Page 1 of 1

Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Sun Jun 02, 2024 6:00 pm
by Manton
Groetenis

Ek soek 'n paar ( drie of vyf ) lang 30 kal koels - lengte om en by 40mm
Gewig maak nie saak nie dis die lengte wat vir my belangrik is
Dit is vir TPL toets doelendes

Bereid om daarvoor so wel as posgeld te betaal

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Sun Jun 02, 2024 7:44 pm
by Martiens Bekker
Kyk op Habitat Africa. Andre verkoop pakkies van 20 koeëls vir lading ontwikkeling.

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Mon Jun 03, 2024 8:09 am
by Manton
Martiens Bekker wrote: Sun Jun 02, 2024 7:44 pm Kyk op Habitat Africa. Andre verkoop pakkies van 20 koeëls vir lading ontwikkeling.
Dankie sal so maak
Slimkind die Andre ... :)

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Mon Jun 03, 2024 8:20 am
by Arnold
Manton, die ogief van koeëls maak 'n taamlike verskil aan die TPL to by die lands.
Die TPL moet dus bepaal word met 'n spesifieke koeël.

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Mon Jun 03, 2024 8:42 am
by Manton
Arnold wrote: Mon Jun 03, 2024 8:20 am Manton, die ogief van koeëls maak 'n taamlike verskil aan die TPL to by die lands.
Die TPL moet dus bepaal word met 'n spesifieke koeël.
Dankie vir die advies
Ja ek verstaan - maar leer nog
Will probeer om so te ontwerp dat ek meer as net twee of drie koel;s kan gebruik
Dus will ek met 'n verskeidenheid koels toets - totdat ek die "regte" een ontdek
Dan nog verder toets met die skiet daarvan - dalk hou die geweer en loop nie van die "regte" een nie ?

"In the pursuit of perfection there can be no compromise"

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Mon Jun 03, 2024 6:53 pm
by Ds J
Vir interessantheid: wat weeg sulke lang koeëls?

My 180gr koeëls is 32mm en 34mm lank.

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Tue Jun 04, 2024 8:46 am
by Capt. Yoda
Ds J wrote: Mon Jun 03, 2024 6:53 pm Vir interessantheid: wat weeg sulke lang koeëls?

My 180gr koeëls is 32mm en 34mm lank.
200gr + tyken koele soos die 208gr en 215gr Berger Hybrids, self die 200.20X behoort naby aan daai lengte te wees

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Tue Jun 04, 2024 4:59 pm
by Giepie
Die monolitiese koeëls is nogal lank, probeer die Peregrine VLR5's, lekker lank.

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Tue Jun 04, 2024 9:43 pm
by RabieL
N Lang koeel gaan jou niks in die sak bring nie. Die grootste rede vir die stelling is dat koeels nie noodwendig dieselfde ogief het nie. Dan is daar ook nog verskillende ogief tipes nl tangent, secant en die hybrid tipes. Wanneer die ogief skerper word soos bv S12 of S14 kan die koeel bitter lank uitsteek by n dop maar nosteeds nie die lande raak nie. Die nuwerwetse Match koeels val in daardie kategorie. Jou TPL is sommer 3 mm langer as jag koeels maar jy is nogsteeds weg van die lande af. Dan kom boot sterte ook nog by wat dieper die dop indruk en tegnies jou 40 mm koeel funksioneel eerder n 35 mm koeel maak.

Die vorms en veranderlikes op koeels is legio, if you can dream it you can build it. Indien jy n sekere fabrikaat verkies salnek voorstel probeer uitvind wat daardie ogief radius is en dan n platbasis koeel te soek met sodanige ogief radius.

Re: Gesoek - lang 30 kal koels

Posted: Wed Jun 05, 2024 9:12 am
by Manton
RabieL wrote: Tue Jun 04, 2024 9:43 pm N Lang koeel gaan jou niks in die sak bring nie.
Ek gebruik die lengte om uittevind wat die langste TPL is wat ek in die magasyn sal kan inpas - terwyl die koel se basis by die skouer van die dop sit.
Van daaraf sal ek verder met die koels wat pas werk - meet van afstand na die lande ens.
RabieL wrote: Tue Jun 04, 2024 9:43 pm Die grootste rede vir die stelling is dat koeels nie noodwendig dieselfde ogief het nie. Dan is daar ook nog verskillende ogief tipes nl tangent, secant en die hybrid tipes. Wanneer die ogief skerper word soos bv S12 of S14 kan die koeel bitter lank uitsteek by n dop maar nosteeds nie die lande raak nie. Die nuwerwetse Match koeels val in daardie kategorie. Jou TPL is sommer 3 mm langer as jag koeels maar jy is nogsteeds weg van die lande af. Dan kom boot sterte ook nog by wat dieper die dop indruk en tegnies jou 40 mm koeel funksioneel eerder n 35 mm koeel maak.

Die vorms en veranderlikes op koeels is legio, if you can dream it you can build it. Indien jy n sekere fabrikaat verkies salnek voorstel probeer uitvind wat daardie ogief radius is en dan n platbasis koeel te soek met sodanige ogief radius.
Finding Base to Intercept
Ray-Finding Base to Intercept v2.pdf