die bedding in my kolf vir my reggemaak. Goeie werk gedoen, ek het ook nie klagtes nie en hy was lekker vinnig. Oom Riaan kan partykeer bietjie langerig vat, en my bedding was dringend nodig gewees.
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 3:04 pm
by Apie
jdpretorius wrote:Baie dankie so ver....
Ek't nie geweet van Markman nie.......en raai julle praat van Dawie Nell ?
Die verkoopsman by Moot Wapens sê die wapensmid is al meer as 30 jaar bedrywig so ek raai dit is daai oom Riaan Odendaal....sal net seker maak.
Dankie Toxxyc
Die ander naam wat ek al paar keer gehoor het is Danie Joubert, maar weet nie of hy nog hier in Pretoors dorp bedrywig is nie, en het ook nie n kontak nommer vir hom nie.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Danie Joubert is ‘n wapensmid wat spesialiseer in klassieke mooi jaggewere met prentjiemooi kolwe!(lees duur!)
Vir ‘n gewone bedding joppie gaan hy dalk eers wegwya.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 3:54 pm
by jdpretorius
Apie wrote:jdpretorius wrote:Baie dankie so ver....

Baie dankie !
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 4:03 pm
by jdpretorius
Toxxyc wrote:jdpretorius wrote: Mon Jul 22, 2024 6:45 am
Baie dankie so ver....
Ek't nie geweet van Markman nie.......en raai julle praat van Dawie Nell ?
Die verkoopsman by Moot Wapens sê die wapensmid is al meer as 30 jaar bedrywig so ek raai dit is daai oom Riaan Odendaal....sal net seker maak.
Dankie Toxxyc
Die ander naam wat ek al paar keer gehoor het is Danie Joubert, maar weet nie of hy nog hier in Pretoors dorp bedrywig is nie, en het ook nie n kontak nommer vir hom nie.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Oom Danie het die bedding in my kolf vir my reggemaak. Goeie werk gedoen, ek het ook nie klagtes nie en hy was lekker vinnig. Oom Riaan kan partykeer bietjie langerig vat, en my bedding was dringend nodig gewees.
Het toe gou met hulle gesels en dit is nog Riaan Odendaal
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 4:14 pm
by Apie
Apie wrote:jdpretorius wrote:Baie dankie so ver....
Ek't nie geweet van Markman nie.......en raai julle praat van Dawie Nell ?
Die verkoopsman by Moot Wapens sê die wapensmid is al meer as 30 jaar bedrywig so ek raai dit is daai oom Riaan Odendaal....sal net seker maak.
Dankie Toxxyc
Die ander naam wat ek al paar keer gehoor het is Danie Joubert, maar weet nie of hy nog hier in Pretoors dorp bedrywig is nie, en het ook nie n kontak nommer vir hom nie.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Danie Joubert is ‘n wapensmid wat spesialiseer in klassieke mooi jaggewere met prentjiemooi kolwe!(lees duur!)
Vir ‘n gewone bedding joppie gaan hy dalk eers wegwya.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Of dink ek aan Steve Fourie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 5:44 pm
by Koos Barnard
Danie bou hoofsaaklik klassieke gewere ja, ek dink nie hy doen enigsins meer sulke klein joppies soos bedding, ens nie.
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Mon Jul 22, 2024 5:57 pm
by DWB
Ek kan ook vir Dawie van Marksman Arms (Ou Skerpknal) aanbeveel
Re: Moot Vuurwapens - vir bedding oor doen
Posted: Tue Jul 23, 2024 6:37 am
by jdpretorius
Baie dankie vir al julle raad en insette.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk