Page 1 of 1
13 dae!!!
Posted: Thu Jun 20, 2024 2:39 pm
by Ds J
Net vir kennisname:
Lisensiehernuwing goedgekeur binne 13 dae!
Ingegee: 7 Junie
Goedgekeur: 20 Junie
Baie dankie aan DFO @ SAPS Stella.
Re: 13 dae!!!
Posted: Thu Jun 20, 2024 3:36 pm
by Ratel
Jy het blou oe!
Baie geluk dit klink sommer goed. My pel se 7.62 x 39 is gister goed gekeur na minder as a maand.
Re: 13 dae!!!
Posted: Thu Jun 20, 2024 5:19 pm
by JohanvB
Kom ons kyk hoe lank wag jy vir jou kaartjie…
Re: 13 dae!!!
Posted: Thu Jun 20, 2024 8:07 pm
by PhilManders
JohanvB wrote:Kom ons kyk hoe lank wag jy vir jou kaartjie…
Gelukkig maak kaartjie darm nie meer so baie saak nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 13 dae!!!
Posted: Thu Jun 20, 2024 9:06 pm
by JohanvB
PhilManders wrote: Thu Jun 20, 2024 8:07 pm
JohanvB wrote:Kom ons kyk hoe lank wag jy vir jou kaartjie…
Gelukkig maak kaartjie darm nie meer so baie saak nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Verduidelik asb
Re: 13 dae!!!
Posted: Thu Jun 20, 2024 9:28 pm
by ruaanb
Jy ry met jou hernuwings kwitansie soos Ek vir 2.5 jaar gedoen het. Geen issues nie.
Ook geen probleem met aankope nie.
Re: 13 dae!!!
Posted: Fri Jun 21, 2024 5:43 am
by Ratel
ruaanb wrote: Thu Jun 20, 2024 9:28 pm
Jy ry met jou hernuwings kwitansie soos Ek vir 2.5 jaar gedoen het. Geen issues nie.
Ook geen probleem met aankope nie.
Jip die DFO gee jou n vorm dat lisensie goedgekeur is en stempel dit. Dis hoe ek my laaste geweer gaan haal het by handelaar. En die vorm word gesien as n lisensie terwyl jy wag vir kaartjie. Dis met nuwe lisensies.
Re: 13 dae!!!
Posted: Fri Jun 21, 2024 6:02 am
by JohanvB
Ek verstaan die hernuwing gedeelte
Maar nuwe lisensie..stuk papier wat gestempel word.. dink nie alle DFO’s pa dit toe nie, nie myne nie.
13 dae!!!
Posted: Fri Jun 21, 2024 6:31 am
by Rudi Fischer
JohanvB wrote:Ek verstaan die hernuwing gedeelte
Maar nuwe lisensie..stuk papier wat gestempel word.. dink nie alle DFO’s pa dit toe nie, nie myne nie.
Dis n nuwe ding vandat die SAPS hof toe gevat is oor kaartjies wat so lank gevat het.
Het het ook al n geweer gaan haal met daai form.
Re: 13 dae!!!
Posted: Fri Jun 21, 2024 8:30 am
by Ratel
JohanvB wrote: Fri Jun 21, 2024 6:02 am
Ek verstaan die hernuwing gedeelte
Maar nuwe lisensie..stuk papier wat gestempel word.. dink nie alle DFO’s pa dit toe nie, nie myne nie.
Dis nie n printout nie maar amptelike SAPS dokument. Kan nou nie die presiese naam onthou.
Re: 13 dae!!!
Posted: Fri Jun 21, 2024 8:53 am
by Capt. Yoda
Daar staan bo op die form "Authorization to possess a firearm for approved License" met SAP badge bo op
Initials and Name
ID Nr
Purpose of license
Address
Re: 13 dae!!!
Posted: Fri Jun 21, 2024 9:34 am
by Zuku
Eendag lank lank gelede in die goeie ou RSA, het ek aansoek gedoen vir n handwapen vir sport. Ek het Maandag oggend my aansoek ingedien. Donderdag middag laat het die Sers my laat weet my lisiensie is by Parkweg in Bloem en Vrydag oggend met my groen lisensie kaartjie in die hand het ek die wapen gaan afhaal by SenWes.
Re: 13 dae!!!
Posted: Sat Jun 22, 2024 6:31 am
by PhilManders
JohanvB wrote:Ek verstaan die hernuwing gedeelte
Maar nuwe lisensie..stuk papier wat gestempel word.. dink nie alle DFO’s pa dit toe nie, nie myne nie.
Glo hulle sal, gaan met sms na die DFO toe, hulle druk vir jou 'n brief uit en stempel hom en tot kaartjie kom is dit jou amptelike lisensie. Wapenwinkel aanvaar dit ook so.
Van Desember tot nou al twee gewere so gaan haal en ry met hulle rond, skiet, jag, als. Hou net die gestempelde papier by jou.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 13 dae!!!
Posted: Sat Jun 22, 2024 6:43 am
by PhilManders
Hier is hy SAPS 526
Sent from my iPhone using Tapatalk
13 dae!!!
Posted: Sat Jun 22, 2024 7:59 am
by Rawstorne
Hier is die amptelike dokument.
As jou DFO nie daarvan weet nie, kan jy hom maar vriendelik inlig.
FIREARMS LICENCE ISSUED IN TERMS OF SECTION 6 READ WITH SECTION 21 1 OF THE FIREARMS CONTROL ACT 2000 ACT NO 6 OF 2000 AUTHO.pdf
Re: 13 dae!!!
Posted: Sat Jun 22, 2024 10:14 am
by JohanvB
Dankie