Page 1 of 1

Laaste Messe

Posted: Tue Jun 11, 2024 8:29 pm
by Xplicitly
Ek het maar gedink ek gaan my laaste paar messe hier plaas dat ek eendag kan terugkyk op hulle. Ek het so 4 bestellings om af te handel, dan gaan ek my mesmaak toerusting laat gaan. Ek weet nie of ek dit eendag weer sal aanpak nie. Dit is baie werk vir min beloning!

Eeerste ene is 'n skinner wat ek gemaak het in Desember.

Tans besig met jagmes, dan het ek nog 'n cleaver en nog 'n jagmes oor. Hulle is klaar gesny en verhard. Moet nog net blink maak en handvatsels opsit.
IMG-20231221-WA0007.jpg
IMG-20231221-WA0012.jpg
IMG-20231221-WA0004.jpg
Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Laaste Messe

Posted: Thu Jun 13, 2024 3:40 pm
by ZKK
Ek het op n stadium baie van Walter Sorrels se mes maak videos gekyk.
Hy het altyd gespot en gese as jy die tyd vat wat in n mes ingaan, en jy kyk na die prys wat jy kry as jy die mes verkoop, dan verdien jy minder as die persoon wat by McDonalds werk.

Ek stem nogal saam hiermee

Re: Laaste Messe

Posted: Thu Jun 13, 2024 8:09 pm
by Glocked
Baie netjies !

Re: Laaste Messe

Posted: Thu Jun 13, 2024 8:36 pm
by Basjan123
Wys ons asb die ander en sit pryse by!!

Re: Laaste Messe

Posted: Thu Jun 27, 2024 6:09 pm
by Xplicitly
Hier is die jagmes. Hy is uiteindelik klaar en afgelewer.
IMG-20240617-WA0007.jpg
IMG-20240617-WA0024.jpg
IMG-20240617-WA0015.jpg
Sent from my SM-S911B using Tapatalk