Page 1 of 1

Modderbad.

Posted: Sat May 11, 2024 6:45 pm
by ThinusS
Daar is 'n rede hoekom hulle dagga boys genoem word.

Image

Image

Image

Re: Modderbad.

Posted: Sat May 11, 2024 6:47 pm
by Glocked
Baie mooi foto's !

Re: Modderbad.

Posted: Sat May 11, 2024 7:46 pm
by tripodmvr
Uitsonderlike gedrag wat ons nie aldag sien nie. My verstaan van die ou bulle is dat hulle "dagha bulle" genoem word. Die gh word soos in gala uitgespreek.

These animals then get the nickname Dagha boys. Dagha is the Zulu name for mud and refers to the buffalo spending a lot of their past time in mud wallows.

ˈdɑːɡə /, / ˈdaɡa
dagha, noun / ˈdɑːɡə /, / ˈdaɡa / Forms: daager, daga Show more Origin: Afrikaans, IsiZulu, IsiXhosa Show more a. Building mortar, used for laying bricks and for plastering walls and floors, previously made chiefly of mud or ant-hill soil and sometimes mixed with cow-dung and/or blood; now often a mixture of soil, sand, and lime.

Re: Modderbad.

Posted: Sat May 11, 2024 8:03 pm
by ThinusS
Modder in isiZulu en in isiXhosa is udaka en dit word uitgespreek soos jy sê.

Re: Modderbad.

Posted: Sat May 11, 2024 11:14 pm
by Ds J
Pragtig!

Re: Modderbad.

Posted: Sun May 12, 2024 8:14 am
by Lategan1
Pragtig, mooi geneem.

Hoe lank jy gewag vir die regte oomblik?

Beste.

Re: Modderbad.

Posted: Sun May 12, 2024 3:11 pm
by Pappabeer
Pragtige fotos Tinus.

Net soos jy sê. Nie dat die nasies n geskrewe taal gehad het toe ons distriks komesarisse hulle gevra het wat plekke se name was nie, maar ons sien dit nou gereeld in plekke se naamveranderinge.

Die Tugelarivier is nou die uTukela. Luister gerus as bv Zuma Nkandla uitspreek. Dit kom uit as Nghandla. Dieselfde geld vir die hele groep van Ndebele-stam tale.

Re: Modderbad.

Posted: Sun May 12, 2024 4:57 pm
by finch
Ek neem nou aan (en aannames is gevaarlik...) dat op n konstruksie site as die bouers van die gemende sement praat as dagha dat dit ook van die selfde oorsprong af kom?

Re: Modderbad.

Posted: Sun May 12, 2024 8:36 pm
by tripodmvr
Korrek. Kyk na my plasing hierbo. Soos hulle noem was dit eers die modderbeslag waarmee die tradisionele hutte gebou is. Dit is later toe vir sement en beton mengsels gebruik.

Re: Modderbad.

Posted: Mon May 13, 2024 1:51 pm
by Zuku
ThinusS wrote: Sat May 11, 2024 6:45 pm Daar is 'n rede hoekom hulle dagga boys genoem word.
Ek was altyd onder die indruk dit is "Dugga Boys"?

Re: Modderbad.

Posted: Mon May 13, 2024 5:07 pm
by tripodmvr
Dagha word as Dug-ha uitgespreek.

Re: Modderbad.

Posted: Mon May 13, 2024 5:18 pm
by partner
Pragtige fotos. Baie dankie.

Re: Modderbad.

Posted: Tue May 14, 2024 7:54 am
by Capt. Yoda
Mooi fotos Thinus, is ons nou al seker oor die spelling en uitspraak?

Re: Modderbad.

Posted: Tue May 14, 2024 11:52 am
by tripodmvr

Re: Modderbad.

Posted: Tue May 14, 2024 12:27 pm
by Capt. Yoda
en is julle seker hy identifie wel as a boy?

Re: Modderbad.

Posted: Tue May 14, 2024 12:28 pm
by Lategan1
Hê hê. Ja so baie woorde wat vandag versigtig gebruik moet word!

Beste.

Re: Modderbad.

Posted: Tue May 14, 2024 5:58 pm
by Zuku
tripodmvr wrote: Mon May 13, 2024 5:07 pm Dagha word as Dug-ha uitgespreek.
En so word ons slim. Altyd iemand wat die regte antwoord het.
PS. Het gaan kyk in woorde boek Afr/Eng beskryf "Dagha = Clay or Mortar"

Re: Modderbad.

Posted: Tue May 14, 2024 6:36 pm
by jdpretorius
Capt. Yoda wrote:en is julle seker hy identifie wel as a boy?
ImageImageImageImage.....slag yster, om dalk in die dugha te trap die

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Modderbad.

Posted: Tue May 14, 2024 10:15 pm
by Eduard Venter
Pragtige foto's Thinus!

Net so vir interessantheid... Die sogenaamde "dagha boys" is mos maar bekend as die ou bulle wat modder rol. Nou man moet oplet as jy buffel jag, want die jonger bulle is ook soms vol modder tot so 'n mate dat mens nie die bosse en gesig so duidelik kan sien nie, dan kan mens 'n oepsie maak. Dalk 'n simpel observasie, maar dalk kan dit iemand bietjie verleentheid spaar in die jagveld eendag. Kyk maar mooi, moet nie aanneem 'n modder buffel is 'n ou jagbare dugha boy nie. Dit is wel meeste van die tyd een van hulle.

Sent from my SM-A528B using Tapatalk