Goeie naand almal,
Ek het n Brno ZKK 601 in 233 Rem geerf. Die geweertjie was nie baie gebruik nie en het seker vir n goeie dertig jaar in n kluis gestaan.
Die geweer is op my naam gesit en ek het dadelik met ladingontwikkeling begin. Ek het dadelik agter gekom daar is n fout iewers, want groepering was baie swak. Ek het met 55 gr punte begin en is af na 50 gr en nog later na 45 gr sonder sukses. Die alarm klokkies het begin lui toe ek sien dat die teikens key holes gewys het.
Na verdere deeglike inspeksie van die loop wil dit voorkom of daar van die groewe weg is of geslyt is. Iets drasties moes een of ander tyd skeef geloop het.
Hier is nou die vraag of enige iemand weet van Brno ZKK 601 223 Rem loop weet wat iewers rondle wat n persoon verruil het vir een met n hoer twist.
Ek wil graag die geweer in sy oorspronklike form hou, want dit het vreeslik baie sentimentele waarde.
Of saal ek nou n mal perd op?....
Luister op die foon.
By voorbaat dankie
Bennie Bester
Brno zkk 601 223Rem loop gesoek
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Brno zkk 601 223Rem loop gesoek
More Bennie.
Die kanse om so loop te kry is nie goed nie. Beter opsie om dalk nuwe loop te koop in so naby as moontlik profiel as die oorspronklike en dan die geweer oor te laat blou. Ek sou n goeie geweersmit kontak en met hom gese as ek jy was.
Die kanse om so loop te kry is nie goed nie. Beter opsie om dalk nuwe loop te koop in so naby as moontlik profiel as die oorspronklike en dan die geweer oor te laat blou. Ek sou n goeie geweersmit kontak en met hom gese as ek jy was.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen