Page 1 of 1

AXE bullets herlaai data?

Posted: Wed Jul 17, 2024 9:57 am
by Henna308
More almal

Het enige iemand herlaai data beskikbaar vir AXE bullets? Ek sien nie op hul webwerf enige iets nie.

Groete

Re: AXE bullets herlaai data?

Posted: Wed Jul 17, 2024 12:19 pm
by tripodmvr
Laai soos gewone koeëls synde hulle so gemaak is dat drukvlakke soortgelyk aan gewone lood/koper is. Maak egter seker dat jy so 2mm sprong na die lande het om die hoër graveringsdruk te verminder.

Re: AXE bullets herlaai data?

Posted: Wed Jul 17, 2024 12:29 pm
by Henna308
Dankie oom Driepoot, ek het 'n paar vir my 6.5x55 gekry en 'n baie mooi lading met N550 gekry maar wil net seker maak dat ek nie my geweer gaan opdons nie.

Re: AXE bullets herlaai data?

Posted: Wed Jul 17, 2024 12:37 pm
by tripodmvr
Gee my al die data wat vir QL benodig word en ek kyk wat die berekende druk is.
Gemete looplengte
Gemete dopvolume van 'n geskiete dop wat onveranderd is
TPL van basis na punt van koeël
Lading gebruik
Spoed verkry
Hier sal ek ook koeëllengte en gewig nodig kry.

Re: AXE bullets herlaai data?

Posted: Wed Jul 17, 2024 1:57 pm
by Henna308
Dankie oom Driepoot

Looplengte = 560mm
Dopvolume = 57.3gr
TPL = 78.2mm
44.4gr N550 2864vt/s gemeet met Magnetospeed
120gr Axe 34.82mm.

Re: AXE bullets herlaai data?

Posted: Wed Jul 17, 2024 6:21 pm
by Dale SH

Re: AXE bullets herlaai data?

Posted: Wed Jul 17, 2024 6:36 pm
by tripodmvr
Henna308 65x55 N550 Axe120.png
Ek het nie Axe se "bullet file" nie en het dus Barnes se TTSX gebruik en die lengte gewysig. QL bereken druk as 54K soos op die aangehegde beeld. Druk kan na 60K toe geneem word. Die node wys na 45gr en spoed van 2900vps. As jy wil kan jy dit toets, maar bly by 44,4gr as dit goeie resultate lewer.

Re: AXE bullets herlaai data?

Posted: Thu Jul 18, 2024 7:57 am
by Henna308
Baie dankie oom Driepoot, ek het tot by 44.7gr geskiet (was 2908vt/s). Ek het net een skoot per lading gelaai en hy het die 44.1, 44.4 en 44.7gr ladings geskiet dat hulle aan mekaar raak. So ek dink die 44.4gr lading sal mooi werk vir beide winter en somer.

Dankie vir oom se insette.

Re: AXE bullets herlaai data?

Posted: Thu Jul 18, 2024 9:51 am
by tripodmvr
Stem saam met jou afleiding. Skiet gerus 'n groep of twee om dit te toets.