Verskeping van goedere oorsee gekoop - Aramex Global Shopper

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Verskeping van goedere oorsee gekoop - Aramex Global Shopper

Post by jaracal »

Gedink ek wil graag die deel met die manne en dames wat nog altyd die kostes gevrees het om goed van oor die waters aan te koop.
'n Vriend van my het aanbeveel ek ondersoek bietjie Aramex Global shopper aangesien ek visvang molds gekoop het ter waarde $500 en die koste vir veskeping het gewissel tussen R4000 en R9000, Fedex bv het my $548-00 gevra om die pakkie te verskeep.
Ek is sovêr baie beindruk met die diens. Daar is omtrent nie 'n land waar jy goed kan koop en dan versend na SA nie. Die veskeping kos R1485-00 en die pakkie weeg 4.4kg. Die pakkie het die 4de by hulle warehouse in Florida aangekom en is vanoggend na SA versend per vliegtuig. Ek sal weer later terugvoer gee oor hoe lank dit neem om by my uit te kom hier in Philippolis.
Die skakel is: https://www.aramexglobalshopper.com/en/home
Happy shopping.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Verskeping van goedere oorsee gekoop - Aramex Global Shopper

Post by Frederik »

NIe sleg nie hou ons op hoogte.
Ritchie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm

Re: Verskeping van goedere oorsee gekoop - Aramex Global Shopper

Post by Ritchie »

Hulle is regtig baie goed en prys is altyd die beste. Veral omdat hulle net volgens gewig werk.

Moet net nie enige iets wat skietverwant is probeer stuur van VSA af nie. Al is dit n geweerband gaan hulle hom nie stuur nie.
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Verskeping van goedere oorsee gekoop - Aramex Global Shopper

Post by Kallie Fernhout »

Het die selfde ondervind met skiet goed. Het n lig vir my co-ax press bestel. Hul kon dit nie stuur nie aangesien jy dit gebruik om patrone te laai. Hul het toe maar die pakkie vernietig
Post Reply