Laatmiddag bul
Posted: Wed May 15, 2024 5:25 am
Goeie môre...
Ek en Myburgh het 'n lekker dag saam in die veld gehad...het hom 2de pouse gaan verras by die skool en soos al die vorige jare was hy baie opgewonde.
Ons het die mooi bul laat middag sien wei in 'n mooi Kameelboom grasvlak...die bul was baie rustig en ons kon binne skietafstand kom binne 'n kort tydjie.
Die bul het ons gewaar maar was onseker en hyt mooi plankdwars gedraai en die son was in sy oë...Myburgh het lekker dooierus gehad oor die dubbele skietstok...die skoot het geklap en die bul het verdwyn...die sand was lekker nat en die spoor was duidelik...die bul het so 120m verder gelê met 'n mooi skoot deur die hart se onder punt.
Groetnis