Page 1 of 1
Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 6:35 am
by Bennie Bester
More Medelede,
n Vriend van my in die Karoo wil graag n nuwe verkyker aanskaf vir jagdoeleindes.
Watter verkyker en vergroting sal julle aanbeveel vir die Karoo en wat meestal in die bakkie gebruik sal word en wat natuurlik bekostigbaar is, aan beveel.
Baie dankie by voorbaat.
Ek luister........
Groetnis
Bennie Bester
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 7:52 am
by PhilManders
Kyk gerus na Vector Optics se verkykers, ek het 'n 10x42 en is baie beindruk met hom en is baie bekostigbaar.
Ek het ook 'n Vortex Diamondback 8x42 vir 4 keer die prys en vat eerder die Vector voor ek die Vortex vat. Altwee is goed, maar ek verkies die Vector
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 9:26 am
by win270
10 x 42 se groter vergroting as 8 x 42 het ongelukkig net die meer merkbare "bewe-effek" as jy op ver afstande kyk.
As die verkyker ook meestal in bakkie gaan ry, gaan hy soms stampe kry en moet dus nie van te pieperige materiaal gemaak wees nie.
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 10:58 am
by Philip J
Vir n bakkie-ry, werks vêrkyker, wat nie n arm en n been kos nie en nog steeds n mooi helder beeld het, koop ek elke dag van die week weer n Leupold BX2 en sommer twee keer op n naweek.
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 11:17 am
by Ratel
Baie gelukkig met my Nikon 10 x 50
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 11:48 am
by JF123
Baie gelukkige met my 8x30 Steiner.
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 1:13 pm
by Christo
Kyk 'n bietjie deur 'n Delta Titanium se glas. Hy is baie goed geprys en sy "dop" sal enige bakkie se houe vat.
Ek is baie beïndruk met myne.
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 2:43 pm
by tripodmvr
Bennie, Futurama is daar naby jou. Ek sal 10 na 12 vergroting aanbeveel. Gaan kyk wat is die beste waarde vir geld uit 'n groot reeks wat hulle het. Loer op hul webtuiste. Uit 'n bakkie kan jy die verkyker teen die stuurwiel of ander deel van die bakwerk stabiliseer. Jy het 'n bietjie meer vergroting nodig op die groot vlaktes.
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 2:56 pm
by HeinM
Ek het 'n tweedehandse Zeis op FB vir R500 gekoop.
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 6:11 pm
by wlm
10x42 werk net beter as die 8 x vergrotings.
Ek het n Lynx, Nikon en Vortex. Almal billik 2dehands gekoop. Al 3 is voldoende vir my behoefte. Ek hou die Lynx en Nikon in my plaasbakkies. Kyk gou of die ooi al gelam het, wat lê daar agter die bos? Bekyk ook sommer die springbokke en die voëls. Albei werk goed. Vortex is nuwer en word net gebruik as ek die ander 2 uitleen.
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Fri Jun 14, 2024 6:12 pm
by wlm
8x pas mos lekker in jou hempsak. Dra egter die 10x met n harnassie dan pla hy nie
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Sat Jun 15, 2024 8:12 am
by Bennie Bester
Baie dankie vir al die terugvoer. Dit help baie om te weet dat n produk wat gekoop word werk vir die omstandighede.
Nou om die besluit te neem......
Groetnis
Bennie Bester
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Sun Jun 16, 2024 9:47 pm
by Wingnut
Goeie naand,
Hoop dit gaan goed?!
Ons verkoop tans Roark ED Binos 10x42 vir 'n spesiale aanbod van R4200. Jy gaan swaar ED glas vir die prys kry.
Kontak my gerus vir enige vrae
Groete
Louis
082 342 5267
Re: Voorstelle vir n bekostigbare verkyker vir die Karoo.
Posted: Mon Jun 17, 2024 1:41 pm
by Leon Crous
Jis Bennie,
Ek sou ook eerder 10x gaan om bietjie beter te kan verder sien (soos Tripod genoem het, kan jy hom lekker stabiel hou in en om bakkie).
Verder sou ek maar Vortex aanbeveel vir bakkie ry.... hang natuurlik af hoe rof hy ry. No questions asked waarborg tel vir my baie as die toerusting hard gaan werk en dalk stampe ... en tire-spore oor kry.. Met Brandon by Rangers gebeur - Cruiser is nie lig nie, maar Daimondback makkeer niks.
Ek ken nie al die ander name nie, so kan nie oor hulle kommentaar lewer nie.
Ja ek besef Vortex is dalk bietjie duurder... maar kyk uit vir specials of goeie tweedehandse verkyker. Onthou, Vortex is 'for life'.
groete.